Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Prinses en dagga

Vr., 15 Februarie 2002 09:06

Vandag se Dispatch (van Oos Londen) berig dat omtrent 50 daggaplante
in die groetetuin van 'n Nederlandse (Hollandse?) prinses, Prinses
Irene van Lippe Biesterfeld, suster van Koningin Beatrix, op haar
plaas gevind is.

Die daggavonds verbaas my nie juis nie, dis algemene Suid Afrikaanse
entrepeneurskap en gebeur baie op plase, veral as die eienaar nie
voltyds daar is nie. Wat my verbaas het is dat ons 'n prinses hier het
en dan nog op 'n baie afgeleë plek ook. Haar plaas, Bergplaas, is glo
naby Kompasberg en Kompasberg is naby Nieu Bethesda waar Suid Afrika
se beroemde Uilehuis geleë is. Middelburg en Graaff Reinet is heelwat
meer as 100 km van mekaar af en ongeveer halfpad tussen die twee draai
mens af Nieu Bethesda toe. Dis 'n ver, droë en alleen wêreld daai,
waar mens van die pad af selde selfs 'n skaap sien.

Drom

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pfizer se advertensie

Do., 14 Februarie 2002 18:49

Ek weet nie wat Pfizer probeer verkoop met die advertensie nie maar daar sit
die twee ouens na die Televisie en kyk en biltong en chips vreet en sê die
een ou so uit die bloute "Ou Gert, ek het ereksieprobleme." Dan maak hulle
die stelling dat 50% van alle mans bo 40 "ereksieprobleme" het. Nou wat op
aarde het ons normale kykers te doen met ander ouens se ereksieprobleme???

My kommentaar, ewe pronkerig, is dat ek al oor die sestig is en nog nie
sulke probleme het nie.

Sê die Tannie, doodluiters terwyl sy so oor haar breibril na die TV skerm
kyk: "Jou ereksie IS jou probleem. Jy sal al twee weke dood wees dan sal
hulle die ding met 'n plank moet doodslaan." Ek weet nie wat ek gedoen het
om so 'n afjak te verdien nie. My hart is ook nie van klip gemaak nie.

St.Valentein'sdag het ook nog boonop in 'n internasionale seksdag geontaard.
Sê die aia op nog 'n advetensie: Ons moet nie vergeet om hierdie dag kondome
te dra nie. WAARVOOR??? Miskien borg Pfizer kondome ook. 'n Artikel in
die Citizen sê dat vir 'n gelukkige Valenteinsdag moet die vroue hul mans
met baie grondboontjies en Jungle Oats trakteer. Miskien is dit waar my
probleem vandaankom: Elke môre eet ek Jungle Oats dan sing ek nugter weet
waarom "I had it all this morning!"

Pfizer kan meer doen met so 'n advertensie: Die twee ouens kan saam na die
rugby kyk dan kan die een ou sê: "Ou Gert nou kry ek ten minste beter
opelyf."

Groetnis

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Nederland vir Engels

Do., 14 Februarie 2002 15:43

In Nederland het ons nou ook 'n stigting die teen die gebruik van Engelse
woorde in Nederlands is.
Hulle kan maar beter gaan saamwerk met die Afrikaanse stigting.

Nou is daar 'n vra vir 'n paar woorde die in Nederlands mooet worden
vertaal.
Kan enig iemand my help door die Afrikaanse woorde te gee vir die volgende
Engelse woorde:

Aftershave
Boomerang
Fleece
Hattrick
Highfive
jerrycan
jetset
jukebox
legging
longdrink
mainstream
musical
no-nonsense.

Daar is al 'n paar woorde die vertaal is, hulle het al naar Afrikaans gekyk
dink ek,
barbecue = braadrooster
airconditioning = klimaatregeling
laptop = schootcomputer ( computer moet ook nog weg)
skateboarden = plankschaatsen

Asseblief help my :-))))

Gr.Rico

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

'n Handvol klawers

Do., 14 Februarie 2002 13:56

Verskoon tog asseblief die Engels, maar dis vir die mense oor die water om
ook te verstaan. Suid Afrikaanse uitvoer.

TJ
www.artslink.co.za

-----

A Handful of Keys benefit tour

If you have friends in Sydney or London, encourage them to book for A
Handful of Keys.

Not only will they have a great evening, but they will help to save the life
of little Oscar von Memerty.

Oscar and his sister Valeska were born with MPS 6 (muco polysacharodisis 6)
or Maroteaux Lamy Syndrome. This is a genetic metabolic illness, which
causes all the soft tissues to swell causing massive deformity, dwarfism,
increasing paralysis, loss of motor functions, gradual blindness and
deafness and proves fatal by their late teens.

After a massive fund-raising effort in 1997 both children underwent
unrelated bone marrow transplants in Manchester. Valeska accepted her
transplant but died in August 1998 from transplant complications. Oscar
rejected his transplant.

Because of the huge risks involved, Ian and Viv von Memerty decided to let
the disease take its course, and simply love and support him. But there are
now two new developments which offer hope. The first is a 'lyte' BMT. This
new system, called 'non-ablative' transplants, works very well on metabolic
patients. The second is that donor matching has progressed hugely since
1997. As a result, the rejection process and side effects are a lot less
violent and difficult and the likelihood of losing Oscar is very small.

