Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Soek inligting in verband met 'n ou boek

Ek het 'n boek wat dateer uit die jaar 1938 en kan nerens iets omtrent die boek vind nie.; Vr, 17 April 2020 19:59

As daar iemand is wat meer inligting kan verskaf in verband met die volgende boek sal ek dit hoog op prys stel.

"Jo" deur "Tieras". Dit is "n afrikaanse jeugverhaal wat uitgegee was deur Nasionale Pers Beperk. in die jaar 1938.
Ek kan nerens enige inligting omtrent die skrywer of boek kry nie.

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Nasionale Staat van Inperking

kiemvakansie, grendelstatus; So, 05 April 2020 08:29

'n Voorstelling van die koronavirus.
'n Voorstelling van die koronavirus.
Op 15 Maart 2020 het pres. Cyril Ramaphosa aangekondig dat Suid-Afrika vir 21 dae in 'n grendelstaat sal verkeer om die verspreiding van die koronavirus (COVID-19) te bekamp. Dié keimvakansie duur van Donderdag, 26 Maart om 23:59:59 tot Donderdag, 16 April 2020 om 23:59:59.

Skole sal in die tyd gesluit wees, 'n reisverbord is ingestel en mense is versoek om tuis te bly. Mense mag slegs hul huise verlaat om inkopies te doen of nooddienste te verrig. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag (SANW) is op 'n gereedheidsgrondslag geplaas om die polisie en ander staatsdepartemente by te staan in die toepassing van die afsluiting.

Dit lyk egter of daar verskillende reëls vir verskillende mense geld. As jy met jou hond op straat gevang word, wag 'n boete van R5000 (herhaalde oortreders kan ses maande gevangenisstraf ontvang), maar taksies kan tot kapasitiet gelaai word. Talle beskou ook die verbod op sigarette en drank as absolute malligheid.

Ondertussen het Moody’s ons ekonomie na rommelstatus afgegradeer en die rand verhandel teen bykans R20 teenoor die Amerikaanse dollar. Dis nou die derde kredietgraderingsagentskap wat dit doen, ná Standard & Poor’s (S&P) en Fitch die land reeds vroeër afgegradeer het. Koswinkels maak GROOT geld soos mense paniekaankope doen, maar die res van die ekonomie staan botstil.

Tog hoop ons dat ons huisarres lewens sal spaar en dat die ekonomie hierna spoedig tot sy vorige glorie sal herstel.

Sterkte en hou goeie moed, ons detensie (inhokking) is amper verby!

Nuus | 21 kommentare

Soek dringend werk asb

PA; Do, 02 April 2020 20:26

OPSOEK NA WERK DRINGEND ASB
Goeie dag
Ek verneem graag of u weet van enige beskikbare administratiewe/ontvangs/sekretariele/executive personal assistant poste in Gauteng OMGEWING?
Indien wel, sal ek dit hoog op prys stel as u my kan laat weet per inbox-boodskap/whatsapp/sms of selfs telefonies.
Ek het bykans 30 jaar ondervinding in algemene sekretaresse/executive personal assistant en ontvangsdame en is bereid om enige pos te oorweeg. Ek beskik oor eie vervoer en is dadelik beskikbaar.
Stuur asb privaat boodskap of u kan my ook kontak op 0845209713.
Baie dankie

Ruil, koop & verkoop | 0 kommentare

Koronavirus

Vr, 06 Maart 2020 20:53

Dokter aan pasiënt:
"Jy is positief getoets vir die Koronavirus."
"Dadelik in daardie kamertjie in, spesiale dieet van pannekoek en pizza vir jou!"

Pasiënt:
"Werk dit?"
"Nee, maar dis al wat ons onder die deur kan deurstoot!"

Humor & grappe | 18 kommentare

Lance James

Ma, 02 Maart 2020 19:07

Die musieklegende Lance James is vanoggend (2 Maart 2020) in die ouderdom van 81 oorlede. Hy het diep spore in die plaaslike musiekbedryf getrap met sy country-musiek en meer as 70 albums. Van sy grootste treffers sluit in "Dankie", "Vicki" en "Ahoy, Madagaskar Ahoy!". Hy is by Huisgenoot se 2009-Skouspel vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse en Suid-Afrikaanse musiek vereer. In 2019 het hy 'n soortgelyke erkenning van die FAK ontvang.

