Surname Navigator http://www.kuijsten.net/navigator/ Provides
(genealogical) surname searches from multiple other web-based sources,
based on preset and customized input-forms, specially focused on
important free searchable online databases. 100% free, no commercial
banners. Now it is possible to search in up to 7 databases, with only
one input window:
There is a Surname Navigator for the following countries: Argentina,
Australia, Belgium, Brazil, Canada, Chile, Denmark, Finland, France,
Germany, Ireland, Italy, Mexico, New Zealand, Netherlands, Poland,
Norway, South Africa, Spain, Sweden, UK and USA. Including CGI (LDS),
Ancestral File (LDS), Geneanet, Google genealogy, Google News
Genealogy, Rootsweb, Surnamelist, Ellis Island Registers, California
Death Index, SSDI, censuses and many others.
On Sun, 6 Jan 2002 08:09:27 +0200, "Pierre Roux" wrote:
> Just a spanner in the works: In the "New South Africa", what is the
> representative culture of our country?
Goeie vraag. :-) Mens moet seker eers probeer ooreenkom met die
definisie van "kultuur" per se?
Neem byvoorbeeld die VSA - dink jy die mense van die VSA (en ook ander
kulturele komplekse samelewings, soos die in SA) deel enigsins in
gemeenskaplike kulturele elemente?
Wie sou dan besluit wat hierdie gemeenskaplike elemente is?
En dink jy "nasionale identiteit" is dieselfde as "kultuur"?
ek is so bly antie laaik nie van sport nie want yntlik laaik ek dit ok
nie. viral nie as dit met polletiek gemieks word nie antie soos oom
hennerik vermoerd destyds by loskopdam.
ma' hille leer nie antie en so het ons soos te wagte goed op onsse
moere gekry by die ossies. my pa is besig om hom in brannewyn te
versyp antie want hy laaik niks van virloor teen die ossies nie. hy sê
hy wens kanada wil begin krieket speel lat ons weer 'n slag kan wen.
nou lom vannie oudspelers soos pet simkoks en fanie de willeers en sê
wat hille dink vannie moeilikheid in ons krieket. aikonna sê oom
inkonto belfôr wat ons beweerde minnister van sports is oom pet en oom
fanie mag nie oor krieket praat nie want hille is voor negentien vier
en neentag gebore en is prievislie edvaantheids antie daarom mag hille
niks sê nie.
oom inkont vegeet lat oom fanie in negentien twee en neentag man
alleen die ossies in die ynste sitnie op hille moer gegee het toe
ammal gedink het ons gaan virloor. en lat pet simkoks die gebraaide
hoener waamee die ossie skare hom gegooi het man alleen opgevreet het
en hille bekke stil gemaak het deer nekst te skree toe hy klaar is. my
pa sê ons kort silke vuur en mensvreters teen die ossies al is hille
ok prievislie disedvaantheids antie.
oom hansie vannie pênnelbieters sê hy weet nou hoe werk oom inkont se
kop want as 'n mens nie meer iets mag sê nie issit 'n sêd dag virrie
diemokresie. hy reken met die volgende verkiesing sal oom inkont sê
net die wat na negentien vier en negentag gebore is mag stem. my pa sê
hy moenie oom inkont gedagtes gee nie dit gaan erg genoeg in
simbabwie.
koebaai antie
hennerietjie (moenie vir antie met inkontigheid ophou nie)
Tobie het gister vir my kom kuier, hier in die Plaasvark se paradys langs
die see by Jongensfontein. Met sy mouterbaaik, al die pad van Riversdal af,
op 'n heerlike sonskyndag. Ons het lekker lank gesels en julle almal
behoorlik ontleed en bespreek :-)
By die sandstrand hier naby ons het gister 'n 14-jarige seun tragies
verdrink, 'n dag of wat na sy familie in die karavaanpark langs ons aangekom
het. Hy het klaarblyklik 'n maat probeer help, wat deur 'n stroom gepla is.
Die maat is deur 'n branderplankryer uitgebring, maar hy het onder die water
verdwyn. Hulle het die hele middag na sy lyk gesoek met 'n motorboot, maar
dit nog nie gekry nie. Dis jammer, tragies, en die ergste is dat dit
waarskynlik onnodig was. Ek ken daardie see goed, as hy net saam met die
stroom gegaan het sou hy waarskynlik sowat 100 meter verder uitgespoel het.
Ek loer steeds net so af en toe in by die nuusgroep, ek sal hopelik weer
volgende week uit die Kaap saamgesels. 'n Baie voorspoedige 2002 vir julle
almal, mag die voorspoed so oorvloedig wees dat dit vervelig word...
