Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » dit reen in die kaap
dit reen in die kaap [boodskap #139573] Wo, 22 Junie 2022 07:47
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
dit was ‘n doodgewone herfsaand toe ek gaan slaap
maar ‘n baie verkeerde herfsoggend toe ek ontwaak
want my huis was op ‘n ander onbekende planeet
en daardie vreemde stilte sal ek nooit vergeet

bekende klanke van vliegtuie en helikopters in die lug
en fluitende treine op die spoor
het saam met die klank van stadsverkeer gevlug

maar dit reën in die kaap

ek mag nie my erf sonder spesiale dokumente verlaat
gemaskerde mense staan oral in lang rye
bo-op afgemerkte kruise op die vloer
en wag om hul hande by deure te was
voordat hulle mag ingaan en kyk na die rye leë winkels met gesluite deure aan weerskante van die gange

en dit reën in die kaap

mense werk nie meer
want besighede is gesluit
geld is nie meer belangrik
omdat dit nêrens bestee kan word

dit reën steeds in die kaap

is dit die derde wêreldoorlog
die radio praat van duisende mense
wat daagliks oral op hierdie vreemde planeet sterf
en besighede waarvan die deure nooit weer oopgesluit sal word

terwyl dit reën in die kaap

die lug is ‘n silwerskoon koningsblou
en elke oop stukkie grond verdwyn
onder ‘n groen tapyt met die mooiste blomme in elke kleur van die verfpalet

en dit reën in die kaap



wilde diere van alle soorte kom uit hul skuilplekke uit
om by die volgedekte eettafel van die natuur aan te sit
en waarheid aan die Skeppingswonder te gee

omdat dit reën in die kaap
Vorige onderwerp: afrikaans - huppeltaal
Volgende onderwerp: 2020 - die jaar wat was
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 23:00:13 MGT 2024