Katryn, iets eienaardigs oor die koffie kapitaal tema. Ek kan mense se
antwoorde aan jou sien, maar nie jou pos nie, hehalwe die een wat ek
hier onder antwoord. Ek kan ook nie my oorspronklike pos sien nie, so
as ek iemand nie antwoord nie, dis omdat ek nie die vraag kan sien
nie. Speedy, ek het jou vraag wel gesien en geantwoord so as jy dit
nie sien nie (is dit nie omdat ek onder die bed wegkruip nie:-)))laat
my weet sodat ek dit weer kan pos.
Katryn wrote:
> Tragies dat feite soos deur moderne wetenskap uitgewys word gewoonlik
> totaal geignoreer word.
>
Wil jy dalk hieroor uitbrei? Ek is baie geinteresseerd daarin.
Speedy Gonzales wrote:
> Ek dink jy kan dit nou maar doen. Die lyn was defnitief mors af.
> Somtyds sit daar te veel voëls op die lyne. Dan hang hulle in die
> water:-) Voëls soos in seemeeue:-)
LOL. En hier waar ek op die oomblik is is daar juis so baie meeue.
Hulle maak nes op elke dak in die plek, en hulle het op die oomblik
kleintjies. Mens kan hulle heel nag hoor skree.
Katryn wrote:
> Dis 'n probleem met Google - dat jy nie die boodskappe wat jy gestuur
> het iewers kan stoor nie? Of is daar so opsie wat ek dalk net nie
> raakgesien het nie?
Nee, daar is nie so 'n opsie nie. Jy kan wel 'n copy vir jouself
e-pos, maar dis al.
Ek is vir 'n paar dae in Brighton, en die internet verskaffer wat ek
hier gebruik het nie die groep op die lys nie. So ek gebuik 'n
gekompliseerde sisteem: ek kyk na die pos op News2Web, en pos dan deur
Google. Vandag het diè sisteem my in die steek gelaat.
Om een of ander rede het ek vandag pos probleme met hierdie groep
gehad. Dankie dat jy laat weet het Speedy! As my antwoorde aan Speedy,
Katryn en Rico nie teen more aankom nie sal ek dit maar oor skryf.
Andries Kriel wrote:
> My ma het kanker.
> Sy word more 12h00 geopereer sodat die gewasse in haar linker bors verwyder
> kan word. Daar is hoop.
Alles van die beste Andries, en laat ons weet hoe dit gegaan het.
> Ek gaan ook Maandag vir aanleg toetse by die universiteit. My plan is om
> deur die pos te studeer terwyl ek werk, en dan eendag my eie ding te doen.
Wat wil jy studeer? Gaan jy aanlegtoetse op Bloemfontein doen?
On Fri, 25 Jul 2003 20:44:58 +0200, Andries Kriel
wrote:
>
> Die kanker is vroeg genoeg ondek. As alles goed gaan, en ek glo dit sal,
> hoef sy nie bestraaling te kry nie. Sy gaan dan ook 'n week in die
> hospitaal bly vir observasie.
Sy is vreeslik gelukkig, en ek loof die Koning saam met jou daarvoor.
My skoonsuster is dieselfde tyd as jou ma met kanker gediagnoseer.
Sy is net gesê dat dit 'n gewas op haar brein is. Sy is reeds begrawe.
Speedy Gonzales wrote:
>
> Nie sover ek kan onthou nie. Ek het die naam by Katryn se buurman
> geleer.
>
>> En ken een van julle dalk hierdie weird hoenders wat sulke gekleurde
>> eiers lê? My buurman bring die goed nou die dag hier aan, en vertel
>> my dat dit van "easter hens" afkomstig is. Die werklike naam van
>> hierdie hoenders wat sulke gekleurde eiers lê is 'aracaunas'.
>
> Toe klink dit slim omdat ek ook nou weet wat hulle genoem word
>
> SG
Met ander woorde Suid-Afrika is geheel en al blou-eierloos? Sug.
Engeland seker ook. Jy is 'n ontwerper, kan jy nie iets aan die saak
doen nie?:-)Waarom moet ons met sulke vervelige hoenders sit?