Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Happy Birthday in Afrikaans

Ma., 20 Januarie 1997 00:00

Maria Jesus Sabugo Alvarez wrote:
>
> I'd like to know how to write "Happy Birthday" in afrikaans .
> And where I can find tipical expressions in Afrikaans.
> Does anybody could help me ?
>
> Thank you very much.

Gelukkige Verjaarsdag

is the Afrikaans for Happy birthday

Vollie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Snaakse plekname

Ma., 20 Januarie 1997 00:00

Ek blaai nou die dag deur my Reader's Digest Atlas en kom op 'n plaasnaam
met die naam "LOSMYTJERRIE" af. Nou wonder ek, wat is die storie agter die
een?

Ander name so in die verbygaan:
Eleven O'clock
Slegverby
Bommerhoek
Berg-van-Vlie"e
Verdwaal
Lekkerlag
Papiesvlakte

En hier in Pretoria, as jy na die ooste toe ry en jy vat een pad gaan jy na
Welbekend, en vat jy 'n ander een net 'klein entjie daarvandaan gaan jy na
Onbekend (vir die wat Pretoria ken - die eenpad is Lynnwoodweg, die ander
Menlynweg)

Maar met water het ons voorsate definitief 'n probleem gehad, sowat van
-fontein, -water, -spruit name vir plase nog nooit gesien nie.

Die enigste ding is (dinges?) is ek verstaan nie die swart name nie, iemand
vir ons so 'n paar vertalings van swart plekname dalk. Die Engelse plekname
is maar redelik saai.

Groetnis
Dries Venter
Pretoria

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Johannes Kerkorel CD!!!

Ma., 20 Januarie 1997 00:00

Hello daar,

Ek was in SA vir die eerste keer in 8 jaar. Ek het op die radio n knaap
met die naam van Johannes Kerkorel se music gehoor. Heel nice. Ek wil
weet of jy n CD het?

Baie dankie
Charl

Musiek & liriek | 0 kommentare

POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER

Ma., 20 Januarie 1997 00:00

Aussie skryf: (van 'n "Pofadder")

> "Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
> jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
> ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
> 'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die kole....!"

Ek het so 'n pofadder ge-eet eendag op 'n plaas naby Bronkhorstpruit
(dronkwordspruit soos ons geseg het).

Ek moet erken ek hou nie van afval nie, en DIE wors het nogal grillerig
gelyk, (dit lyk wragtie nes 'n pofadder). Maar dit was toe verskriklik
lekker. Ek kon net nie baie eet nie, want dit was vreeslik ryk.
Die ou wat dit gemaak het was 'n skaapboer, en hy het geweet wat hy doen.
(Skaapboere weet gewoonlik wat hul doen...)

Dit laat my nou dink aan potjiekos. 'n ou het eenkeer hier vir potjiekos
resepte gevra. Ek kry Kersfees by skoonma 'n potjiekos boek (en 'n
pragtige knipmes). Die boek is vol resepte ens, maar ek mis toe die STORIE.

Potjiekos gaan nie vir my oor ellelange lyste van bestanddele nie.
Dis sommer kak. Die boere bv., het in die ou dae potjiekos gemaak,
so geloof ek, oor praktiese redes.
Die boere het nie die bestanddele en die tyd gehad
om heeldag te karring met kos en resepte nie.
Hulle het wild geskiet, (en wild kan maar taai wees!)
en dit dan in die pot gesit.
Dan het hulle gaan doen wat boere nou maar doen.
(leeus en Engelse skiet ens, of wat ookal...)
As hulle dan weer terugkom,
is die boere honger en die potjie se vleis heerlik sag.
Die pot leen hom daartoe: Jy kan hom aan die gang kry
en as die vuur lank al doodgegaan het,
pruttel die pot nog lustig voort.

Dit is ook soos ek die driepootpot in die Transkei leer ken het.
(Lank voor die terugkeer van die potjie onder blankes in die tagtigerjare)
Die swartes in die transkei het die pot met droë miskoeke laat kook.
Miskoeke brand lekker stadig, en hou die pot aan die prut.
(Dit "recycle" sommer die bees se stront ook).

Ek het ook gehoor iewers dat die drie pote van die driepootpot
gebruik is deur die boere gedurende die slag van Bloedrivier.
Die boere het die pootjies afgekap en dit as grofgeskut gebruik
in hul kanon, genaamd Grietjie. Arme Zoeloes!

Ons moet die POTJIE heeltemal dekonstrueer
en na sy wortels toe terugbring.
Die potjie moet afgeneem word van yuppies wat ellelange resepte
daarin kook en dit op gedekte tafels voorsit.
(onder andere "vegetariese" potjies, verbeel jou !)
Hulle maai.
Die pot behoort aan eenvoudige mense wat ryk van gees was,
of hulle nou in 'n hut of 'n ossewa bly of gebly het.
Jy maak so:
Jy vat 'n vleisie met kruie en 'n paar uie en so aan,
neuk dit in die pot, braai bietjie en gooi dan rooiwyn op.
Vergeet van die pot. Hy prut op sy eie.
Skink 'n dop, maak 'n pyp, lees 'n boek, of gaan vang vis.
As jy terugkom is die kos reg.
Of kook pap of bak brood daarin (dit smaak anners).

