DAAI vrou!
Ma., 15 Julie 2002 07:19
Sien gister in Rapport die berig oor die jong plaasvrou doer in die
noord-weste wat begin skiet het met 'n jaggeweer op swart 4 mans en 'n vrou.
Sy't die een gewond en toe hol hulle weg en haar man is met die bakkie
agterna en het hulle van die pad af gedruk. Al 5 is in hegtenis. Way to
go! Al hoe meer boere moet paraat raak en begin looi onder die
misdadigers. Dis die enigte taal wat hulle sal verstaan.
Koeitjies & kalfies |
7 kommentare
Idoolse Konsert
Ma., 15 Julie 2002 07:18
Gisteraand kon ons toe die idole weer hoor sing.
Selle liedjies, maar die keer was van hulle verwag om die verhoog vol te
hardloop.
Heinz se energievlak was bietjie laag - hy het net sing-sing tot na vore
beweeg en toe een goedgeoefende heupswaai gemaak:))
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Krieketkaartjies.
Ma., 15 Julie 2002 07:08
Sedert Donderdagaand, na die aankondiging van die kaartjies vir die
krieketwêreldbeker, het mense glo by Wanderers begin toustaan winternagdeur
vir kaartjies ( daar is glo slegs 22 000 kaartjies beskikbaar vir die wat
nie wil pakette koop nie)
Nietemin Baas Ali kondig toe Vrydag af dat die kaartjies eers van Maandag
( vandag) vir verkope gereed sal wees.
Annette
Koeitjies & kalfies |
0 kommentare
SAL bal vuiste
Ma., 15 Julie 2002 07:03
Geen persoon sal op enige vlug toegelaat word sonder die toon van hul ID
dokumente nie.
Mense wat op buitelandse vlugte vertrek moet nou 3 ure voor die tyd aanmeld,
en die op binnelandse vlugte 1 uur.
Dit het glo iets te doen met die wêreldberaad in Sandton volgende maand.
Annette
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Klim die berg
Ma., 15 Julie 2002 06:58
Wie hier gaan saam met Nataniel en Patricia bergklim?
Annette gaan nie - die grimering is te swaar om te dra.
:-)
TJ
------------------------------------------------------------ ---
Subscribe and we'll tell you who is doing what, where and when.
Member of BASA, ISPA, PANSA and TMSA
The SA Arts, Culture and Entertainment Hub
Artslink.co.za - http://www.artslink.co.za
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Broeder Leier
So., 14 Julie 2002 07:29
Broeder Leier met sy vloot van 50 motors en 2 helikopters het elke plek op
hol waardeur hulle beweeg.
Baie gepas vir die persoon wat hom beywer om die eerste President van Afrika
te wees.
Annette
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Krankliker Weermag
So., 14 Julie 2002 07:26
Volgens vandag se Argus:
Die helfte van die 76 000 weermaglede is te vet om aan enige operasies deel
te neem.
Opleiding bestaan omtrent nie meer nie
Topswaar: Ons het 204 hoogs besoldigde generaals ( 110 by HK) - die ratio is
293 manskappe per generaal. Die VSA het 2000 manskappe per generaal.
52% van die begroting word op salarisse gespandeer en .05% op nuwe
toerusting ( dis nou seker voordat die wapendebakel in werking gestel gaan
word)
Soldate word nie vir vigs getoets tensy hulle ontplooi word nie, maar 6 uit
elke 10 soldate wat in die hospitaal toets positief.
( dit skakel seker die vettes tot 'n groot mate uit)
Die lugmag het net brandstof tot September en slegs 2400 vliegure kan gedoen
word, ipv van die vereiste 7200
Annette
Koeitjies & kalfies |
20 kommentare