Dit is 'n algemene gebruik by digters om die stuk
aarde, waar hulle hul kinderjare deurgebring het,
te gebruik in later jare as 'n simbool vir Eden, die
toestand van onskuld voor die Val. Toon van den
Heever praat van die Hoeveld "waar jy baie ver kan
sien." Leipoldt vul ons met die kleure en geure van
die Hantam. Boerneef bring ons die Boland. Opperman
se gedigte is vol van die subtropiese klimaat en etniese
diversiteit van Natal. Ferdi Greyling beskryf sy kinder-
jare in Oudtshoorn so in "Voor die Val."
In die Klein Karoo het ek geweet
dat die Swartberge elke oggend
soos kerkorrels weer uit my drome sal verrys.
En dat die bougainvilleas elke dagbreek weer
uit die stof sal opstaan
om in pers vlamme teen die bome te dans.
Daar het ek die wonderwerk van elke dag gesien.
En geglo.
Heel die dag lank
het ons met fietse deur die strate gebid
en hallelujas in die sagte gras gelag.
Met pakkies Lucky Strikes
het ons skelm psalms agter die heinings gerook
en met meisies onskuldig soos Post Toasties
het ons nagmaal in die stil skemer van die bioskoop gehou.
In die ligblou lug,
wyd en glad soos 'n stil rivier,
het die tierende son elke middag laat
in die Klein Karoo
soos 'n oopgesnyde waatlemoen
ondergegaan.
En dan het die soet nag
om ons
soos 'n donker vrug oopgebreek in sterre
en die koel aand het sag soos water
deur die strate van die dorp gespoel.
Terwyl die saad van nog 'n heilige dag
op die sypaadjies ontkiem het.
Ek het in Noordelike Kaapland grootgeword. Daarom
is die paar gedigte van Donald Riekert wat ek ken vir
my veral kosbaar. Hier volg sy gedig "Pofadder." Daar
is 'n plek wat Pofadder heet in die droe geweste suid
van die groot eilande van die Oranje-rivier, waar ek my
kinderjare deurgebring het.
Die pofadder le
een tand mond oop
oor Boesmanland
sy lang tong
laat staan die son stil
rooi in die waas
van sy groot asem
sodat vir baie jare
die veld droog is
en niks wou groei
net brakbos blom
In die gedig "Pionier" ontsluit Riekert vir my 'n
ou herinnering: die kleur en die snaakse syerige
tekstuur van die peul van die kameeldoring:
Jy het nie sommer net
hier gebly nie
sommer net gelewe nie
met jou kort vingers
het jy takke van die
kameeldoring gebuig
en die vaalblou peul gepluk
met jou eie hande gemaal
en gesif as kos vir die bees
in die halfwoestyn
sodat ons wat kinders was
die melk kon drink
met die snaakse peulsmaak
Omdat ek op een van die vrugbare eilande in die
Oranje grootgeword het, het ons koeie nooit peule
hoef te eet nie! Ek onthou egter die kameeldoring-
boom ook vir sy lang wit baie skerp dorings (wat
as grammofoon-naald gebruik kan word). En die
wortels van die kameeldoringboom, as jy dit sag
kap, ruik verskriklik sleg. Die skoolseuns het dit
in die klaskamers versteek en op lang warm middae
van menige onderwyser so ontslae geraak.
----------
Van: Eds Keizer[SMTP:...@noord.bart.nl]
Verzonden: woensdag 24 april 1996 23:39
Aan: wage...@xs4all.nl
Onderwerp: Afrikaans
Ek het by toeval hierdie bladsy gesien. Ek is baie geinteresseer in Sa =
adresse van mense wat op Internet bereikbaar is. Ek soek naar =
aansluitinge in die nabyheid van Potgietersrus, waar vriende van my woon =
in Swartwater. Kan jy dit vir my uitsoek en my laat weet? Baie dankie.=20
In article ,
We...@ppc.westview.nybe.north-york.on.ca says...
>
> Hi my name is Werma Bandoo. I am an OAC (grade 13) student at Westview
> Centenial Secondary School. I am looking for any suggestions on books or
> authors of different cultures. We are trying to change our school system
> through the inclusion of more books and authors of different cultural
> backgrounds. Any suggestions will be greatly appreciated. Thank you.
Hi Werma,
I saw your posting on the Afrikaans newsgroup.
I read it regularly because I was born in South Africa.
However, I am a Canadian citizen now and live in Ottawa,
not very far away from you.
I hope people in South Africa will answer you too.
However, I think I could be of limited help. But then you
you will have to tell me a few things.
(1) Are you interested in books about the South African
cultural scene written in English or French only, or
are you looking for samples of the actual language
Afrikaans? (At this stage I would like to remind you
that South Africa now have 11 official languages. So
please do not forget Zulu, Xhosa, Tswana, Sotho, Pedi,
Venda, Swazi. I hope I have that right. Two East Indian
languages are also recognized as official languages in
South Africa.)
(2) By contacting the South African High Commission
in Ottawa you could probably acquire some material
in the different languages. They will also send you
excerpts and summaries of editorials from South
African newspapers on a regular basis. It may be use-
ful for your school to start getting these. They are free.
