JUST SOME INFO FOR ANYONE OUT THERE WANTING TO LEARN AFRIKAANS (OR LOOKING
FOR AFIKAANS RESOURCES).
I FOUND THIS INFO AT ANOTHER SITE AND COPIED/PASTED HERE FOR THE BENEFIT
OF ANYONE WHO IS INTERESED IN LEARNING THE AFRIKAANS LANGUAGE:
-ANDREW
> To Everyone Who Wants To Learn Afrikaans:
>
> Antonie has suggested that I share some information
> on how to learn the language.
>
> 1). Antonie found this web site address which I'm
> including here:
>
> http://pathfinder.com/@@ctDRVgQAMGt3euLI/travel/language/
>
>
> 2). If you have (as a web browser) either Netscape Navigator
> 3.0 or Microsoft Internet Explorer, version 2.0 (or above)
> AND if your web browser is Java enabled (for Java applets),
> you can subscribe to a free online Afrikaans course at:
>
> http://www.studyonline.com
>
> Note: the course is free of charge, but it uses language flash
> cards based upon a Java applet. If anyone, who has Navigator 3.0
> (we do), knows how to equip or enable that browser with Java,
> PLEASE let me know.
>
> 3). Susan Mullen (thanks again, Susan) told me about a
> fascinating bookstore in Cambridge, MA. called Schoenhof's
> Foreign Bookstore. They do carry some Afrikaans books and
> language tapes. Their web site is:
>
> http://www.schoenhofs.com
>
> Just click under languages and you can choose which
> language (under which you want to hunt for books).
> I downloaded the Afrikaans book list, which I will
> put out in a minute. For more information,
> you can call Schoenhof's bookstore at (617) 547-8855.
>
>
>
> The lst of 11 available books and tapes on how
> to learn Afrikaans includes:
>
>
> Subject: Afrikaans Reference
>
> 1). LANGUAGE 30 AFRIKAANS (AUDIO-FORUM)tapes.
> Publisher:AUDIO-FORUM. Price: $21.95
>
>
> 2). TEACH YOURSELF AFRIKAANS
> Publisher: (NATIONAL TEXTBOOK CO)
> Price: $16.95
> Note: I have this book and I'm very pleased with it. It teaches the
> language as it is used in day to day situations, e.g. in
> the office, giving directions, visiting a doctor, etc.
>
> 3). Author: BOSMAN,D.
> AFRIKAANS ENG VV SCHOOL DICTIONARY
> Publisher: (NASOU-NASIONALE OPVOEDKUNDIGE)
> Price: $29.95
>
> 4). Author: BOSMAN,D.
> TWEETALIGE WOORDEBOEKR>
> Publisher: (TAFELBERG)
> Price: not given
>
> 5). CONVERSAPHONE AFRIKAANS LANGUAGE COURSE IN 1 CASSETTE
> Publisher: (CONVERSAPHONE)
> Price: $9.98
>
> 6). Author: DONALDSON,B.
> GRAMMAR OF AFRIKAANS
> Publisher: (WALTER DE GRUYTER INC)
> Price: $175.00
>
> 7). Author: GROENEWALD,P.
> LEARN TO SPEAK AFRIKAANS
> Publisher: (SHUTER & SHOOTER)
> Price: $8.95
>
> Note: I have this book. The really nice thing about it is that
> the author begins by using words that are the same in both
> English and Afrikaans.
>
> 8). Author: HOLLOWAY,G.
> PAINLESS AFRIKAANS
> Publisher: (JUTA)
> Price: $13.95
>
> 9). Author: KRITZINGER,M.
> AFRIKAANS ENG VV DICTIONARY
> Publisher: (HIPPOCRENE BOOKS)
> Price: $11.95
>
> 10). Author: KRITZINGER,M.
> GROOT WOORDEBOEK AFRIKAANS ENG VV
> Publisher: (VAN SCHAIK)
> Price: $59.95
>
> 11). Author: KRITZINGER,M.
> SKOOLWOORDEBOEK AFRIKAANS ENG & VV
> Publisher: (VAN SCHAIK)
> Price: $29.95
On 15 Jan 1997 19:33:49 GMT, "Albert Cruywagen" <alb...@icon.co.za> wrote:
<<>Enige inligting oor enige van NP van Wyk Louw se werk in Engels vertaal
> (gepubliseer of nie) sal waardeer word.
