Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Giggeltjie Gister

Sa., 06 Julie 2002 07:09

In die nuwe M&G:
Word name gesoek vir ons vlag.

Rainbow Warrior blyk gewild te wees, maar my persoonlike gunsteling is:
AmaFlappaFlappa.

Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vrymesselaars

Vr., 05 Julie 2002 13:56

Ek vat die trein vanoggend Perth toe. 'n Omie klim op Warwick stasie op en
kom sit hier skuins voor my. Mens, jy kan hom deur 'n ring trek. 'n Tipiese
Engelse jintelman. Die pikswart uniform wat soos 'n brandweerman se
step-outs lyk is onberispelik maar clash verskriklik met die roos pienk vel
van die baas. Mooi badge op die baadjie sak met die koningin se kroon op.
So ook die aktetas wat hy tussen sy twee blink gepoetse skoene neersit. Hy
kyk die treinwa op en hy kyk die treinwa af en toe hy tevrede is met die
algemene stand van sake vryf hy genoegsaam oor sy gladgeskeerde wang waarvan
die Blue Stratos naskeermiddel mildelik uitstraal.

Ek kon nie help om die verdeelpasser dwars oor die V teken te sien op sy
ring nie. So, hy is dus 'n broeder. Maar nie van my nie. Sien ons het
grootgeword met die idee dat Vrymesselaars slegte mense is. Gebore uit die
skoot van die duiwel - mense met 'n geheime kode wat verskriklike praktyke
bedryf agter geslote deure. Oom Eben het ons in bloedige detail vertel hoe
hy met sy eie oe gesien het hoe breek hulle 'n bok se nek en drink sy bloed.
Dit terwyl hulle 'n swart kat lewendig afgeslag en geoffer het.

Dit was egter ver van die beeld wat ek van 'broeders' gekry het. Nie minder
as agt van my kollegas (en base) by die SAUK destyds was lede, dienende
meesters af past masters van die messelaars orde van een of ander Losie.
Warm mense, sonder aanstellerigheid, en beslis ver van die bloed drinkende
savages waarvan ons as kinders vertel is.

Vrymesselaars - good or bad?

Hantam

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Hulp Asseblief?

Vr., 05 Julie 2002 12:24

Is hier iemand wat vertroud is met Novell en iemand via e-pos by te staan om
dit onder die knie te kry?
Annette

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Nuus 5/7

Vr., 05 Julie 2002 11:39

Die Rothmans Durban July is nie meer met ons nie.
Dit is nou Vodacom Durban July, en dit word more gehardloop.
Ek moet nog vannag droom voordat ek kan gaan wed.
Annette

Nuus | 0 kommentare

Onregverdige Wimbledon

Vr., 05 Julie 2002 08:31

Hoor vanoggend 'n kind wat die rekord gebreek het vir die langste spel
ooit - 26-24 moes toe na die maratonstryd teen die volgende teenstander op
dieselfde dag speel - toe verloor hy.
Hulle moet die administrateurs 102 potte op 'n dag laat speel, sodat hulle
ander reelings kan tref.
Annette

