Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » afrikaans - huppeltaal
afrikaans - huppeltaal [boodskap #139564] Ma, 20 Junie 2022 13:34
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
saggies huppel jou klinkers oor die heuwels van my tong
waar hulle soms ondeund en uitspattig baljaar
met die hoop om deur ‘n aantreklike medeklinker raakgesien te word
saam met wie hulle nuwe woorde kan vorm

dit is die heel mooiste klinkers wat ‘n taal kan hê
wat die ore streel wanneer ons jou woorde sê

die verskeidenheid is baie groot
wat wissel van die baie kortes tot die heel langes
party stap alleen saam met ‘n medeklinker
terwyl vele ander verkies om hand aan hand groepies te vorm

daar is ook baie wat verkies om meer as een medeklinker te hê
terwyl ander nuwe klanke voortbring deur groter groepe te vorm
eerder as om op medeklinkers te steun
en dan is daar ‘n groep wat hulleself met tekens verfraai

alhoewel daar baie meer medeklinkers as klinkers is
met interessante vorms en pragtige klanke
is hulle eintlik hulpeloos op hul eie
want sonder klinkers kan hulle nie uiting aan hul mooi klanke gee

hulle harde en sagte klanke gee ritme aan jou woorde
wat saam met die klinkers gemaklik van die tong afrol
en daar is selfs ‘n paar wat soms hul klank verloor
om nog meer ronding aan sekere woorde te gee

afrikaans, jy is my huppeltaal
want met die huppel van jou klanke
sit jy ook die huppel in my voete
Vorige onderwerp: " Janfiskaal " deur M.M. WALTERS
Volgende onderwerp: dit reen in die kaap
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 19 04:38:50 MGT 2024