>
> Alpha Charlie>>
Guy Butler het 'n paar vertaal in 'n boek van Engelse vertalings van
Afrikaanse digters. Dit was in die jare 70.
Dan het Adam Small ook 'n hele klomp vertaal in die 80 wat deur
Tafelberg of H &R gepubliseer is. Dit het egter swak kritiek van
iemand soos Andre Brink gekry. Maar dit is daar en dit is
waarskynlik ten minste aanvaarbare vertalings.
die volstruis
'n vo"el na my hart
ek het haar bestudeer en begryp
nou wil ek haar naboots
die volstruis weet waarom sy border toe gaan
sy doen dit as sy haarself moet verdedig
haar eiers en kleintjies moet beskerm
teen die aankomende gevaar
wie verdedig julle, die swart "border-gangers"?
wie se nes verdedig julle
wie se kleintjies?
ek wens julle was volstruise
en het geweet wat goed is vir julle
ek sal nooit 'n berg bou
voor die rivier wat in my rigting vloei nie
ek is mos 'n volstruis
daardie water is nodig
om my dro"e land te benat
om die vuur wat my brand te blus
ek is 'n volstruis
vo"el van my hart
NOU BID EK
God, help my, ek swem in ongeregtigheid,
in sonde is ek gebore.
My geloof laat my daagliks in die steek:
ek wil, maar ek kan nie altyd nie.
Hooghartig is ek teenoor my medemens.
U weet hoe ek teen hulle diskrimineer
omdat hulle te wit is.
God, help my, ek is 'n sondaar.
Die genade wat ek daagliks van U vra, het ek nie,
want ek gryp, skop en spoeg in hulle gesigte.
Al wat ek afstaan, is krummels
wat hulle moet opraap om te oorleef.
My hart het lankal verklip,
ek lê nie meer wakker oor my sondes nie.
Daarom vra ek 'n sagte en wyse hart
om menslik teenoor my mense op te tree.
Siende dat hierdie nuusgroep bykans volledig bestaan uit die pos van
sentimentele gediggies, pos ek maar my bydrae ook in dié vorm. Opgedra aan al
die ex-pats wat so baie te sê het omdat daar so baie kilometers tussen hulle
en Suid-Afrika is. Verskoon maar dat die ritme en die beeldspraak, dis nou nie
Breyten nie.
Ballade vir 'n vlugteling (a la SAUK TV)
Ek's 'n eks-Afrikaner en het fokkol te doen
ek sit in die buiteland wat my so erg verveel
so ek pos maar gediggies en resepte vir pampoen
want verder is ek met kennis maar karig bedeel
Ek maak maar asof ek na die suidergrond verlang
die mense, die plekke, die boeke en die weer
maar eintlik is ek vir die land skytbang
ek hoor dan die plek word deur swartes beheer
Ek sit in die vreemde en maak baie geld
vergeet daagliks hoe lyk 'n plakkershut
hoe droog is die karoo en die ou bosveld
hoe kraak die smiles tussen swart en wit
maar praat sal ek praat oor Suid-Afrika
my oordele vel oor die politiek
ek kom nie weer terug nie, maar sal bly kla
oor die verstokte wit ras en die Franskraal kliek
solank jy my uitlos en my net nie vra
om terug te keer na Suid-Afrika
Groete uit Suid-Afrika (dis so 'n kleinerige land aan die onderpunt van
Afrika, kaarte in nieu-seeland, kanada, australie en engeland behoort dit aan
te dui, soek maar)
Die afgelope dae staan ek meer en meer by die glas-
deur van ons balkon en kyk buite toe. Daar voor my is
die kaal bome op die walle van die Ottawa-rivier. Daar
is die rivier self, bevrore. Maar dit is nie wat my aandag
vra nie. Ek voel daar is iets anders wat opgemerk moet
word, iets wat verander het. Toe gister ontdek ek wat dit
is. Dis die lig wat anders is. Dis die hoek waarmee die
sonstrale val, wat verskillend is. En dit vervul my met 'n
groot vreugde. Skielik laat jy jouself toe om te fantaseer
oor die lente. Jy weet die lente is nog drie vier maande weg.
