• Die stemlokale open 07:00 en sluit 21:00 die aand.
• Onthou om u ID-dokument, -kaart of tydelike bewys van ID saam te neem.
• Maak seker dat u twee stembriewe ontvang, beide moet agterop gestempel wees.
Terloops, as u buite u stemdistrik is, kan u by enige ander stemlokaal in Suid-Afrika gaan stem. Mense wat buite hul geregistreerde provinsie is, sal net aan die nasionale verkiesing kan deelneem, maar nie aan die provinsiale verkiesing nie.
Sterke en neem water saam vir as die toue lank is!
'n Klein dogtertjie bid een aand...
Sy bid: "Jesus dankie vir die kos amen."
Haar ma sê: "Maar wat van jou pappa en mamma?"
Sy Bid: "Jesus, dankie vir die kos en pappa en mamma amen.'
Haar ma sê: "Maar wat van boetie en sussie?"
Sy bid: "Jesus, dankie vir die kos en vir pappa en mamma en vir boetie en sussie, amen."
Haar ma sê: "En wat van jou klere?”
Sy bid: "Liewe Jesus hou net aan, my ma wil ook met jou praat!"
Ek dink ek moet 'n bietjie gewig verloor.
Vanoggend sien ek toe 'n pratende skaal in die stad.
Ek klim daarop en die skaal sê: "Net een op 'n slag asseblief!"
Juffrou het 'n mini aangetrek en sit op die tafel in die klas.
Sy stamp die blompot af.
In haar haas om dit te keer, gly sy en val lelik.
Drie seuns lag te lekker vir haar.
Juffrou bloos en staan op en vra vies vir die eerste een:
"Jannie, wat het jy gesien?"
"Ek het net kuite gesien juffrou!"
"Gaan staan daar in die hoek! Nee gaan vir ‘n uur lank uit my klas uit!"
Sy kyk na sy maatjie: "En jy?" vra sy vir Pietie.
"Wat het jy gesien, en moenie vir my jok nie?"
"Juffrou, ek het juffrou se bobeen gesien..."
"Nog erger! Loop hier uit en kom môre terug!"
Toe die juffrou omdraai, sien sy klein Kosie pak sy boeksak in.
"Kosie, en waar dink jy gaan jy heen?"
"Juffrou, na wat ék gesien het, dink ek my skoolldae is verby!"
'n Vyfjarige meisie vra vir haar ouma:
"Hoe oud is ouma nou?"
Ouma:
"Ooh my kind, ek is so oud ek kannie eers my ouderdom onthou nie."
Meisie:
"Ouma moet agter in ouma se panties kyk... myne wys 5-6 jaar."
Die BMW vra die Volkswagen-kewer:
"Hoekom sit jou oë buite jou kop en nie soos myne binne nie?"
Die Kewer antwoord:
"Kom ons kyk hoe jy sal lyk as hulle 'n enjin in jou agterent opdruk".
'n Vrou loop agter 'n oupa en sy kleinseun in die supermark en merk op die seuntjie is verskriklik stout. Die oupa het sy hande behoorlik vol, want die kind skree vir lekkers en gryp aan alles op die rakke. Die oupa werk stelselmatig sy pad tussen die rakke deur en die vrou hoor hom in 'n beheerste stem sê:
"Kalm bly Jannie, dis nie meer lank nie, wees net kalm."
Ná nóg 'n uitbarsting merk die oupa weer saggies op:
"Dis oukei Jannie, dis oukei, nog net 'n paar minute dan is ons klaar, wees net rustig."
By die betaalpunt gooi die laaitie die goed wild en wakker uit die trollie, en weer hoor die vrou hoe die oupa net stilweg onder sy stem sê:
"Ontspan net Jannie, moet jou nie so ontstel nie. Ons is oor 5 minute by die huis, bly net koel!"
Die vrou is baie beïndruk met die oupa en toe sy hom buite kry waar hy die inkopies
in die kattebak laai, sê sy aan die oom:
"Dit het niks met my te doen nie, maar ek wil darem net noem dat ek vreeslik beïndruk is deur oom se selfbeheersing. Maak nie saak hoe stout die karnallie was nie, oom het net sag gepraat en kalm gebly. Jannie is baie gelukkig om ‘n oupa soos oom te hê!"
"Dankie," merk die oupa op, "maar ek is Jannie, die klein stouterd is Kosie!"