En nou praat ek nie van geld nie, meisie in Athens ;-)
my pa het darrim al weer wakker geword van sy oujaarsbeswyming antie
en hy sê hys so bly dis nuwejaar lat die rakbie weer kan begint. my pa
sê ek moet vir antie 'n grap virtel lat antie lekker kan lag. hie kom
hy antie:
syd-afrikaanse krieket
vang antie hom. moenie warrie nie antie oom persie sonn het hom ook
nie gevang nie. my pa sê dis nie lat hy dink ons rakbie is so
wonnerlik lat hy nou hymwee kry nie ma' hy is nou tot gatwordens toe
sat daarvoor lat ons krieketspan die een ousyd-afrikaanse pak na die
anner by die ossies kry. met rakbie het ons darrim nog teen
spannetjies soos ietalieje en jammerika gewen.
ma' my pa sê hyt hoeka gesien dinge gaan neuk toe laans kloesener
kloeless geraak het en die een dak oppie anner kry. sommer twee teen
nioe syd wallis antie. toe sê my pa hille moet liewers vir jaak
roedolf die rooinees kolwer van pretorija innie span sit ma' die
keerders is slim en kies weer vir kloeless. selle storie antie.
ma' toe hille vir kloeless hys toe stier om sy bêriengs te kom
bymekaarmaak toet ons hoop lat rooinees roedolf sal speel ennie
keerders doen wat hille lankal moes doen en kies vir roedolf. aikonna
sê oom persie met kloeless die wit zoeloe nou yt die span yt lyk die
span te veel na die ou syd afrika roedolf maggie speel nie want jastin
ontong wat meer soos die niewe syd afrika lyk moet speel. die grap is
antie lat jastin in daai selle ghym teen nioe syd wallis ook twee daks
gemaak het soos kloeless en nog slegter geboul het.
oom hansie vannie pênnelbieters sê dis tyd lat hille 'n wet maak lat
iemand met die naam persie in syd afrikaanse sport verbied word. my pa
sê hy moenie laf wees nie oom persie sonn is die grootbaas van ons
krieket hy ken seker die verskil tussen 'n boks en 'n kopskerm. oom
hansie sê hy wonner of oom persie die verskil tussen 'n boks en 'n
doos ken. toe raas my pa met oom hansie oor hy lelik praat voor die
kinders ma' hy hoef nie antie want ek weet in krieket is 'n boks daai
ding wat jy voor by jou broek indruk lat hille jou nie bvp kan boul
nie. en 'n doos is wat die anties skoene in koop antie.
enniewei antie nou issie ossies besig om ons nog erger op onse moere
te gee as toe kloeless nog gespeel het en ammal is kwaad vir oom
persie. ma' toe speel oom persie sy troefkaart ommie mense te plies
antie en hy sê dis tyd lat hansie kronjee trigkom in krieket in. oom
hansie vannie pênnelbieters sê dis 'n skerp moef want hansie kan dalk
die ossies omkoop om teen ons te virloor.
koebaai antie
hennerietjie (moenie vir antie met bokse ophou nie)
Op die hakke van die aanvanklike euforie oor die nasionale matriekslaagsyfer
van 61,7 persent, ''n styging van 3,8 persent bo verlede jaar, kom die nou
al amper onvermydelike regstellende waarheid aan die lig. Die hoër
slaagsyfer is nie aan beter onderrig te danke of dat soveel kinders soveel
beter presteer het nie. Daar is met die punte gepeuter om dit moontlik te
maak.
Natuurlik is daar baie kinders wat werklik goed gedoen het, selfs
buitengewoon gepresteer het. Hulle word werklik meer bevoordeel deur
die outomatiese aanpassing van die jaarpunt met tussen 5 en 10 persent.
Veral swakker kandidate word egter bevoordeel deurdat 'n aansienlike aantal
wat andersinds nie sou slaag nie, deur die pasellapunte oor die slaaglyn
gedruk is.
Voorste onderwyskenners bevraagteken die slaagsyfer. Hulle wys ook tereg
daarop dat dit kwalik as 'n geloofwaardige weerspieëling van die kandidate
se prestasie beskou kan word. Deur hierdie willekeurige opgradering van
punte word die waarde van 'n matrieksertifikaat gedegradeer. Dit weerspieël
nie meer die houer se ware intellektuele vermoëns nie.
Prof Paul Fatti, hoof van die Sertifiseringsraad se statistiekkomitee, het
na berig word toegegee dat onderwysers se onvermoë om jaarpunte te bereken,
Safsert genoop het om die sogenaamde jaarpunt outomaties vas te stel. Die
hoër jaarpunt saam met die eksamenpunt gee 'n hoër eindpunt en dus
slaagsyfer.
Die verwysing na onderwysers se onvermoë om eenvoudige berekenings te doen,
saamgelees met minister Kader Asmal se erkenning dat 'n vyfde van die land
se onderwysers ondergekwalifiseer is, skep 'n onrusbarende beeld van die
gehalte onderwys wat kinders ontvang. Die logiese afleiding sou wees dat
daar rede is om te vermoed dat leerlinge in werklikheid nie beter nie, maar
swakker as verlede jaar kon presteer het.
Ten grondslag van hierdie pasella punte-aksie lê egter 'n veel onrusbarender
denkpatroon. Dit is naamlik dat onaangename en negatiewe werklikhede opsy
geskuif word en vervang word met onjuiste voorgewings wat aanvaarbaarder vir
gemoedsrus is.
