Ek sou wou geweet het wat is die gemiddelde prys van n' nuwe huis in
Suid-Afrika volgens die teenwoordige stand van sake? Ek het daar êrens
gelees in 'n elektroniese koerant dat 'n huis in SA gemiddeld slegs
300.000 R kos. Ek kon dit nie baie goed glo nie. Hier in België betaal
ons vir n' nuwe huis miskien wel 125.000 tot 150.000 Euros (dis iets
van 1.250.000 tot 1.500.000 R) en dan is die grond waar jy op bou nog
nie betaal nie.
Is daar mense wat my daaromtrent inligtings kan verskaf? Sal dit seer
waardeer!
"Sports Minister Ngconde Balfour says he is seriously considering
legislation to speed up transformation in sport as this can no longer be
left to the goodwill of individuals." berig IOL vanoggend.
Die wetgewing is klaarblyklik veral gemik op rugby en krieket.
Ek was omtrent 6h50 Woensdag oggend (13 Februarie 2002) op die M1 Suid
op pad werk toe in die regterbaan in 'n Corsa bakkie. Die verkeer was
redelik
dig maar het vinnig beweeg.
Naby die Marlboro afrit het 'n taxi in die middelbaan vinnig probeer
oorskuif na die regterbaan sonder om rigtingwysers te gebruik. Daar was nie
plek vir nog 'n voertuig nie en toe ek nie stadiger ry nie, moes hy
noodgedwonge agter my inval. Die middel en die regterbaan het om die beurt
vinniger en stadiger gery en die taxi het bane gewissel om vinniger te
probeer vorder. Op 'n stadium het hy toe weer voor my probeer inskuif maar
daar was steeds nie vir hom plek nie en hy moes weer agter inval.
Ek het aan gery tot by die Grayston afrit toe ewe skielik drie taxis my
genader
het. Een het in die geelstreep aan my regterkant verby gekom, een was in die
middelbaan en een het in die heel linkerbaan verbygekom en voor my inbeweeg.
Die twee taxis aan die kante het ingeswaai maar ek het my spoed gehou en
hulle moes weer uitswaai. In die beweging het die taxi in die middelbaan my
linker spieëltjie afgery waarna dit los gehang het aan die kant. Die drie
taxis het toe spoed verminder totdat ons tot stilstand gekom het. Dit was
net na die Grayston afrit.
Die taxi bestuurder aan linkerkant het uitgeleun by die venster en die
spieëltjie wat los hang afgeruk en op die pad gegooi. Ek het 'n afstand
oopgehou tussen my en die voorste taxi sodat ek kan uitkom as dit gevaarlik
raak. Baie prominent op die voorste taxi se agterruit was 'n Johannesburg
taxivereniging plakker. Die passasiers op die agterse sitplek was net een ry
glimlagte. Na 'n paar sekondes het die verkeer begin ophoop en
het die voorste taxi weer begin ry. Ek het vir my vrou gesê om almal se
registrasie nommers af te neem. Sy het dit op die selfoon gestoor.
Die beige taxi (JZC861 GP) in die middelbaan het langs my gebly en die
bestuurder
het begin skree. Ek het na links gekyk en 'n enkel swart man met 'n
vertrekte gesig in 'n
beige minibussie gesien. Die bussie het 'n stamp regs agter met 'n stukkende
lig.
Eintlik was hy nie heeltemal swart nie, maar 'n bietjie gelerig.
Ek het nie een keer tydens die hele episode enige handgebare gebruik of
enige iets gesê behalwe my vrou of enigsins 'n agressiewe uitdrukking op my
gesig gehad nie.
Trouens, my vrou het my gekritiseer omdat ek deurgaans 'n eentonige deuntjie
gefluit het. Ek het ook geen tekens gesien van dodelike geweld nie en het
nooit
gevoel enige van ons lewens word bedreig nie.
Die voorste taxi (JRD 738 GP) en die taxi in die geelstreep (KXY 204 GP)
was vol passasiers en het weer normaal aangery (ek het tred van hulle
verloor)
maar die bestuurder van die beige taxi in die middelbaan het 'n swaar metaal
voorwerp gebruik en op hoë spoed uitgeleun en die passasierskant se ruit
probeer uitslaan.
My vrou het die ruit effens afgedraai en paniekbevange haar handsak teen die
ruit gedruk. 'n Rukkie daarna het hy die voorwerp teen die ruit gegooi
waarna
dit gebreek het en die metaal voorwerp op die pad geval het. My vrou het
ligte
snywonde opgedoen van die glas wat oral gespat het.
Hierna het die taxi herhaaldelik my probeer intimideer deur vinnig van die
kant af
in te swaai. Ek het hom geensins toegelaat om tussen my en die voertuig voor
my in te kom nie en het presies in die middel van die regterbaan gebly. Na
die eerste
slag by Grayston het het hy nie weer kontak gemaak nie.
Daar is beige verf afgesmeer aan die linker voorkant van die bakkie en daar
is 'n klop geluid
wanneer ek skerp regs draai. Behalwe die stukkende ruit en die spieëltjie is
die bakkie
nog heeltemal padwaardig. Daar is ook geen opsigtelike duike aan die
linkerkant nie.
Die beige taxi bestuurder het uiteindelik die Harrow afrit geneem, kort
voordat my vrou
telefonies kontak gemaak het met die polisie.
'n Vraagjie vir julle:
Is daar nie êrens 'n webbladsy waarop ek die daaglikse nuusberigte van
Suid-Afrika kan lees nie? Sal dit seer waardeer van elkeen wat my daar
'n antwoord op gee!
Die drade het bietjie deurmekaar geloop, dus 'n nuwe een.
