Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

kansellasie

So., 27 Julie 2003 15:01

Die uwe.
en ook die sluwe
en min mense het ooit ver genoeg besin
om my te bemin
hetsy gesplete persoonlikheid of skisofreen
DD is nie alleen...
As daar iets is waarvoor ek die skuld kan dra
moet nie dat dit jou pla

******************************
gekanselleer en verander

DD

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Stilte staking

Sa., 26 Julie 2003 21:20

Okay, OKAY Speedy. :-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Nelson 2

Sa., 26 Julie 2003 20:51

Speedy Gonzales wrote:
> On 26 Jul 2003 13:30:42 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>> Katryn, dit lyk asof die naam Nelson ons agtervolg die laaste paar
>> dae:-)) Die meeue is orals.
>>
>> Ja en wat raas jy met Katryn, Speedy? En dit oor Nelson.... Sies.:-)
>>
>> Lorinda
>
> ek hettie...! Wou net kyk watse reaksie
> van die ander partye af is... en toe kry
> ek reaksie uit eie geledere >snik...
>
>

En wat as die kraaie teen haar gedraai het? Dan moes ons weer moue
oprol, en ek is juis so moeg gebaklei:-)) En ek is net 5 voet 2 en lig
(lug???) in die lyf, julle weet nie hoe swaar dit vir my is nie,


Darem handig dat ons 'n plek het om te kom nabetragting hou:-))En jy
het jou goed van die taak gekwyt Katryn.

O en jammer dat ek WEEREENS die tema naam verander het. Ek sê dit nou
maar terwyl ons wonde lek en julle my dalk nie sal gryp nie:-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nelson

Sa., 26 Julie 2003 20:30

Katryn, dit lyk asof die naam Nelson ons agtervolg die laaste paar
dae:-)) Die meeue is orals.

Ja en wat raas jy met Katryn, Speedy? En dit oor Nelson.... Sies.:-)

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Suidwester

Vr., 25 Julie 2003 22:48

Katryn ek geniet, soos jy die ou Suidwester al die hoeke van die groep laat
sien :-)

Ek dink Poesman met die krom jy weet wel, is Suidwester!!!!!!!!

Lekker naweekie vir almal Rico

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Oor vuis slaan...

Vr., 25 Julie 2003 22:23

Katryn wrote:
> lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda) wrote:
>
>> LOL. Goed, ons laat dit maar daar. Ons gebruik tog nie hierdie groep
>> vir baklei nie:-))
>
> Agge nee. Nou sê jy vir my??
> :-)))
>

Sjuut... Ek probeer net vir Rico gerus stel...:-))

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Aborsie

Vr., 25 Julie 2003 22:19

Katryn wrote:
>
> Jy gaan nou baie teleurgesteld wees, maar eintlik sal of kan ek niks
> sê wat jy nie in elkgeval alreeds weet nie. En eintlik het ek myself
> net swak uitegdruk met daardie sin. :-)

Teleurgesteld? Jy praat altyd oor interessante goed. Jy verduidelik
ook iets wat nou vir my sin maak oor waarom aborsie in Skandinawiese
lande tot op so 'n laat tydstip toegelaat word (die vyf maande ding).
Jy som ook die probleem baie goed op tussen pro- en anti aborsie
voorstaanders; die geloof in die bestaan van die siel ens.

> Ek is 'n agnostikus (eintlik
> 'n twyfelaar soos uitgewys was op die groep deur iemand). Daarom
> is dit vir my nie so moeilike saak as dalk vir julle nie.

Ek is nie 'n "volwaardig praktiserende" katoliek nie. Daar is
allerhande moeilike kwessies daar, soos bv oor voorbehoedmiddels en so
aan. Ek het my kulturele agtergrond gegee om die baggage wat ek
saamdra te verduidelik. Onthou in ons geval word dit alles ook nog
geweef aan die politiek ens ens wat dit alles nog meer probleematies
maak.

Lorinda

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Fleur

Vr., 25 Julie 2003 19:35

Ek het hom vandag geneem vir sy inspuitings

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir die wat nog nie weet nie.

Vr., 25 Julie 2003 18:44

My ma het kanker.

Sy word more 12h00 geopereer sodat die gewasse in haar linker bors verwyder
kan word. Daar is hoop.

Die kanker is vroeg genoeg ontdek. As alles goed gaan, en ek glo dit sal,
hoef sy nie bestraling te kry nie. Sy gaan dan ook 'n week in die
hospitaal bly vir observasie.

Ek gaan ook Maandag vir aanleg toetse by die universiteit. My plan is om
deur die pos te studeer terwyl ek werk, en dan eendag my eie ding te doen.

groete aan almal.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

re: aanhegsels - eggs.JPG (0/1)

Vr., 25 Julie 2003 17:08

"Katryn"
rassisme? Dis 'n
: belaglike maaksel van politici.

en gloudina bouwer om jou kwaad te maak :-)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «  ‹  1706  1707  1708  1709  1710  1711  1712  1713  1714  1715  1716  1717  1718  1719  1720  1721  ›  »]
Tyd nou: Vr. Okt. 16 00:12:21 UTC 2026