Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » profeties
profeties [boodskap #151168] Vr., 10 April 2026 17:53
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25076
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
profeties
Afbreking: pro•fe•ties
Samestelling: profeet + -ies


Byvoeglike naamwoord: profeties
Attributief: profetiese

Betekenis:
• Wat die toekoms voorspel.
• Met betrekking tot, of soos 'n profeet of profesie.

Gebruik:
• Terugskouend lyk sy woorde byna profeties.
• Die boek Daniël in die Bybel bevat vier profetiese visioene.

Sinoniem:
• heldersiende
• visionêr
• voorspellend
• vooruitwysend
• waarsêend
• waarskuwend

Vertaling:
Engels: prophetic, prophetical
Nederlands: profetisch

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: aanneming
Volgende onderwerp: onvolmaak
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Mei 10 12:30:37 UTC 2026