The Von Memertys have met with the team from Great Ormond Street Children's
Hospital Transplant team (in London) and they are willing to do a 'lyte'
transplant on Oscar, and have located at least one well matched donor.
However, there is down-side - they require an up-front payment of 120 000
pounds. With the money the family have raised, there is a shortfall of about
50,000 pounds, (or at the current exchange rate +/- R 700,000.00).

Because the disease is progressive, the transplant should be done as soon as
possible, certainly before Oscar turns 8.

So, if you have seen and enjoyed A Handful of Keys, tell your friends
overseas. Even if you haven't seen it, 130 000 people can't be wrong. The
show has had nightly standing ovations, it has received nine awards, broken
all box office records and attracted rave reviews.

In Sydney, the venue is Paddington Woollahra RSL Club, 220-232 Oxford
Street, Paddington, Sydney. March 18, Ticket price $50. Book on (2) 9645
1611 or www.mca-tix.com.

In London, The May Fair Theatre, Stratton St, W1. London. From March 31 to
April 7. Ticket price �30. Book on 0207 851 0300 or
www.londontheatrebookings.com

Von Memerty Kids Help Fund
WO Fund Raising Number Ref 01 101583 0003
Box 2171. Pinegowrie, 2123
pf/fx ++ 27 11 787 2869
www.handfulofkeys.com

--

The South African Arts, Culture and Entertainment Hub

The Arts and Culture Trust of the President Awards:
Electronic Media of the Year in Support of the Arts
Winner 1998, Finalist 1999 and Finalist 2000/1

Arts and Culture Journalist of the Year 2000/1
Mike van Graan's The Cultural Weapon

IAWMD Golden Web Awards May 2001

Support South African Arts and Culture:
Dial-up with Artslink.co.za and save!
http://www.artslink.co.za

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Iemand Hier?

Do., 14 Februarie 2002 07:09

Wat die bespreking vanoggend voor 6 gehoor het van een of ander
munisipaliteit wat nie meer die fondse het om hul verkeersvloot te onder hou
nie?
Die verkeerslui moet nou glo van die munisipale busvervoer gebruik maak om
hul taak te verrig.
The mind boggles :)))
Iemand wat saam met my in besigheid wil gaan om V8 enjins in busse te
installeer?:))
Annette

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Pakkie van die Huis!

Wo., 13 Februarie 2002 23:12

Ek het vandag 'n lekker groot boks by die lughawe moes gaan haal. My ma het
vir my 'n pakkie van SA gestuur!
Gevul met wonderlike goeters, dit het gevoel asof ek 'n skatkis oopgemaak
het!
Hoe verskiklik groot was die verlange toe na my wonderlike ma en pa (pik nou
weer 'n traan weg)
Wat sy onder andere saamgestuur het, was You must be Joking van Leon
Shuster, en alhoewel die film nou al sestien jaar oud is, was dit wonderlik
om daarna te kyk. Ek was alleen in die huis en het my amper dood gelag!
Dit was so lekker!
Hoe verlang ek nie terug nie!

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Op soek na oue vriende in Suid-Afrika!

Wo., 13 Februarie 2002 17:49

Hallo!

Verskoning maar ek praat nie die Afrikaans nie! 'n Rukkie gelede het
ek in Suid-Afrika verblyf en ek is op soek na 'n paar vriende waarmee
ek sindsdien nie meer kontak gehad het nie. Een van hierdie mense
is Lizaan Boonzaier uit Pretoria. Is daar een van julle wat haar
miskien ken?
Sal dit seer waardeer as julle my kan help en nog 'n goeie dag vir
elkeen.

Matthieu Malan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

NP se Nuwe Naam

Wo., 13 Februarie 2002 13:13

Noordelike Provinsie het toe op 'n nuwe naam besluit:
Limpopo.

Ek wonder of sommige dorpsname nou gaan verander word na Seekoei, Grassaad
en Kafferboomblom:))

Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Saambou. Saamvou, Saamrou.

Wo., 13 Februarie 2002 11:44

Van vandag af kan die kitsbanke weer gebruik word.
Ek het kontaknommers vir navrae - sou enigiemand belangstel om dit te wil
hê?
Annette

Ekonomie & geldsake | 19 kommentare

My druppeltjie...

Wo., 13 Februarie 2002 11:05

Ek is 'n persoon wat my kaarte naby aan my bors speel, maar ek wil tog
iets sê. Hier's 'n baie lang draad op die ng oor Godsdiens en ek weet
nie waar om hierdie in te pas nie. In my lewe (van die bosse af, waar
ek grootgeword het, tot die laboratoriums van my later lewe met al
hulle toorgoed) het ek baie met myself gestry en baklei en alle
argumente en gevegte verloor, tot ek besluit het om die KISS beginsel
in my lewe toe te pas (dit was maklik), dus...

i thank you God for this amazing

e e cummings

i thank you God for this amazing
day:for the leaping greenly spirit of trees
and a blue true dream of sky;and for everything
which is natural which is infinite which is yes

(i who have died am alive again today,
and this is the sun's birthday;this is the birth
day of life and of love and wings:and of the gay
great happening illimitably earth)

how should tasting touching hearing seeing
breathing any - lifted from the no
of all nothing - human merely being
doubt unimaginable You?

(now the ears of my ears awake and
now the eyes of my eyes are opened)

Weer ek: Nuff said?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1834): [ «    790  791  792  793  794  795  796  797  798  799  800  801  802  803  804  805    »]
Tyd nou: Sa. Apr. 25 19:03:33 UTC 2026