Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Drol & Bernhard B.

So., 21 April 1996 00:00

Bernhard Bezemer skryf:

> Drol:
> drek, keutel;
> minachtende aanduiding voor Eric Vriends.
> Drollig;
> een koddige, kluchtige Eric Vriends.

How droll :-(

Bernhard gee ons raad elke week
Oor dinge soos taal in sy preek.
Maar vir die' ou is Eric
Se kennis te sterrik,
Hy is, en wil bly, bloot 'n leek.

Geoffrey Chew
Music Department, Royal Holloway College (University of London)
Internet: ch...@sun.rhbnc.ac.uk
World Wide Web: http://www.sun.rhbnc.ac.uk/~uhwm006/
http://coco.ihi.ku.dk/~chew/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

afrikaner-stereotipes

So., 21 April 1996 00:00

Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as
witmense gedink het. Hier is die resultate. Is ons almal regtig so?

"Afrikaners is baie konserwatief, selfs die wat sogenaamd liberaal is."
"Eerlik en spontaan."
"Rigied, onverdraagsaam, hardkoppig en bang vir verandering."
"Laat my dink aan Bloemfontein en rugby"
"Innerlike krag en oortuigings."
"Eers het ek gedink hulle is brutaal en wreed, nou dink ek hulle is plat-op-die-aarde."
"Straight en oop."
"Sterk vroue; eerlik oor hul politieke oortuigings."
"Normaal."
"Gasvry en trots; streng morele kode en Christelike waardes. Aardse sin vir humor."
"Plaasmense op klein dorpies. Crimplene-rokkies."
"Nie so sleg nie. Bedreig en bang. Trots."
"Die mans hou almal van dieselfde motor: Ford. En rugby en rooivleis. Die ouer tannies het pers gekrulde hare, die ooms baie kort hare. Die jong mense lyk maar soos enige volksgroep. Rigied, sin vir humor, godsdienstig en baie vriendelik."
"Mans hou 'n macho-beeld voor; maar is gaaf as jy hulle beter leer ken."
"Sin vir humor wat buitestaanders nie altyd verstaan nie."
"Opreg, konvensioneel, tradisioneel, gasvry, godsdienstig."
"Vroue verkies mans wat vir hulle voorsien bo loopbaan. Mans verkies tuisteskeppers."
"Mans drink baie; macho"
"Meisies in leersandale met green grimering en los gewade; en Boere wat gaaf, vriendelik en gemoedelik is."

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Drol & Eric Vriends

Sa., 20 April 1996 00:00

Drol:
drek, keutel;
minachtende aanduiding voor Eric Vriends.
Drollig;
een koddige, kluchtige Eric Vriends.

Ref.: De Grote Van Dale.

Bernhard Bezemer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nedersaksiche Siegmund

Sa., 20 April 1996 00:00

Nederdsaksisch
--------------
Nedersaksich is in Nederland erkend als een zelfstandige
taal. Eveneens in Duitsland, maar dan onder de naam Nederduits.
Onderstaande tekst is afkomstig van een komische strip in de
Volkskrant en is, dacht ik, in het Nedersaksich geschreven.
Ik begrijp het niet, maar misschien is er iemand in Afrika die
het begrijpt? Sigmund is een psychiater.

Bernhard Bezemer

"SIGMUND
an: Gif mie 'ne hennepen stropdasse. Ik het smartepien in de kop.
Sigmund: Woas da noe?
Sigmund: Een klamp meens'n bint te verdoonlijk, ge zult's verguppen.
an: Kiek wiezer zo?
Sigmund: Was dao kieke wof ie van d'n ikster op de braeke eschete bin!

Geen idee wat dit betekent, maar onder de strip staat:
De Sigmund strip is helaas verwisseld met de versie die in de regionale
dagbladen verschijnt."...cut

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Anna Boshoff op "Future Imperfect"

Vr., 19 April 1996 00:00

Ek wil net weet wat ander op die forum dink van Anna Boshoff se optrede
die ander aand op "Future Imperfect" toe sy geweier het om enigiets
behalwe Afrikaans te praat op 'n program waar sy vooraf geweet het die
voertaal is Engels en dat daar persone gaan wees wat nie Afrikaans kan
verstaan nie. 'n Sekere Gagiano wat ook 'n Afrikaner is het baie
diplomaties en korrek opgetree en gelukkig darrem die beeld van
Afrikaners gered deur te wys dat "Ons nie almal so is nie" om vir Joan
Hambidge aan te haal.

