Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » ongekunsteld
ongekunsteld [boodskap #151715] So., 31 Mei 2026 09:38
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25321
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
ongekunsteld
Afbreking: on•ge•kuns•teld
Samestelling: on- + gekunsteld


Byvoeglike naamwoord: ongekunsteld
Vergrotende trap: ongekunstelder
Oortreffende trap: ongekunsteldste
Attributief: ongekunstelde
Partitief: ongekunstelds

Betekenis:
• Wat eenvoudig, opreg en eerlik is; sonder aanstellery.

Gebruik:
• Die kind glimlag ongekunsteld toe hy sy pa sien.
• Kom ontdek die ongekunstelde eenvoud van die platteland.

Sinoniem:
• eenvoudig
• eerlik
• naïef
• natuurlik
• ongeveins
• ongesofistikeerd
• ongedwonge
• onpretensieus
• opreg
• onskuldig
• pretensieloos
• spontaan

Antoniem:
• gekunsteld

Afgelei:
• ongekunsteldheid

Vertaling:
Engels: simple, natural, unpretentious, unaffected
Nederlands: ongekunsteld

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: heuningbos
Volgende onderwerp: ontspruit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Mei 31 10:38:11 UTC 2026