Ontvang daagliks u Boerenuus via die e-pos stelsel.
Stuur boodskap aan:
bo...@boer.co.za
Subscribe boerenuus
NUUSKOMMENTAAR, MAANDAG 27 JANUARIE 1997
Die jongste berigte oor wanbetalings in die staatsdiens van Natal, is
'n
sprekende voorbeeld van wat op die belastingbetalers van Suid-Afrika
wag.
As die berigte waar is wat deur die media versprei word dat sowat
10,000
salaristjeks maandeliks uitgereik word aan persone wat nie in diens
van
die owerhede is nie, dan kan die vraag met reg gevra word hoeveel
ander
mense in die land ontvang soortgelyke salarisse terwyl hulle nie in
diens
van een of ander departement is nie.
Die mees ontstellende hiervan is dat daar mense is wat salaris ontvang
terwyl hulle by die ouderdom van negentig jaar is, terwyl ander so
jonk
as vier jaar is. Die verskoning wat aangebied word, is dat mense wat
wel
in diens is, se identiteitsnommers verkeerdelik ingevoer is op
databasisse van rekenaars. Wat egter vreemd voorkom is die feit dat
verkeerde ID nommers tog nie toegeken kan word aan mense wat nie op
die
betaalstaat van die staat is nie. Die vraag ontstaan eerstens hoe het
die name van mense op die databasis gekom as dit nie deur 'n amptenaar
ingelees is nie?
.../2
Die noodwendige gevolgtrekking wat hieruit gemaak kan word, is dat
iemand
besig is om op groot skaal geld te steel van die belastingbetalers van
die land.
Alhoewel diefstal nie 'n nuwigheid is nie, en veral nie in die
sogenaamde
Nuwe Suid-Afrika nie, bly dit tog vreemd dat hierdie soort van
handeling
so drasties toegeneem het sedert die ANC aan bewind geplaas is. Sou
dit
gedoen word uit die magsug van amptenare wat nog nooit die behoefte
gehad
het om harde en eerlike werk te doen vir die vergoeding wat hulle
daarvoor ontvang nie? Of is dit gewoontemisdadigers wat voortgaan met
misdaad terwyl hulle in verantwoordelike poste aangestel is? Is dit
moontlik dat soveel geld oor so 'n lang periode uitbetaal kan word
sonder
dat daar behoorlike kontroles ingebou word? Hoeveel geld is onwettig
uitbetaal gedurende die afgelope drie jaar van ANC bewind, en hoeveel
gaan nog op soortgelyke wyse uitbetaal word in die komende twee jaar
voor
die algemene Verkiesing in 1999?
Die antwoord op al hierdie vrae word al duideliker namate die land
verder
in chaos verval.
..../3
Die talle voorbeelde van wanbestuur en wanadministrasie dui daarop dat
Suid-Afrika geensins anders geword het as die meeste ander Afrikastate
nie - 'n korrupte en bankrot land is ons voorland indien die tendens
voortduur!
Al hierdie gebeure moet aan die voete van die vorige regering gelê
word.
Dit was hulle sogenaamde onderhandelingspan wat veroorsaak het dat
die
landbestuur in die hande van onopgeleide en onbekwame mense gelaat is.
Dit is hulle en diegene wat blindelings agter hulle aangeloop het, wat
met misleidingstegnieke die kiesers op die dwaalspoor van vernietiging
geplaas het met hul "Ja-stem verkiesing". Dit was hulle leiers wat
van
vergadering tot vergadering die kiesers oortuig het dat hulle die
verkiesing kan wen, en later hoog opgegee het dat 'n sogenaamde
regering
van nasionale eenheid die ware jakob is vir Suid-Afrika. Die gevaar
van
apartheid is deurlopend voorgehou as die beleid wat vernietigend is
vir
die vrede, voorspoed en veiligheid van al die mense in die land.
Nou het al die misleiding geboemerang. Selfs die oortuigde meneer
F W De Klerk moes later erken dat die regering van nasionale eenheid
nie
werkbaar is nie - en daarmee lei hy die volgende fase van misleiding
in
deur kiesers te probeer oortuig dat 'n sterk opposisie die antwoord
het.
..../4
Maar die kiesers van Suid-Afrika is besig om hierdie misleiding te
verwerp. Hulle nuwe plan om alle blankes saam te snoer in een
beweging
wat eintlik 'n koalisie sal wees, sal moontlik enkele kiesers mislei.
