Andries wrote:
> Lorinda het die volgende skrywe gerig:
>
>> O, sateliet TV. Dis darem een ding wat ek nie aangeskaf het nie:-)
>
> Ek ook nie, kan dit nie bekostig nie..ek kyk ook in elk geval nie TV
> nie...so dit pla my nie. Ek was al by mense wat DSTV het..maar daar is
> amper nooit iets wat die moeite werd is om te kyk nie..dis my opinie.
>
> --
> The views here are my own...or maybe it was just what I felt saying at his
> point, okey?
Ek het nie 'n TV nie, ek haat dit om te sit en niks doen. Ek weet om
op 'n rekenaar te sit is nou nie iets dòèn nie, maar nogtans. Ek hou
wel van films en die teater, ek kan gedurende 'n film stil sit mits ek
van die fliek hou. Ek luister darem gedurig na die radio.
> Mense noem my .....Jakkals
>
> My pa het daarmee begin, blykbaar was ek vreeslik stout toe ek 'n klein
> seuntjie was...ek het graag met vuur gespeel ( nooit bed nat gemaak nie)
>
> Ek het een keer my my ouma-hulle se bed aan die brand gsteek...ek praat nie
> graag daaroor nie ;-))
>
> --
> Powered By Mandrake Linux 9.0
Ek het gewèèt jy het iets aan die brand gesteek, daarom die vlamme
boodskap ...
Ek dink jakkals is 'n oulike bynaam! Ek wens ek was jakkals genoem. Ek
sien nou waarom jy gesê het Speedy sou daarvan hou. So jy is eintlik
Jakkals Kriel. Die naam pas beslis by jou nuwe beroep.
Speedy Conzales wrote:
> On Sun, 22 Jun 2003 22:57:44 +0200, Andries
> wrote:
>
>> Wie almal op die groep is rokers??
>
> Ek sien geen hande nie
>
> Powered By Windows XP (new Pirate Version)
Ek sien dis nou die geveg van die Linux Dragon teen die Windows XP
Rower...:-) Ons sal moet sien waar dit gaan eindig..
Ek steek nie my hand op nie, maar ek het wel 'n vinger in die lug
(seker daarom dat jy dit nie gesien het nie). Ek rook as ek met iets
sukkel.
Andries wrote:
> Praat weer later, Lorinda. Hopelik is jy dan al klaar getrek.
> lekker doen wat jy ook mee besig is.
>
> --
Ek sal nie getrek wees nie Andries, ek het jou mos al gesê ek drink
nie (behalwe wyn met ete):-))
Dankie vir die goeie wense, ek sal teen Dinsdag aand of Woensdag seker
weer hier wees.
Driesie wrote:
> Lorinda het die volgende skrywe gerig:
>
>> Waarom? Nie dat daar iets verkeer is daarmee nie..
>
> Ek kan dit ''Andries'' hou. Wil jy weet as wie is ek in die destrik bekend?
>
> Speedy sal dit dalk interessant vind om te weet.
Ek het nie gesê jy moet dit Andries hou nie, ek het net gewonder waarom
jy besluit het om Driesie te word. NATUURLIK wil ons weet as wie jy
bekend is in die distrik!
Andries wrote:
> Askies tog, hy werk vir J&C Electronics in Bethlehem. Hy sit DSTV skottels
> op. Dis skottels wat 'n mens saam met 'n dekodeerder koop om baie stasies
> op jou TV te kan sien.
O, sateliet TV. Dis darem een ding wat ek nie aangeskaf het nie:-)
Andries Kriel wrote:
> Lorinda het die volgende skrywe gerig:
>
>>> ..... Wat eet jy op jou pannekoek Andries?
>
> Wel, bruinsuiker, kaneelsiuker. of soms roomys met karmel sousie.
> Gaan ons pannekoek eet?
Ek kan pannekoek maak... Maar Speedy is die een wat pannekoek maak
terwyl hy sy hardeskyf formateer, nou wonder ek of hy dit oor 'n oop
vuur doen? Ek het nie gedink hy kook by die hoofkantoor nie, ek het
gedink hy leef van fish & tjips, maar dit was blykbaar verkeerd.
> Trek jy dan ook? Waarheen trek jy? Ek het al begin om al my boeke en CD's
> bymekaar te kry. Ek is ook verbaas oor al die gemors wat ek opgegaar het.
> Goed wat nie eers geweet het ek het nie, kom ek op af. Goed wat ek op
> stadium gesoek het en van vergeet het pop ook op.
>
> My vriend werk vir maatskappy wat Multi Choice skottels instaleer. Hy maak
> oor radios reg en instaleer ''sound'' in karre.
Ek trek maar net 'n paar strate weg na 'n huis toe wat 'n bietjie
groter is. Maar alles moet nog steeds ingepak word. Ek sit hier en kyk
vir die spul goed en dink het ek dit alles nou werklik nodig...
Wat is 'n multi-choice skottel, en waar is die maatskappy waarvoor hy
werk?