Nou net klaar gekyk na die eindstryd van die Afrika Beker - Kameroen wat vir
Senegal wen 3/2 met 'n uitklopdoelbeslissing.
Ons arme Bafana Bafana span het genaglik vroeër uitgeval - teen enigeen van
bg twee spanne sou hulle maar op vanaand se spel sleg verloor het.
Nou wonder ek maar net vir wat hulle geld gaan mors om die span na die
wêreldbeker te stuur - gesien in die lig dat ons manshokkiespan nie
Olimpiese spele toe gestuur is nie - omdat hulle in elk geval nie sou wen
nie.
Hello. Can anyone tell me if Orania still exists? I couldn't find anything
out about it on the Web as www.orania.org.za doesn't seem to work. Has the
town been forcibly integrated with Hopetown? How many Afrikaners are there
there? Thank you.
On Thu, 07 Feb 2002 01:13:42 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
> Davie Davis wrote:
>
>
>> Ek verwag darem meer intelligenter redenasies deur jou as om
>> dit wat die bybel sê aan my toe te dig.
> Die Tannie scheme toe:
> Intussen 'n ou grammatika-lessie.
> Mens sê "intelligenter" of "meer intelligent"
> maar mens sê nie "meer intelligenter" nie.
>
Jou taalkennis is totaal verouderd Gloudina.
Die term 'Meer Intelligenter'val onder die kategorie
'dubbel beklemtoning'
Verw. Die Afrikaanse Taal en Nuwe Lote'
Herdruk Sept. 2001
Dave Du Plessis
> ` Nee, ou Davie, jy "dig" dinge toe aan
> die Christelike Bybel wat glad nie
> daarin staan nie. Gaan praat maar met
> Christen-teoloë oor jou opinies, wat
> baie klink na 'n soort van ketterse
> godsdienstige "apartheid."
> Tant Hessie Van Helsdingen
Maar Tannie is mos nou besig om openlik vir ons te lieg...!
Davie Davis
Ns.
Gloudina, waarom stig jy en Swart Siemon nie 'n nuusgroep van julle
eie nie. Julle pas perfek bymekaar met die (bevraagtekende natuurlik)
kompliment dat jy ge na-aap word. Die oorspronklik ambisie om nou
regtig die skuim van die groep te wees was jou eie. Daarna het 'n ou
met die naam Ferdi soos 'n skoothondjie in jou spore begin draf. Hy
het die nie gemaak nie :-))). Sy opvolger was toe Swart Siemon wat,
as die dikvelligheid vergelykbaar is, miskien bietjie langer sal hou
as klein Ferdi.
Haai!!! Besef julle mense dat Swart Siemon en Ferdinand een is!!!
Danielle, hoe kon jy dit nog nie agtergekom het nie...!?!
Dis mos nou lekker vrugtetyd hier - en ons vrugte hier ruik en smaak
doodreg - niks afgewaterde smaaklose goetertjies nie.
Lyk my dis nie meer die aanvraag en beskikbaarheid wat die prys bepaal nie,
maar wel die hoeveelheid vleis/vesel per mg.:))
Gister by die mark, kos die troksvye R 14 vir 'n dosie van 20 (R 1.42 per
eenheid!! ) en die mangoes ( groooooootes) kon ek koop vir 3 vir R 5 ( R
1.66 per eenheid)
Annette
Proudly South African is 'n nuwe veldtog wat van stapel gestuur is om mense
aan te por om Suid-Afrikaans vervaardigde produkte te koop.
Wat vir my eienaardig is, is die naam van die webbladsy:
www.saffi.co.uk
Ek is trots om 'n Suid - Afrikaner te wees en ek bly baie lekker hier. -
maar as so 'n veldtog nodig is om mense te vertel wat hulle al klaar behoort
te weet deur net die koerant te lees, gun ek die mense dit.
Ons wat ouer is weet mos al lankal hoe die ou Koop Suid-Afrikaans veldtog
geflop het - hoofsaaklik omdat die mense wat hierdie tipes van veldtogte
begin nie besef dat jou koopkrag lê in die regte en bekostigbare prys van
produkte vir 'n individu - nie in blindelingse lojaliteit nie.
Nou het die webbladsy van Proudly South African nie eers 'n Suid-Afrikaanse
oorsprong nie?
En ons roem ons dan nou juis daarop dat ons so trots is op ons IT bedryf en
mense?
Elk geval - die artikel meld ook dat op die webbladsy vertel word van hoe
dit al hoe beter met ons gaan - goed so - die voorbeelde wat genoem word is
nou nie so vreeslik goed nie, maar ag wat:))
Die een voorbeeld is dat Sandton nou 'n brandweerstasie het wat glo as een
van die bestes ter wêreld beskou word.
Die ander voorbeeld is van die polisie in die Weskaap en hul onlangse
suksesse met inhegtenisnemings.
As ek vir iemand oorsee 'n briefie skryf van hoe dit hier gaan, gaan ek
definitief nie eers een van die twee bogenoemde voorbeelde meld nie.
Ek sal skryf dat mens al hoe meer en meer sien dat die boubedryf weer aan
die lewe kom - met oprigting van sakepersele en sentrums.
Ek sal skryf van die groot nuwe internasionale konferensiesentrum wat nou
hier in Kaapstad opgerig word.
Ek sal skryf dat hier bitter lank laas 'n bom ontplof of 'n optog
plaasgevind het waartydens daar enigsins geplunder is.
Ek sal skryf dat die toeristemense nou begin kyk na insette wat toeriste aan
hulle deurgee.
Hulle het mos nou 'n nuwe ding aan die gang by die waterfront - haaie wat
gevang is word daar on die openbaar oopgesny sodat mense meer van hierdie
wonderlike vis kan leer.
Parlementsopening vandag.
Eergister word 'n faksnommer in The Argus gegee as mense vir Trevor sou wou
kontak ivm insette vir die begroting op 20/2.
Ongelukkig was dit per ongeluk die faksnommer van 'n gewilde pizzaplek.
Padgeweld het alweer sy kop lelik uitgesteek - iemand ( hy het homself darem
nou aan die polisie oorgegee) het twee jong mans met 'n aluminium bofbalkolf
aangeval - altwee is in die hospitaal met skeudelbreuk - omdat hulle glo hul
ligte vir hom geflikker het.
Daar is glo 'n webbladsy waar mense hul padwoede kan afwerk, sonder om tot
die geweldadige fisiese daad oor te gaan:
www.roadhogs.co.za/.
Deur die Coen broers - in swart en wit.
Ek sou sê in die Fargo- tipe van ontspanning.
Laat mens dink oor die regverdigheid en die ironie van die lewe en noodlot.
Annette