Van pot tot pot, Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: POFADDERS, POTJIEKOS, ZOELOES, YUPPIES en BLOEDRIVIER

Ma., 20 Januarie 1997 00:00

On 20 Jan 1997 16:24:38 GMT, gal...@ibm.net wrote:

>>

Na aanleiding van die ewige satanisme wat in SA opduik en
langspeelplate van rock-musikante wat glo satanistiese boodskappe sou
uitspel as dit verkeerdom gespeel word, was daar die grap so 'n paar
jaar gelede:
Wat hoor jy as jy 'n Bles Bridges plaat verkeerdom speel?
Antwoord: 'n Potjiekos-resep.

Vir die wat lank weg was: Bles Bridges kom van die Oos-Rand, dra glo
'n pruik en sing op maat van soet viole soos 'n mislukte Ge Korsten.

Vir die wat nog langer weg was: Ge Korsten is 'n Pretoriase
operasanger wat dit nie kon maak nie.

Bles Bridges het dus so 'n dun skreeustem met sulke effens gladde
tenoor-rante. So half nasaal met 'n kleinburgerlike intensiteit.
Hy sing van die liefde en van rose en van seemeue en die liefde en die
rose en wind en die seemeeue en die rose en so aan.

Hy was 'n paar jaar gelede die darling van die ouerige Afrikaanse
tannies op die platteland.

Die wat gereeld NG Kerk toe gaan maar net ses boeke in die huis het:
Die Bybel, 'n Boek oor die Bybel, Huisgenoot se kitsresepte, Nog
kitsresepte van Huisgenoot, Iets van Audrey Blignault wat nooit gelees
is nie en 'n Engelse Mills and Boon wat daar rondle.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Dolosse" deur DONALD RIEKERT

So., 19 Januarie 1997 00:00

DOLOSSE
Donald Riekert

In Ma se swart pot
lê die dolosse onder
die skedel se leë oë
krap ek my geluk
in osse en perdjies
klim die toormannetjies
uit die wonderpot

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Absa se gebrek aan Afrikaans

Sa., 18 Januarie 1997 00:00

Hallo almal

Wil julle nie asseblief help om druk op Absa te sit nie: Hul
tuisbankdiens op die Web (www.absa.co.za) is net in Engels.

'n Stukkie E-pos na ab...@absa.co.za wat beswaar aanteken, kan dalk help
om hulle tot ander insigte te bring.

Groete

Deon Meyer

Ekonomie & geldsake | 23 kommentare

Twee gedigte van FERDI GREYLING

Sa., 18 Januarie 1997 00:00

STIL-LEWE
Ferdi Greyling

hy word die gewoonte van elke dag
hy drink koffie, lewe sy lewe
in die geraamte van sy glimlag
en speel met die sterfgevalle van sy hande

hy raak versoen met sy kruis
en raak een met christus
wat daagliks rooi angeliere
op lasarus se graf gaan sit

WEEKLAG VAN DIE FASCISTIESE FLIEKGANGER

Toe jy nog die ster van my dae was,
was elke dag 'n full house.
Jy was 'n kommersie"le sukses.
Jy het 'n kritikus aan jou voete gehad.

Saam was ons 'n musical,
'n komedie,
en 'n serious fliek.
Alles in een.

Jy het die fees van my hart gewen.
Jy was kommentaar op my tyd.

Jy was die twist aan die einde.

Ek het nog geskaterlag van vreugde
net voor die moordtoneel.
Net voor die vryheidsvegters in die agterste ry
opgestaan het
en alles stukkend geskiet het
- skerm, projektor, draaiboek - die hele works.

Jy en die lewe het julle loop geneem.
Die fliek moes toemaak.
Die gebou is gesloop.

En nou sit ek hier
tussen my onderdanige woorde.

'n Sukkelende fascis.
Uitgelewer aan die glinsterende wind
en die fluisterende weer.


(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: alles behalwe vervelige nuusgroep

Sa., 18 Januarie 1997 00:00

Ek raak in die war met al die Kose op die groep.
Maar ek weet seker dat die groot gros Afrikaners (diegene die so graag
gedifinieer wil word as sodanig) besonder verkramp is. In denke, voele en
in aksies.
Ek sou werklik graag wou weet van die Ernstige Afrikaners in die NG hoe
hulle sigself definieer en wat die waardes en sg. kultuur is wat dan veral
in die Taal (DIE TAAL soos in monument) tot uitdrukking kom.
En so tussen twee hakkies, ek hou van die musiekgroep TANANAS)

Vriendelike groet
Xfiles

English can be shared and enjoyed by so many:
It is now quite lawful for a Catholic woman to avoid pregnancy by a resort
to mathematics, though she is still forbidden to resort to physics and
chemistry.
H. L. Mencken (1880-1956), U.S. journalist. Notebooks, "Minority Report"
(1956).

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

hier's een vir julle

Vr., 17 Januarie 1997 00:00

Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
Breyten nie.

Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)

Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
want verder is ek met kennis maar karig bedeel

Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
die mense, die plekke, die boeke en die weer
maar eintlik is ek vir die land skytbang
ek hoor dan die plek word deur swartes beheer

Ek sit in die vreemde en maak baie geld
vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
hoe droog is die karoo en die ou bosveld
hoe kraak die smiles tussen swart en wit

maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
my oordele vel oor die politiek
ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek

solank jy my uitlos en my net nie vra
om terug te keer na Suid-Afrika

Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
te dui, soek maar)

herman

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «  ‹  1558  1559  1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571  1572  1573  ›  »]
Tyd nou: Sa. Okt. 24 07:55:38 UTC 2026