Dankie vir wat jy vir Afrikaanse musiek gedoen het...


Musiek & liriek | 0 kommentare

Pietman Geldenhuys

Di, 25 Februarie 2020 11:31

Ek het vanoggend vir die eerste keer 'n snit van Pietman Geldenhuys op Pretoria FM gehoor. 'n Fantastiese sangtalent.

So 'n bietjie agtergrond: Pietman Geldenhuys in 1981 in Prince Alfred’s Hamlet in die Boland (Wes-Kaap) gebore. Ná skool is hy Engeland toe, waar hy as plaasbestuurder en arbeidskonsultant gewerk het. Daar het ook as kelner en portier diens gedoen om sy inkomste aan te vul. Later het hy op straat en in kroeë begin speel. Met sy terugkeer na Suid-Afrika studeer hy radio- en televisiewese en tree saam met Valiant Swart en sy orkes op. Sy eerste album, "Hamlet by Night", is in 2008 bekendgestel. Daarna volg "You and I" in 2017 en sy eerste Afrikaanse album, "Van Die Os Op Die Jas", in 2018. Hy tree ook onder die verhoogname Peter Mitchell en Pietman Die Skot op.

Hier is 'n paar van sy snitte vanaf YouTube:


Musiek & liriek | 0 kommentare

Soek werk... plaaswerk asb!

Wo, 12 Februarie 2020 15:40

Ek soek werk... plaaswerk asb!

Ek het ervaring in:
* Die verkeerde perd opsaal,
* Te veel hooi op die vurk laai,
* 'n Eiertjie lê,
* Jong osse inspan en Katte skiet.
* Dan kan ek ook ou koeie uit die sloot grawe en met die hele mandjie patats uitkom.
* Ek sal deur die wingerd loop met wingerdgriep en die wrange vrugte pluk.
* Vroeg smôrens sal ek die room afskep, en op eiers loop.
* Ek kan natuurlik ook balke saag, twak verkoop, appels swaai, en jou wys waar Dawid die wortels gegrawe het.
* My spesialiteit is om pêrels voor die swyne te werp en met 'n ander man se kalwers te ploeg.
* Ek sal saam met die hoenders gaan slaap!
* Ek sal vir jou die bul by die horings pak.
* My weiveld ondervinding is om vir Wolf skaapwagter te maak en ook om agteros in die kraal te kry na dit by Daantjie in die kallerhok was.
* Ek kan skape tel.
* Ek kan die dam onder die eend uitruk, en ek kan hond haar afmaak.
* Ek is 'n perd van 'n ander kleur, ouens soos ek is so skaars soos hoendertande.
* Ek werk vir 'n appel en 'n ui!

Laat weet my asseblief spoedig.

Ek kan enige tyd begin, net nie hierdie Saterdag nie, Jakkals het my genooi vir sy troue.
Hy trou met Wolf se vrou.

Baie dankie.
Jan

Humor & grappe | 0 kommentare

Sy naam is klein, maar sy dade is groot!

Piet Hein; So, 09 Februarie 2020 18:03

Blykbaar ken die ouer garde die onderstaande lied van Piet Hein. Dit was algemeen in Nederland en Suid-Afrika bekend, ten minste die refrein daarvan, maar die jongklomp is grotendeels onbewus daarvan. Laat ons weet as jy dit kan onthou.

Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!


Eers so 'n bietjie agtergrond:

Tydens die Tagtigjarige Oorlog tussen Nederland en Spanje was "seerowery" in opdrag van 'n staat gebruiklik en wettig gewees. In September 1628 verower Piet Hein 'n Spaanse vloot by Kuba tydens die Slag in die Baai van Matanzas. Hy is die enigste mens wat so 'n vloot met silwer en al kon verower. Meer as 177 000 pond silwer en duisend pêrels is gebuit, wat die oorlog teen Spanje vir 'n jaar lank kon onderhou. Die verowering van die Silwervloot was nie net 'n finansiële sukses nie, maar ook 'n morele oorwinning vir Nederland. Die liedjie is geskryf om van Piet Hein se dappere dade te vertel.

