Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 2020 - die jaar wat was
2020 - die jaar wat was [boodskap #139592] Sa, 25 Junie 2022 07:47
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die ergste jaar na die 2de wêreldoorlog
die ganse mensdom word deur ‘n virus aangeval
hospitale bars behoorlik uit hul nate uit
lande sluit hul grense
mense word onder huisarres geplaas
besighede word gesluit
miljoene mense verloor hul werk
net soveel besighede verdwyn permanent
niemand mag ongemaskerd beweeg nie
hande moet na elke aanraking ontsmet word
alle menslike kontak is verbode
mense sterf eensaam aan die virus
die aarde kom tot stillstand

met die mens veilig by die huis
kom die natuur in beroering
sneeubedekte bergreekse word sigbaar
velde word deur kleurvolle blomme oortrek
wilde diere stap rustig en speel uitgelate

waar die mens eens op ‘n tyd gewandel het
Vorige onderwerp: dit reen in die kaap
Volgende onderwerp: honde-fanagalo
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Apr 18 05:52:46 MGT 2024