Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » donderslag
donderslag [boodskap #151717] So., 31 Mei 2026 10:16
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25323
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
donderslag
Afbreking: don•der•slag
Samestelling: donder + slag


Selfstandige naamwoord: donderslag
Meervoud: donderslae
Verkleinwoord: donderslaggie
Meervoud van verkleining: donderslaggies

Betekenis:
• Die harde dreuning van weerlig, 'n kanonskoot, ens.

Gebruik:
• Die mense het gewonder wat aangaan toe hulle die onverwagte donderslag hoor.
• Toe ons die donderslae hoor, het ons van die sportveld verlaat.

Spreekwoord:
• Soos 'n donderslag by helder lug. [Skielik en onverwags.]
• Van 'n skeet 'n donderslag maak. [Iets erg oordryf.]

Sinoniem:
• donderknal

Vertaling:
Engels: thunderclap, thunderbolt
Nederlands: donderslag

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: ontspruit
Volgende onderwerp: toebind
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So. Mei 31 12:43:27 UTC 2026