Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Gedigte van Matthews Phosa
Gedigte van Matthews Phosa [boodskap #8051] Do, 16 Januarie 1997 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
EK IS 'N VOLSTRUIS
Matthews Phosa

die volstruis
'n vo"el na my hart
ek het haar bestudeer en begryp
nou wil ek haar naboots

die volstruis weet waarom sy border toe gaan
sy doen dit as sy haarself moet verdedig
haar eiers en kleintjies moet beskerm
teen die aankomende gevaar

wie verdedig julle, die swart "border-gangers"?
wie se nes verdedig julle
wie se kleintjies?
ek wens julle was volstruise
en het geweet wat goed is vir julle

ek sal nooit 'n berg bou
voor die rivier wat in my rigting vloei nie
ek is mos 'n volstruis
daardie water is nodig
om my dro"e land te benat
om die vuur wat my brand te blus

ek is 'n volstruis
vo"el van my hart

NOU BID EK

God, help my, ek swem in ongeregtigheid,
in sonde is ek gebore.
My geloof laat my daagliks in die steek:
ek wil, maar ek kan nie altyd nie.

Hooghartig is ek teenoor my medemens.
U weet hoe ek teen hulle diskrimineer
omdat hulle te wit is.
God, help my, ek is 'n sondaar.

Die genade wat ek daagliks van U vra, het ek nie,
want ek gryp, skop en spoeg in hulle gesigte.
Al wat ek afstaan, is krummels
wat hulle moet opraap om te oorleef.

My hart het lankal verklip,
ek lê nie meer wakker oor my sondes nie.
Daarom vra ek 'n sagte en wyse hart
om menslik teenoor my mense op te tree.

(gepos deur gloudina bouwer)
Vorige onderwerp: "Son op jou tong" deur CHARL DURAND
Volgende onderwerp: NP van Wyk Louw in Engels
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mei 10 15:15:41 MGT 2024