Ek sou graag ander se mening hieroor wil hoor en ook hoe 'n mens die
skade wat sulke mense aanrig kan beperk.

Groetnis
Stephen Els

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Anna Boshoff op "Future Imperfect"

Vr., 19 April 1996 00:00

joh...@srvnac1.nac.ac.za (Johan Kriel) wrote:


> Ek het net die laaste ongeveer 15 minute daarvan gesien, en die eenkeer
> wat sy aan die woord was in daardie tyd het sy Engels gepraat. So jou
> stelling dat sy geweier het om Engels te praat is onwaar.

Sy het geweier. Deurentyd. Tot groot irritasie van die ander
deelnemers. Op die einde het Jannie Gaggiano van Stellenbosch haar
oorreed om te begin Engels praat - toe se sy niks nie.
Hy het dit reggekry deur aan haar te vra of dit waar is dat daar
vroeer vanjaar 'n internasionale kongres oor die behoud van Afrikaans
in Somerset-Wes was waar die voertaal Engels was. Sy het saggies
ingestem en toe begin Engels praat.
Voor dit het dit maar rof gegaan.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die ou Grote

Vr., 19 April 1996 00:00

Op die kaarte staan geskryf Oranje.

Sommige praat van hom as die Grootrivier.

Sy eerste naam was die Gariep.

Gemeet aan ander riviere in Afrika, Asi"e, Euorpa en die Amerikas
is hy maar klein. Maar in ons land is hy die grootste, letterlik
en figuurlik. Sy verste punte is oos in die Drakensberge. (Dink
ook aan die Vaalrivier). Maar hy sterf weg in die verste
westelike hoek van ons land.

Soos wat hy weswaarts loop, raak hy al hoe meer soos die Nyl, die
woestyb se lewensaar. Eers loop hy deur die dro"e Karroo, dan die
dro"er Boesmanland en uiteindelik die dorre Richtersveld. Hoe
verder jy weswaarts met hom gaan, hoe minder word die mense,
behalwe die wat teenaan hom bly.

Vir baie is Upington die laaste groot leefbare plek langs die
rivier. Maar gaan kuier gerus verder wes by Keimoes en Kakamas.
Hierdie plekkies staan vir niks verkeerd nie. Moet net nie in die
vier maande rondom Januarie hier teen twee uur smiddags te besig
wil raak nie. Moet ook nie laatnag in die twee maande rondom
Julie buite die kooi wees nie.

Anderkant Kakamas begin die lewe wat die rivier groot maak. Eers
is daar die Augrabies. Mense wat watervalle ken, is gewoonlik nie
beindruk met die plek nie. Maar dis omdat die Gariep so selde vol
van lyf is - omtrent een keer in elke 12 jaar. Wag tot die groot
reens kom. Dan brul Augrabies so dat jy jouself nie kan hoor
praat nie.

Na Augrabies kom die tonele van maanlandskappe wat by Onseepkans
onverbeterlik is. Dis by Onseepkans waar die ou Grote jou aftrek
na hom toe. Dis daar waar, selfs al staan jy kniediep in die slik
van sy bedding, besef wat lafenis is. Dis daar waar mense nie
pretensies het nie. Jy loop die pad wat almal kan sien. So kry
'n mens die minste seer.

Nog verder, 'n paar kilometer neffens die rivier, is daar 'n
stukkie hemel gemaak in 'n wêreld wat al hoe meer die hel word.
Pella. 'n Sendingstasie. 'n Plek waar die son alles wegbrand wat
paaps is tot net die eenvoudige onveranderlike waarhede van die
geloof oorbly. 'n Plek wat so gebou is dat dit kan hou totdat die
Here weer kom. Binne die kerkie het ek een keer die voorreg gehad
om in 'n gebroke handskrif op 'n vel papier teen 'n pilaar die
volgende te lees: Dankie Heer dat ek U liggaam kan eet en u bloed
kan drink totdat U weer kom.

Dankie Heer vir hierdie hemeltjie by Pella.

