Verdeling van kennis
Do., 05 Junie 2003 22:48
Lorinda wrote:
>> Wat het jy toe gedoen om dit reg te stel?
> Lang storie, maar as jy retig wil weet sal ek jou vertel..kennis moet gedeel
> word.
> --
> Andries J. Kriel
Vertel asseblief. Ek wil altyd uitvind hoe probleme opgelos word.
Lorinda
Rekenaars & selfone |
1 kommentaar
Vereniging van die rugby onskuldiges
Do., 05 Junie 2003 21:46
Andries wrote:
> Dave wrote:
>
>> Soort soek soort. Ek self, weet so min van rugby af, ek weet nie eens
>> hoe hoog word die net gespan nie
>
> Ek wwet nie eers of daar 'n net is is nie..
> --
> Andries J. Kriel
LOL. Soort soek definitief soort. Ek weet ook niks daarvan af nie. Ek
weet darem dat daar waarskynlik nie rugby gespeel kan word op MY
grasperk nie - dis te klein.
Lorinda
Sport & ontspanning |
1 kommentaar
Kappie leegte
Do., 05 Junie 2003 21:41
Speedy wrote:
>
>>
>>
>> Selfsugtig nê? Kennis is veronderstel om gedeel te word. All property
>> is theft...........oeeps nee, jammer, verkeerde toespraak. As jy my
>> nie wil help nie sal jy my maar altyd kappie-loos moet sien, en
>> verduur hoe mense met my op die straathoeke spot.
>>
>> Lorinda
>
> Is jy dan bra kappie-loos?
>
> Dave
Dink jy ek is een of ander feminis??!! Ja.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
hoede tekort
Do., 05 Junie 2003 21:15
On 5 Jun 2003 13:39:46 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>> Hoe sit mens 'n kappie op 'n o?
>>
>> Lorinda
> Dave wrote:
> ôp 'n o? Ek het nie 'n idee nie:-)
Selfsugtig nê? Kennis is veronderstel om gedeel te word. All property
is theft...........oeeps nee, jammer, verkeerde toespraak. As jy my
nie wil help nie sal jy my maar altyd kappie-loos moet sien, en
verduur hoe mense met my op die straathoeke spot.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Night curfew
Do., 05 Junie 2003 21:06
> Loop die ander nuusgroep ten einde,
> of werk my nuusleser alweer nie lekker
> nie?
> Davie Kawa Conzales
Dit gaan deesdae so in die aand. Daar is pos gedurende die dag maar
dit word stil saans. Is daar dalk rugby aan in SA of iets?
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare
Bekendstelling
Do., 05 Junie 2003 21:02
On 5 Jun 2003 13:16:43 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
> Is ek nou die enigste een op hierdie groep wat my regte naam gebruik?
>
>
> Lorinda
: Nee, is jy verspot:-)
Dave
So, we meet as last Du Plessis. Dis 'n eer om jou te ontmoet, o
teistering van die nuusgroepe van Aberdeen tot Aliwal en Odessa tot
Ottawa:-)
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Enter the Dragon
Do., 05 Junie 2003 20:48
Lorinda wrote:
> Is ek nou die enigste een op hierdie groep wat my regte naam gebruik?
>
>
> Lorinda
Lorinda, ek is hier. Moenie eensaam voel nie..
--
Andries J. Kriel
Ons is bly jy is terug Andries J.Kriel. Waarvoor staan die "J"? Ek hou
van Mandrake Dragon ook - dit laat my dink aan 'n RPG naam.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Doomsday blues
Do., 05 Junie 2003 20:45
Speedy: Sou ek Doom voorstel?
En die insek VERMOOR??? Okay dan. Enigste probleem is ek het nie doom
nie. Sal maar more moet gaan koop - ek is nie nou lus om op my fiets
te klim nie. Of besem nie.
Speedy: Later het ek die naam "Kawa' gekry, omdat ek van Suzuki
(my eerste gunsteling) 'n onverbete aanhanger van Kawasaki
geword het. En my rooi Kawa was een van die bekendste
rygoed in die dorp.
Dìt, is byname wat bekend geraak het, en wat ek somtyds
hier gebruik het.
Kawa
'n Kawasaki??? Ag nee. My gunsteling is 'n Ducati. Of La Verda. Die
japanese bikes het glad niks "roadholding" nie :-).
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar