Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Nuus » Piet Botha oorlede
Piet Botha oorlede [boodskap #126366] So, 02 Junie 2019 20:34
Jan die Man  is tans af-lyn  Jan die Man
Boodskappe: 514
Geregistreer: Mei 2018
Karma: 22
Senior Lid
Die sanger Piet Botha is op 2 Junie 2019 (op 63-jarige leeftyd) oorlede. Hy was die seun van die eertydse buitelandse minister Pik Botha, wat ongeveer 9 maande vroeër op 12 Oktober 2018 oorlede is. Botha is 3 maande voor sy dood met pankreaskanker gediagnoseer.

Botha het in 1984 die musiekgroep Jack Hammer begin, maar sy eerste Afrikaanse album (’n Suitcase vol winter) is eers in 1997 bekendgestel. In 2002 is hy by die SA Rock Hall of Fame ingelyf. In 2006 ontvang hy ’n Sama-prys vir sy bydrae tot Suid-Afrikaanse musiek. Hy is in dieselfde jaar deur die FAK vir sy bydrae tot Afrikaans vereer. In 2011 bied Botha 'n TV-program op kykNET aan, genaamd "Wie Lê Waar", waarin Botha die grafte van Afrikaanse ikone besoek en hulle biografieë vertel. Hy sal onthou word vir liedjies soos ’n Suitcase vol winter, Goeienag Generaal, Blues vir Louise, en Vandat jy weg is.



Vorige onderwerp: Stemdag - 8 Mei 2019
Volgende onderwerp: Paul Eilers
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 16 18:15:19 MGT 2024