Renosterbestelling
Ma., 26 Mei 2003 21:08
Speedy Conzales wrote:
> On 26 May 2003 13:45:04 -0700, lor...@freint.fsnet.co.uk (Lorinda)
> wrote:
>
>> Speedy Conzales wrote:
>>
>>> Het jy die Rhinowall ad wat ek gestuur het gesien, Lorinda?
>>>
>>> Speedy
>>
>> Waarheen het jy dit gestuur?
>>
>> Lorinda
>
> Na jou epos adres toe.
> Moet ek dit weer stuur?
Asseblief. E-pos: lor...@freint.fsnet.co.uk
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
Hydrogen Cyanide
Ma., 26 Mei 2003 20:59
Speedy Conzales wrote:
> Ja dit het,
> want dit is nie 'n groep wat IP's
> lees soos alt.gloudina.ng nie:-)
>
Gloudina speel 'n belangrike rol in daai groep. As sy nie bestaan het
nie sou iemand haar moes opmaak:-) En die hemel weet, sy het
uithouvermoë! Sy is al donkiejare daar, en altyd op haar pos. En hoe
kwater sy mense maak, hoe minder blokkeer hulle haar bydraes... Wys jou
net.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Verenigde Volke
Ma., 26 Mei 2003 19:22
Speedy wrote:
>
> Ek sal 'n briefie pos daardie kant
> net om 'n vriendelike hallo te sê:-)
>
>
Ek sien jy het toe meer as een draai daar gaan maak.... en van draaie
gepraat, het die Franse komplot teen die Nederlanders toe gewerk?
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Spookrubriek
Ma., 26 Mei 2003 19:17
Speedy Conzales wrote:
>> Speedy Conzales
> 'kay... het jy nie ook al windowshopping gedoen nie? En wense gewens
> nie?
Ja. Maar jy wens mense.
Ek hou van die graf inval storie. Ek wonder of daar spookstories in
Andries se distrik is.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
8 kommentare
Wynland
So., 25 Mei 2003 19:11
"Andries" wrote:
> Wat is aan die gebeur? Ek het net gou gaan melk. Het ek iets gemis?
>
Ek weet nie Andries. Ek dink ons word ingeval deur die Franse.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
2 kommentare
M. Althusser
So., 25 Mei 2003 19:04
Speedy Conzales wrote:
> Gaaf, die uitslag was dat jy dieper in ons harte gekruip het. Sonder
> een enkele teenstem aanvaar.
Baie dankie.
> ns.
> (Die naam waaronder die vergadering kennisgewing geplaas was
> moes nooit gebeur het nie. Ek het dit minute gelede op 'n ander
> nuusgroep gebruik waar ek bekend is en lankal deel maar iets
> anoniem geplaas het. Wou nie eens gehad het dat hulle moes
> weet dat dit uit SA is nie)
Jou geheime dra van die beret en ondersteuning van obskure marxistiese
denkers, asook jou liefde vir boeke deur Marcel Proust is veilig by
ons.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
1 kommentaar
Biegstuk 2
So., 25 Mei 2003 18:52
Dave wrote:
> Wel... jy't jouself daarin beland. 'n Rooinek hier in die hartjie van
> die Afrikanerdom!
Iers, nie Engels nie. My ouers het gedink hulle pas beter in by die
Afrikaners as by die Engelse (gemeenskaplike vyande en so aan), maar
die Afrikaners het nie so gedink nie:-). Rooms Katolieke was (is?) as
erger as Rooinekke gesien.
Londen is ook nie 'n Engelse stad nie, dis veels te kosmopolities
daarvoor. Hierdie stad behoort aan niemand nie (okay, behalwe miskien
aan 'n paar Japanse banke). Dis hoekom die res van Engeland maar deur
skrefies oë na Londen kyk.
Lorinda
Koeitjies & kalfies |
3 kommentare