If you e-mail me, I can contact them for you and ask
them to send you things.
(3) If you want samples of the language Afrikaans I could
perhaps also help you on a limited basis. I do not have
many Afrikaans books, and would not want to part with
them in any case. But I could e-mail you a number of
poems in Afrikaans, and provide translations for them.
Looking forward to hearing whether I can be of any help.
Gloudina Bouwer
Leendert van Oostrum (OOS...@scientia.up.ac.za) wrote:
: On 22 Apr 96 at 6:58, Jeffery Zucker wrote:
: [ interessante waarnemings oor vervanging van nederlandse woorde met
: Franse geknip...]
: >
: > NEDERLANDS AFRIKAANS
: >
: > cadeau geskenk
: > chantage afpersing, afdreiging
: > college kursus
: > diner; souper aandete
: > etage verdieping
: > etalage winkelvenster
: > jus (vleis)sous
: > jus d'orange sinaasappelsap
: Nee! "sinaasappel is heeltemal onbekend in Afrikaans. Afikaans
: gebruik, sover ek weet, "lemoen". Waar Nederlands "lemoen" gebruik,
: is die Afrikaans "suurlemoen". - dis nou hoe ek dit het, maar ek mag
: verkeerd wees.
: > portemonnaie geldsakkie
: Afr: "beurs/beursie"??
: > trottoir sypaadjie
: >
: >
: > Enige ander voorbeelde?
: >
: > Jeff
: >
: Leendert van Oostrum Telephone: +27-12-4203656
: UNIVERSITY OF PRETORIA Fax: +27-12-432863
: (Which does not neces- e-mail oos...@scientia.up.ac.za
: sarily endorse opinions experessed here)
Het Nederlands heeft in bijna alle bovenstaande gevallen
ook het equivalent van het Afrikaanse woord, alleen soms met een
verschil in betekenis tussen het oorspronkelijke woord en het Franse
woord. Vaak is het Franse woord "sjieker". Ik ken ook cafe's in
Nederland waar onderscheid gemaakt wordt tussen Jus d'Orange
(uit een flesje of pak) en Sinaasappelsap (vers geperst).
Voor portemonnaie kun je ook beurs gebruiken (is zelfs zeer gebruikelijk
in Friesland) en voor trottoir is stoep het gewone woord.
In het Nl komen afdreiging, winkelvenster, geldsakkie en sypaadjie
niet voor. Kortom zo rechtlijnig als hier voorgesteld is het zeker
niet.
Hou gaan dit?
My Afrikaans is nie so good nie...So if
you don't mind, I will stick to my mother
tongue.
My family and I lived in South Africa from
1975 to 1978. We lived in Bryanston in the
Transvaal. I matriculated from Bryanston High
in 1977.
I have lost touch with two very good friends.
Martin Hatchuel and Jenny Maier. Martin was
in the Army, then began working in hydroponics.
I believe his family lives in Johannesburg.
Jenny graduated from Univ. Cape Town and I
belive she is living in Randburg.
It seems the world is getting smaller and smaller.
I thought I would take the chance and see if I
could find them.
Ons (De Kat-tydskrif) het mense met nie-afrikaanse name lukraak uit die
telefoongids opgebel en gevra hoe sien hulle "die Afrikaner". Dit het nie by
een mens opgekom om te sê Afrikaners is modern, kreatief, ondernemend, stylvol
liberaal ens. nie... Verder is dit duidelik dat almal aan Afrikaners as
witmense gedink het. Hier is die resultate. Is ons almal regtig so?
"Afrikaners is baie konserwatief, selfs die wat sogenaamd liberaal is."
"Eerlik en spontaan."
"Rigied, onverdraagsaam, hardkoppig en bang vir verandering."
"Laat my dink aan Bloemfontein en rugby"
"Innerlike krag en oortuigings."
"Eers het ek gedink hulle is brutaal en wreed, nou dink ek hulle is plat-op-die-aarde."
"Straight en oop."
"Sterk vroue; eerlik oor hul politieke oortuigings."
"Normaal."
"Gasvry en trots; streng morele kode en Christelike waardes. Aardse sin vir humor."
"Plaasmense op klein dorpies. Crimplene-rokkies."
"Nie so sleg nie. Bedreig en bang. Trots."
"Die mans hou almal van dieselfde motor: Ford. En rugby en rooivleis. Die ouer tannies het pers gekrulde hare, die ooms baie kort hare. Die jong mense lyk maar soos enige volksgroep. Rigied, sin vir humor, godsdienstig en baie vriendelik."
"Mans hou 'n macho-beeld voor; maar is gaaf as jy hulle beter leer ken."
"Sin vir humor wat buitestaanders nie altyd verstaan nie."
"Opreg, konvensioneel, tradisioneel, gasvry, godsdienstig."
"Vroue verkies mans wat vir hulle voorsien bo loopbaan. Mans verkies tuisteskeppers."
"Mans drink baie; macho"
"Meisies in leersandale met green grimering en los gewade; en Boere wat gaaf, vriendelik en gemoedelik is."