Eestens aan Hantamkind: Ek weet nie wat die slegte betekenis van marog
is nie maar die regte woord is defnitief marogo. My wyfiemens het 'n
goeie kennis van Sesotho en dis uit daai groep tale (sesotho, sepedi,
setswana, iewers moet daar hoofletters wees, verskoon asseblief) dat
die woord kom. Sy sê ook dat waar sy vandaan kom, die 'g' sag
uitgespeek is. Dalk 'n dialek.
Tweedens aan Pijotr (hoop dis reg gespel!): In die Molteno omgewing
was die woord heelwaarskynlik mfino. Dis die isiXhosa woord vir
dieselfde ding.
Laastens aan Danielle: Jy's heeltemal reg. Die woord verwys na baie
genusse en baie species. Dalk kan mens 'n draad deurtrek en sê dis
eetbare onkruid, nie "mak" plante soos pampoen nie. Ek was vandag so
siek soos 'n hond by die huis en het toe my tuinboukundige kollega by
die werk gebel. Hy het 'n boek wat oor die topic handel. Wat hy gesê
het is dat dit 'n streeksding is. "Onkruid" in Natal is defnitief nie
dieselfde as in die Vrystaat nie.
My eie idees: Ek dink die naam marogo/mfino verwys maar net na
kookbare groengoed. Voor die witmense hier ingekom het was moderne
groentes nie hier bekend nie, dus moes hulle plaaslike plante gebruik.
En dan, enige groengoed wat jy kook smaak maar na spinasie. Probeer
gerus 'n slaaikop kook, met uie en aartappels.
`n paar grappige dinge wat jou laat besef dat jy bly in suid afrika,
dis nie vir sussies nie en dit kan net beter gaan (dink ek). al
hierdie goed gebeur of het al op die een of ander stadium gebeur.
* police stations now hire private security firms to protect them.
* landlords may not evict illegal squatters unless they offer them
alternative accommodation.
* post office workers are videotaped opening the mail and stealing the
contents, but the film may not be used in evidence, because the
workers were not informed that they were being filmed and the filming
is an intrusion on their privacy.
* a minister of religion who stole millions from overseas-donated
funds for the oppressed, returns to the country to a hero's welcome
and is officially welcomed by the government, represented by the
minister of justice.
* 20% of the city's population pays for everyone else's electricity
and water supply, and get prosecuted if they refuse to pay.
* a murderer gets a 2-year sentence and a pirate tv viewer a 6-month
sentence.
* the constitutional court declares the death sentence
unconstitutional, but rules that abortion is okay.
* the prisoners strike!!!
* the police advise you not to stop if they wave you down in the
middle of the night, but rather speed past them and drive to your
nearest police station.
* the student union "dimands" that academic achievement shouldn't be a
criterion for university acceptance, as it is discriminatory.
* a government minister is caught driving her car with a forged
license,but the case is dropped for "lack of evidence".
* government ministers meet with masked gang leaders to ask their
advice on how to reduce crime and violence.
* scholars protest at the lack of schooling facilities by destroying
school buildings.
* the entire country sees a thug admit on tv news to murdering several
people, but the police say they have no case.
* you consider it a good month if you only get mugged once.
* the police ask you if they must follow up on the burglary you've
just reported.
* you paint your cars registrations number on the roof in large
letters.
* a minister is fired and returns the government cell phone, but keeps
the government bmw
* a 45-year-old engineer, gets replaced by a 25-year-old, who cannot
write his own name.
* the employees dance in front of the building to show how unhappy
they are.
* people start joking about the crime rate.
Last night I lay in bed looking up at the stars in the sky and I
thought to myself, where the heck is the ceiling?
Threeships 'did you see that??' Mcduck
www.mothership.co.za
Saartjie die veelbesproke Griekswa-vrou wat 191 jaar gelede weens haar
liggaamsbou deur n skeepsdokter land-uit geneem is om as 'barbaarse'
aardigheid uit Afrika in vermaaklikheidsplekke in Brittanje en Parys
geparadeer te word, se oorskot is teruggebring Kaap toe.
In 1998 skryf die digter-aktivis, Diana Ferrus n Engelse gedig oor
Saarjie, in Amsterdam terwyl sy daar gestudeer het. Nou het sy haar
eie gedig in Afrikaans vertaal.
Na n vernederende lewe, sterf Saartjie in 1816 op 26 jarige ouderdom
as prostituut en drankverslaafde in Parys.
VIR SARAH BAARTMAN
Ek is hier om jou huis toe te neem, huis toe -
onthou jy die vlaktes,
die welige groen gras onder die groot eikeboom,
die lawende koeltes en die son wat nie steek?
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier 'n verwelkominglied!
Ek is hier om jou weg te skeur,
weg van die snydende oë van die rassistiese monster
wat wegkruip in die donker met sy kloue van haat,
wat jou liggaam versnipper, stukkie vir stukkie,
jou siel vergelyk met die van satan
en syne vergelyk met die van God!
Ek is hier om jou te troos,
jou moeë hart teen my bors vas te hou,
die palms van my hande oor jou wange te vou
die lyne in jou nek met my lippe te streel
en jou ewige skoonheid in my oë te onthou.
Ek is hier om vir jou te sing
want ek het vir jou vrede gebring.
Ek is hier om jou huis toe te neem,
daar waar die oeroue berge jou naam uitroep!
Ek het jou bed berei teen die voet van die berg,
jou komberse uitgedos met boegoe en kruisement.
Daar waar die proteas pronk in geel en wit,
daar sing die rivier n verwelkomingslied.
Ek is hier om jou huis toe te neem
waar ek vir jou sal sing
want jy het ook vrede
vir my gebring.