Want verderaan begin 'n mens 'n idee van die hel kry. Eers is
daar Goodhouse. As die warm winde winde met hulle sand jou daar
vang, word jy eers biltong gemaak voordat jou doodsbeendere
ontbloot word. Daar het ek beleef hoe 'n motor binne drie uur van
sy verf gestroop word. En waar Goodhouse darem nog winde het, is
Vioolsdrif toegevou in sy swart kranse waarin alles le en braai.

Vir meeste mense is Vioolsdrif net 'n plek waardeur jy moet rys
om by Namibi"e uit te kom. En hulle doen dit vinnig - so vinnig
dat hulle se 'Merks' en 'BlikMetWiele' teen die lang opdraendes
staan kook. A nee a, dis hier waar die ou Grote vra dat respekte
betoon sal word, veral teen twee uur die middag in Desember.

En dit is nog nie die einde nie. Want nou moet die ou Grote sy
groot draai maak om die Richtersveld vir ons af te pen. Die
Richtersveld is meestal 'n klip woestyn met berge soos hulle nog
in die oertyd gelyk het. Aan die noordekant van die rivier is
daar 'n stofvlakte wat eers ophou wanneer die Visrivier uit die
noorde met die Gariep een word. In hierdie vlakte is daar geen
lewe nie. Maar by die plek van ontmoeting staan die nooienes
kokerbome (Aloe ramossima) wat met hulle honderde verskrimpte
kokertjies gryp na iets daarbo. Kan dit reen wees? Maar hulle
massiewe voetstukke vertel 'n ander storie. Hulle soek nie genade
in 'n ander plek nie. Daar vrot hulle. Hier langs die ou grote
wil hulle bly om die verdwaalde mis wat soms langs die ou grote
opvaar, net te kan te ruik.

Wanneer die ou Grote sy draai begin klaarmaak, kry 'n mens
Sendelingsdrif en Ochta. Dit is net die ywer van 'n sendeling,
'n diamantdelwer, 'n vetplantliefhebber of 'n fotograaf wat jou
hier kan hou. Waar Vioolsdrif jou nog intimideer met hoe die hel
kan wees, gee Ochta jou 'n behoorlike voorsmaak.

Aan die einde le Alexanderbaai. Hier wil die duine die ou Grote
oorneem, maar kon hulle dit nog nie reg kry nie. Dertig jaar
gelede kon 'n mens in die winter wanneer die ou Grote se laaste
lewensbloed getap is, met vreugde van hom drink. Maar nou dra hy
eerder die hel in hom wat vanuit die ooste kom. Vrot stinkende
slyk met alles wat kan dryf daarin, komende van die stede baie
ver daarvandaan. Dan eers besef 'n mens dat Sendelingsdrif en
Vioolsdrif nie so sleg is nie. Dit is asof die ou Grote van
hierdie stede wil wegvlug, sover wes as moontlik, om in die koue
mistige see met waardigheid te kan sterf. Gaan ons hom daardie
waardigheid terug gee?

Beste wense
At de Lange
Universiteit van Pretoria

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

matriek

Vr., 19 April 1996 00:00

At 04:04 PM 4/18/96 SAT, you wrote:
> Ek hoor gerugde oor een van die plaaslike radio stasies dat
> matriek as voorvereisde vir universiteits toelaating nie meer nodig
> gaan wees nie. Sodoende kan die diskriminasie teen die agtergeblewendes
> uit die weg geruim word.
>
> Weet enige iemand of die aanname enigsins water dra ?
>
> Groete.
> Abi Coetzee
> Suid-Afrika
>
>
Nee, dis nog nie amptelik so nie, maar die hele tendens is om tersi^ere
onderwys, en veral universiteite, meer toeganklik vir die massas te maak.
anganyi (DG van onderwys) het dit al herhaaldelik gesê; nuwe Nasionale
Kwalifikasieraamwerk (NOF) bevat verskillende paaie om by universiteit uit
te kom, bv via ABE (volwassene- basiese onderwys; "adult basic education").
Die projeksie is dat daar 'n ontploffing in tersi^ere getalle kom in SA.
Daar is tans so 350 000 studente in tersi^ere inrigtings. In 2000 gaan dit
rondom 750 000 staan.