Jy weet daar kan nog maande van sneeu en storms voorlê.
Maar die lig het iets verander in die chemikalieë van jou
brein, en niks is meer dieselfde as 'n maand gelede nie.
Dit het my dan nie verbaas toe ek ontdek dat die pionier
van lig-terapie vir depressie 'n oud-Suid Afrikaner is wat
in New York gepraktiseer het nie. Ek dink mense wat in
Suid-Afrika grootword, is spesiaal ingestem op die effek
wat lig op jou het. Miskien het mense wat soveel helder dae
in hulle jaar het, 'n groter behoefte aan lig as die mense wat
gewoond is van geboorte af aan 'n sekere hoeveelheid van
donker in hulle dae.
Die hang natuurlik ook af van waar jy in 'n tydsone bly,
hoe vroeg dit lig word, hoe vroeg dit donker word. Dit lei
na vreeslike anomalieë. Die plek waar die son die eerste
in die VSA opkom, is Eastport in Maine. Kruis jy nou net
die Kanadese grens binne 'n paar minute, dan is dit 'n uur
later in New Brunswick, wat in die Atlantiese tydsone is.
Eintlik moet Eastport in die Atlantiese tydsone wees. Maar
hulle is nie, omdat daar besluit is: die hele Maine is in die
Oostelike tydsone. Dieselfde anomalie vind jy op die Gaspe-
skiereiland van Quebec, wat verder oos as New Brunswick
strek, en tog dieselfde tydsone deel as Montreal, heel verder
wes.
Dit bring my nou by die vraag wat ek myself al 'n lang
ruk afvra: was daar ooit 'n gedagte daaraan om Suid-Afrika
in twee tydsones op te deel? Ek het in die weste van Suid-
Afrika grootgeword, maar meeste van die res van my lewe
in Suid-Afrika deurgebring in die oostelike dele van die
land. Dit het my altyd so verbaas hoeveel vroeër dit in
Natal donker word as in die Noorkaap. En ek kan nou nog
onthou hoe desperaat dit my pa gemaak het as die son nie
wou ondergaan nie hier teen halfnege in die aand, en hy
wil eet en gaan slaap. En sy vrou wil nie binne toe gaan
nie. En van sy kinders is daar geen teken nie.
Ek het 'n boek van Dine van Zyl ontdek: "Afval en Afvalligheidjies",
daar skryf sy van "n Pofadder"
"Jy vat die vetderm en dop dit om dat die binnekant buite is. Dan krap
jy hom mooi skoon en dop dit terug. Dan vat jy jou lewer en wat jy
ookal wil van jou harslag, en jy stop dit binne-in die vetderm. Met so
'n bietjie worcestersous en sout by. Dan braai jy dit op die
kole....!"
Sy het honderde Afvalresepte in die boekie as iemand iets wil weet vra
maar dan sal ek dit uitskryf en plaas.
Ek hou van die digwerk van Antjie Krog. Sy gebruik
woorde soos iemand wat met pleister en bakstene werk,
en sy bou gedigte daarmee wat die toets van die tyd sal
staan.
Sy skryf 'n pryslied vir Nelson Mandela:
"...
hy maak die pante bymekaar
van 'n verskeurde land
hy draai ons na mekaar toe vir mekaar
hy, heelmaker van mense
hy stig vrede
vrede, wat die ma is van groot nasies"
Maar dan is daar Antjie Krog, feminis. Luister na die
volgende:
" Ek staan op 'n moerse rots langs die see by Paternoster
die see slat slingers in die lug
liggroen skuim
onverskrokke kyk ek elke donnerse brander
in sy gut voor hy breek
die rots sidder onder my sole
my bo-beenspiere bult
my bekken smyt die aangeleerde gelate knak uit haar uit
se moer ek is rots ek is klip ek is duin
helder sing my tiete 'n koperklepelgeluid
my hande pak Moordbaai en Bekbaai
my arms skeur ekstaties bo my kop!
ek is
ek is
die here hoor my
'n vry fokken vrou"
"ek kom agter dat ek mans begin bekyk
brutaal met die gedagte
hoe naai hy
sy breins en sieletjie interesseer my nie
die gesiggie wat glinster van try charm en oulik wees
let ek onberoerd op
sou nie eens met mans gepraat het
as dit nie toefallus was"