Die groot meerderheid het dit waarskynlik reeds verwerp, en sal sy
pleitbesorger weer as 'n leier aanvaar nie. En as hy moet plek maak
vir
'n ander koalisieleier, sal dié ewe min aanvaarbaar wees.
Boere-Afrikaners het reeds hul eie volkleiers geïdentifiseer. Daardie
leiers staan onwrikbaar by ons grootste ideaal, naamlik, om weer 'n
vry
volk te wees.
Intussen sal die korrupsie, anargie en chaos voortduur tot die volk
weer
saamgesnoer is rondom die ideaal van volkome vryheid in ons eie land.
Maar daardie vryheid sal nie goedkoop verkry word nie - want geen ware
vryheid is goedkoop nie - veral nie die vryheid van die
Boere-Afrikaner
nie.
Dankie vir die belangstelling. Ek is trots op my moedertaal, Afrikaans, en wil
graag die taal bevorder, sosiaal, akademies en kultuur. Ek wil graag van
belangstellendes hoor in die omgewing van Kaapstad wat daarin belang sal stel
om periodies (maandeliks) bymekaar te kom om sake aangaande Afrikaans te
bespreek. Die onderwerpe kan redelik wyd uitlopend wees, maar is ten doel om
Afrikaans te bevorder.
Alle belangstellendes kan my via e-pos kontak.
Ek sien uit na julle reaksie!
Groete
Gerhard
(N.S. Miskien is daar alreeds sulke groepe in die omgewing, laat my weet.....)
In article xfi...@xs4all.nl writes:
> From: xfi...@xs4all.nl
> Subject: Re: Vir Herman..in the desolate land
> Date: Sun, 26 Jan 1997 02:58:17 +0100
> Defoe says that there were a hundred thousand country fellows in his
> time ready to fight to the death against popery, without knowing whether
> popery was a man or a horse.
> William Hazlitt (1778-1830), English essayist. Sketches and Essays, "On
> Prejudice" (1839).
> xfiles
Ek het nogal dieselfde gevind met mense in die buiteland rondom die ding van
"apartheid".
Soos die Deense vroutjie wat my fisies te lyf gegaan het toe sy hoor ek is van
Suid-Afrika.
As iemand my sou vra wat die grootste gedig
in Afrikaans is, sou ek die volgende gedig kies:
DIS AL
Jan F.E.Cilliers
Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.
Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.
Dit het my spesiaal getref toe ek die volgende
woorde van Mathews Phosa lees in November
1996 uitgawe van De Kat, waarin daar 'n onder-
houd met hom is, gedoen deur Johann de Lange.
"Cilliers het sy gedig 'Dis al' nie bedoel as
revolusione^re gedig nie, maar as ek dit lees
dan besef ek hy praat van vroue wat in kon-
sentrasiekampe geplaas is, wat verkrag en
vermoor is. En ek dink: wat van die town-
ships, van my eie ervarings.Ons moes 'n les
geleer het uit daardie ervaring, maar ons het
nie. Dit het ons meer as veertig jaar geneem
om die les te leer, maar dit is goed dat ons dit
geleer het...."
Dit ontroer my dat 'n nuwe geslag ook hierdie gedig
as betekenisvol kon sien, hul eie kon maak.
In die land van die kosmosvelde
is dit tans
met pienk en wit blomme uit sjina
en met ekstatiese skoenlappers
somer
In daardie land se hemel
is daar omgekeerde
aarde.
Storms sak bestraffend
vyfuur in die middag,
swaarweer van 'n moeder,
op die kinders uit.
In daardie land van geel gras en van lou reëns
is my vriende tans leeus.
In hulle oë is 'n veldbrand aan die groei.
Die reënvoëls styg loodreg as hulle aankom;
hulle verbaster en word bruin en roep na Afrika
en sy kom na hulle aangeloop soos 'n gewapende man.
Die mooi seuns met die blou-blou oë wat ek byna ken,
het tans hul meesterlike speelgoed in die hand.
Daar slaap die groot masjiene met die een oog oop
(blits kom tweebeen aangestap) en die ander oog,
die karbied-oog van die jagter,
soek dorstig na sy prooi.
Ek ken die land. Daar is ek 'n vreemdeling
met blou en wit gekleurde fabels in my hand -
'n delfse dogtertjie wat kwyn.