Overgesetsynde: om universiteit toe te gaan word so te sê beskou as 'n
fundamentele reg. Maw die Amerikaanse filosofie om "college"-onderwys
egalitaries te beskou, is nou ons voorland. Die elitistiese model (net die
room gaan universiteit toe, en dit het niks met kleur uit te waai nie) van
die Ooste en selfs Europa word nou in die ban gedoen. Die hartseer is dat 'n
mens grade uitdeel wat (alreeds) niks werd begin raak nie en 'n ambisieuse
jongmens eintlik van die wal i die sloot in help om hom universiteit toe te
stuur. 2 verskynsels is al tot vervelens toe uitgewys in 'n egalitariese
model: graadinflasie ("degree inflation") en die opgevoede werkloses
("educated unemployed"). Een lessie: hou jou kind ver weg van 'n algemene
graadstudie (BA, BComm, BSc, selfs regsgrade; daar is laasjaar amper 2000
LLBs uitgedeel!) aan 'n universiteit; 'n gesofistikeerde, skaars
kwalifikasie (bv CA; medies) kan nog gaan. Die beste opleiding is opleiding
vir 'n nis, wat geredelik by 'n technikon, tegniese kollege of sommer as 'n
vakleerling in die werkplek opgedoen kan word. Ons sal moet ophou neus
optrek vir blouboordjiewerk, wat in elk geval lankal nie meer
sweetfabriekwerk is nie. Die grap is eintlik op ons witboordjiedinosaurusse
met ons staatspossies (en eweneens: staatssalarissies!)

Groetnis uit New York.
Chris Claassen

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

van: BIELDT

Vr., 19 April 1996 00:00

Hi,

Ek is jammer as iemand nie saamstem dat ek inligting probeer uitvind oor
die van Bieldt nie maar daar is sover my kennis gaan geen genealogiese
groep vir Suid-Afrika nie. Dalk kan iemand so iets voorstel. Ek het nie
genoegsame kennis daarvoor nie.

Om by die punt te kom, ek soek asseblief enige inligting rakende
die Bieldt-van, glo afkomstig vanuit Duitsland. Help asseblief!

Dankie
Groete
Leon van Staden
(vsta...@telkom.co.za)

Genealogie & famieliesake | 0 kommentare

Waarheidskommissie

Do., 18 April 1996 00:00

Die Waarheidskommissie het in Oos-Londen, Suid-Afrika, begin om
getuienis uit ons land se apartheid-verlede aan te hoor.
Van die eerste getuienis het gegaan om die verdwyning en dood van
die "Cradock-vier".
Dit was vakbond-leiers van die UDF wat in die jare tagtig doodgemaak
is.
Hulle was Mathew Goniwe, Fort Calata, Sparrow Mkhonto en Nombwyselo
Mhlauli.
Mense sal hulle onder meer ook onthou omdat hulle begrafnisse destyds
wyd gerapporteer was.
Dit was die begrafnisse waarop Alan Boesak afgeneem is teen die
agtergrond van 'n reuse rooi vlag van die SA Kommunistiese Party.
Stukkies van die getuienis hieronder kom uit Beeld van 17 April
1996.

"Mev. Calata het vertel dat sy Fort se lyk gaan uitken het. Sy hare
was uitgetrek, sy tong was baie lank, sy vingers was afgekap en hy
was vol wonde. Sy broek was vol bytmerke.
'Jy kan dit nie glo dat honde ook deel aan die saak gehad het nie,'
het sy gesê. Na die begrafnis is sy uit haar huis gesit omdat sy
nie kon betaal nie
"Ek wil net weet wie dit gedoen het. As die kommissie kan help met
my kind se opvoeding. Ek kan nie vir hom skoene koop nie."


"Mev. Mkhonto het gese haar man is twee keer in die kop geskiet, met
'n mes gesteek en verbrand. 'My man se dood het my lewe onstabiel
gemaak. Hy was alles in my lewe. Ek moet baie vrae van my kind
beantwoord. Vandag vra hy dit, more dat. Ek het nie 'n man nie
en hy het nie 'n pa nie. Hy is in st 9 en vaar goed.'

"Mev. Mhlauli het begin huil toe sy se haar man se lyk was in 'n
verskriklike toestand. Sy lyk het 43 wonde gehad. Dit was veral
steekwonde in die bors. Daar is suur op sy gesig gegooi. Sy
regterhand was afgekap. Sy wil weet wie dit gedoen het sodat die
verlede begrawe kan word."

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1620  1621  1622  1623  1624  1625  1626  1627  1628  1629  1630  1631  1632  1633  1634  1635    »]
Tyd nou: So. Mei 31 19:38:08 UTC 2026