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wanbestuur in Afrika

Vr., 05 Julie 2002 07:30

Verantwoordelike Namibiërs kla reeds jare lank oor swak bestuur en
wanbesteding van die regering, maar as 'n landsburger sulke voorvalle
aanmeld, dan word hulle beskuldig van 'vasklou aan die koloniale idees' of
sommer apartheidsvark wees soos onse tante lief om dit te 'gooi'. Die
eenvoudigste verskoning vir patetiese politici om hul eie onvermoë te
verberg, is om die skuld op die Boere te pak. Op elke politieke
vergadering skrou Sam Nujoma blou moord oor die Boere wat dan alles wat sleg
is doen.......en sy volgelinge staan oopbek van bewondering en stoot die
regtervuis in die lug.
Onlangs is daar 'n verslag in ons parlement voorgelê oor die staatsvloot
van voertuie. Wat 'n skok was dit nie [bo en behalwe die feit dat die
parlement sukkel om elke dag sy werksaamhede voort te sit aangesien daar nie
elke dag 'n kworum teenwoordig is by die parlement nie!] en het dit bevestig
wat een en elke verantwoordelike burger van ons land weet en vrek oor
bekommer.
Wat van die feit dat die staat 40 voertuie vir elke staatsamptenaar in
diens besit? Dan huur die staat nog 'n verdere 177 voertuie. Enige plek
in die land, bel die polisie met 'n klag en 80% sal jy die antwoord kry dat
daar nie 'n voertuig beskikbaar is nie! Die afgelope jaar was daar N$2,6M
se skade aan die vloot en 31 is onherstelbaar beskadig wat op 'n verslies
van N$725 000 neerkom. 27 voertuie is gesteel. Die heel ergste is die
feit dat die gemiddelde brandstofverbruik van die vloot net 1,67km/liter
was! Reken mens dat die gemiddelde motor meer as 6km/l behaal, dan is dit
erg.
Nie lank terug nie het ek 'n storie gedoen oor die Chev-vloot van die
staat. Oom Sam het mos besluit om 'n klomp Chevs vir die regering aan te
skaf en die manne sou dan 'n aanleg in Namibië kom oopmaak. Wat dan ook
gedoen is, maar vir elke Chev bakkie kan jy 4 gewone bakkies koop! Hierdie
kollosale monsters van oneffektiwiteit het elkeen 'n V8 masjien in, hou nie
lank op Suidwes se grondpaaie nie en sy voorste briekskoene hou nie eers vir
10 000km nie......en word vervang vir 'n stel van oor die N$8 000 per stel!
Word hierdie bakkies kalm gery.....so by die 120km/u spoedbeperking...dan
haal hulle net so onder die 4km/l. Maar die manne looi hulle. Die
bakkies is ge-'govern' op 159km/u en dis waar hulle hom ry. Een polisieman
het vir my gesê hulle gooi sy 120l tenk vol op Okahandja en dan spyker hulle
hom Windhoek toe en terug [skaars oor die 100km] en dan is helfte van daai
tenk leeg.
Kan daar 'n beter voorbeeld wees van wanbestuur? Is dit waarvoor
Afrika bevry moes raak?

Koeitjies & kalfies | 53 kommentare

Re: Mandefender World Ring

Vr., 05 Julie 2002 05:21

Iemand met so 'n naam is die laaste een wat van diskriminasie kan praat.
Annette

"COMPRASUR" skryf in boodskap news:oY9V8.43598$bv6.275565@telenews.teleline.es...
> http://www.azulfuerte.com
>
> Anillo de webs que luchan por la igualdad de derechos del hombre y la mujer,
> por la custodia compartida de los hijos.Bases de datos sobre estos temas
> para su estudio. http://mandefender.freeservers.com/yahoorings.htm
>
> Greetings, we are creating a world ring of webs of the man's discrimination
> and we would like them to unite to create a world platform of fight. our
> URL: http://mandefender.freeservers.com
>
>
>
> Anel de webs que lut�o pela igualdade dos direitos do homem e da mulher ,
> pela costodia compartida dos filhos , arquivo de noticias sobre este tema
> para o seu estudo. http://mandefender.freeservers.com/votar.html
>
>
> Beste Gruesse; wir bauen einen weltweiten Ring von Webseiten gegen die
> Diskriminierung des Mannes. Maenner brauchen Hilfe und Unterstuetzung in
> diesem Kampf. http://es.oocities.org/mandefender/Atlas/Atlas.htm
>
>
> Meilleures salutations, nous construison un anneau es sites web mondial
> contre la discrimination de l' homme et des peres.
> http://es.oocities.org/mandefender/Atlas/EUROPA.htm
>
> http://www.azulfuerte.com
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kopersmark

Do., 04 Julie 2002 15:12

Kaapstad se sekspryse is tans die goedkoopste in die land.
Weens die geweldige toename in seksingenieurs wat tot die plaaslike mark
toegetree het, het die gemiddelde aanbodprys van R250 gedaal tot R10 in
sekere areas per diens.
Die R10 prys het egter 'n voorwaarde, die plesiertjie moet klaar wees
voordat die volgende klant in sy motor stop.
Volgens die bestuurders in die bedryf, word die meeste inkomste gegenereer
in die periode 10:00 tot 12:00 op weeksdae.

Annette

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Bergrivier

Do., 04 Julie 2002 11:25

Eerste dag verby.
Eerste slagoffer is gevind.
Annette

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sop

Do., 04 Julie 2002 09:23

Ons het gisteraand 'n sop en brood paartie gehou.
Baie lekker.
Die butternutsop het 'n stewige dosis brandewyn ingehad - dit het die sop
besonders lekker gemaak:))
Die sampioensop en vleissop daarna was net so lekker - en ek weet nie of dit
so lekker was agv die toestand na die pampoensop nie;)
Annette

Kos & resepte | 8 kommentare

Bladsye (1834): [ «    723  724  725  726  727  728  729  730  731  732  733  734  735  736  737  738    »]
Tyd nou: Di. Apr. 21 08:12:01 UTC 2026