Dit beteken die werklikheid van 'n probleem word nie aangespreek nie. Dit
word met valse beeldskepping verdoesel. Sodoende bly die probleem onopgelos
en soos dit met probleme gaan, vererger dit progressief. In die onderwys
beteken dit dat standaarde eenvoudig gedurig verlaag sal word, en daar met
punte gedokter sal word om swak onderwys met 'n valse beeld van prestasie te
verdoesel. Sodoende word die probleem van swak opleiding, van 'n jeug wat
nie toegerus word vir die lewe nie, selfvermenigvuldigend.
Die land word feitlik op alle vlakke geregeer en gedomineer deur die
ANC/SAKP. Dis sy regstellende aanstellings, sy amptenare, sy onderwysers, sy
raadslede en so meer. Daarom kan met reg afgelei word dat hierdie
ongelukkige denkpatroon waarna ons verwys het, verteenwoordigend van dié
organisasie se werklikheidsbenadering is. Trouens, ons ervaar dit dat hoë
amptenare en politieke leiers meen dat hulle die werklikheid kan verander
bloot deur dinge te sê wat gunstiger en vleiender as die werklikheid is.
Wanneer gaan hierdie mense leer dat jy nie die werklikheid met woorde en
foefies kan verander nie, dat ook buitelandse beleggers deur hulle gordyn
van skyn-positiwiteit sien?
Of word ons soos Candide, die karakter van 'n siniese Voltaire wat alles
afmaak as die beste van alle moontlike wêrelde, hoe rampspoedig die
werklikhede ookal die teendeel bewys?
Haai Kinky! Jy het my gemis
Ek is nog hier, o ja, gewis
Maar die mense stry oor dit en oor dat
Gloudina sê hulle ammal se gat
Ja, ek mis die liewe donkieman
wat rympies skryf net omdat hy kan.
En al sê Gloudina dan ammal se gat
vra ammal gereeld na haar, wat!
Nou lê ek maar so 'n bietjie laag
Tot ek my weer met die girls kan behaag
Want oor politiek en godsdiens, hoe sal ek sê
Wil niemand nou juis 'n donkie-mening hê
Jy is reg en dit is ook tog goed
Lê maar laag en wees baie soet
Meer as jou donkie- mening , ou dier
is dit jou teenwoordiheid wat ons plesier
Maar ek so bly; jy is weer hier
'n Yslike groot kinky-plesier
Ek voel vanjaar goed; selfs 'n klein bietjie mal
'n Lekker jaar vir jou en almal
Om mal te wees is n lekker gevoel
dit laat mens soms ook lekker woel
Ek sien uit na die jaar hier saam met jou
want sien ek is nog altyd pure vrou!
;-)
Kinky van PP
Me vriendin in Port Elizabeth het vir my geskryf op Nuwejaarsdag daar
was geen vuurwerk nie en ook het die skepe nie getoeter nie. Ook was
daar geen fees op die strand wat die plaaslike radiostation gewoonlik
inrig.
Dis tog die Suidafrikaanse styl nie soos ek altyd gedog het? Wat is
daar gebeur?
En beste wense aan almal wat hier lees en deelneem. Hoop dit sal 'n
baie gelukkige jaar vir julle almal wees, en dat al julle drome en
wense sal verwesenlik. (Moet net nie vir geld en rykdom wens nie,
want dit is uitgesluit in my wense) :-)
(Dit sneeu al heeldag hier in Athens, maar daar is minder as 1" sneeu
op die grond.) :-)
In die Noordelike Provinsie het ons so pas 'n aanval uit elk van voormelde
kategorieë beleef.
Mnr Jaco van der Walt van die Plaas Roodepoort by Naboomspruit, wat deur
plaasaanvallers in die buik geskiet is, het twee van sy aanvallers gewond
en beide is reeds onder polisiebewaking in die hospitaal. Die Provinsiale
Kommissaris van Polisie het die versekering gegee dat die medepligtiges
bekend sal raak en dat verdere arrestasies binnekort verwag kan word.
By die Arabiedam het rowers in 'n aanval op hengelaars geloods en is mnr
Pieter van Wyk van Vanderbijlpark in die knie geskiet en sy voertuig geroof.
Voorvalle soos hierdie werk kontraproduktief in op die Toerismebedryf, 'n
aspek wat die Noorde se wankelende ekonomie geensins kan bekostig nie.
Kommissaris N.C. SenganI het bevestig dat die Polisie se reaksie-eenheid
van die Bosveld sekerlik die beste in die land is, en dat hulle intensief
werk aan die opsporing van die skuldiges, maar terselfdertyd ook aandag gee
aan die beveiliging van die omgewing van die Arabiedam. Hierdie pro-aktiewe
optrede in volgens die Vryheidsfront noodsaaklik en behoort dwarsdeur die
Provinsie by versamelpunte van vakansiegangers en toeriste geïmplimenteer te
word. 'n Aspek wat verseker dringend aangespreek sal word.