Hier is die volledige lied, wat selfs in die FAK-sangbundel opgeneem is.

EEN TRIOMFANTELIK LIED VAN DE ZILVERVLOOT

Woorde: J.P. HEIJE, op die verowering van die Spaanse Silwervloot, 1628
Musiek: J.J. VIOTTA; verwerk: D. HYMAN

Heb je wel gehoord van de Zilveren vloot,
de Zilveren vloot van Spanje?
Die had er veel Spaanse matten[1] aan boord
en appeltjes van Oranje[2]

Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!

Zei toen niet Piet Hein met een aalwaerig[3] woord:
"Wel, jongetjes van Oranje!
Kom klim 'reis aan dit en aan dat Spaanse boord
en rol[4] me die mat van Spanje!"

Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!

Klommen niet de jongens als katten in t'want[5]
en vochten ze niet als leeuwen?
Ze sloegen de Spanjers wel duchtig te schand';
tot in Spanje klonk hun schreeuwen.

Piet Hein, Piet Hein, Piet Hein zijn naam is klein,
zijn daden bennen groot, zijn daden bennen groot,
hij heeft gewonnen de Zilveren vloot,
hij heeft gewonnen de Zilvervloot!

Kwam er nu nog 'reis zo 'n Zilverenvloot,
zeg, zou jullie nòg zo kloppen?
Of zoudt ge je veilig en buiten schoot
maar stil in je hangmat stoppen?

"Wel, Neerlands bloed, dat bloed heeft nog wel moed!
Al bennen we niet groot, al bennen we niet groot,
we zou'en nog winnen een Zilvervloot!
We zou'en nog winnen een Zilvervloot!


[1] geldstukke
[2] goudstukke
[3] Volgens Heije--ernstig, eenvoudig.  Outyds--oormoedig, dartel, knorrig.
[4] rollen--optel
[5] Die touwerk van 'n skip

Musiek & liriek | 0 kommentare

Diefstal

Do, 06 Februarie 2020 20:43

Moeilike ou vrou in hof vir winkeldiefstal...
Landdros: "Wat het jy gesteel?"
Sy: "'n Blik perskes."
Landdros: "Hoeveel perskes was daarin?"
Sy: "6"
…Landdros: "6 dae tronkstraf!"

Haar ou man skreeu daar van agter uit die banke:
"Sy't 'n blik ertjies ook gevat!"

Humor & grappe | 0 kommentare

As Kersfees kom

deur A.G. Visser; Ma, 23 Desember 2019 20:41

As Kersfees kom

Ballade

As Kersfees kom - geseënde tyd -
Dan word 'n droewe wêreld bly,
Gaan harte oop, staan deure wyd
Al waar die milde invloed sprei
Van vrede, vrindskap, goeie wil,
Wat meng in soete harmony -
Die boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre gaan ons weer baklei!

As Kersfees kom en vrind'likheid
In goeie Sinter-Klaas-livrei,
Heers wyd en syd beminlikheid
In kerke en stande streng geskei.
Dan, blykbaar, is daar geen verskil,
Die Vredevors al toegewy:
Warm word 'n wêreld doods en kil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!

As Kersfees kom, wyk kleinigheid;
Vergeet een ieder sy party;
Wyk wanguns en venynigheid
Wat broeders van malkander skei.
Dan swyg die dwarstrek-geeste stil
Voor vrede-engelesang en -rei -
Dié kom so graag as ons net wil ...
Maar môre gaan ons weer baklei!

l'Envoi

Die Kersfeesgees, die goeie wil,
Die spreek tot U, die spreek tot my:
Sy boodskap laat ons harte tril ...
Maar môre? - Gaan ons weer baklei?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1842): [ «    18  19  20  21  22  23  24  25  26  27  28  29  30  31  32  33    »]
Tyd nou: Wo Mei 15 11:06:50 MGT 2024