Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » NP van Wyk Louw in Engels
NP van Wyk Louw in Engels [boodskap #8052] Do, 16 Januarie 1997 00:00
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 15 Jan 1997 19:33:49 GMT, "Albert Cruywagen" <alb...@icon.co.za> wrote:
<<>Enige inligting oor enige van NP van Wyk Louw se werk in Engels vertaal
> (gepubliseer of nie) sal waardeer word.
>
> Alpha Charlie>>

Guy Butler het 'n  paar vertaal  in 'n boek van Engelse vertalings van
Afrikaanse digters. Dit  was in die jare 70.
Dan het  Adam Small ook 'n hele  klomp  vertaal in die  80 wat deur
Tafelberg of H &R gepubliseer is.  Dit het egter swak kritiek van
iemand soos Andre Brink gekry. Maar dit is daar en dit  is
waarskynlik ten minste aanvaarbare vertalings.
Re: NP van Wyk Louw in Engels [boodskap #8053 is 'n antwoord op boodskap #8052] Do, 16 Januarie 1997 00:00 Na vorige boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , fe...@is.co.za says...
> On 15 Jan 1997 19:33:49 GMT, "Albert Cruywagen" wrote:
>
><<>Enige inligting oor enige van NP van Wyk Louw se werk in Engels vertaal
>> (gepubliseer of nie) sal waardeer word.
>>
>> Alpha Charlie>>
>
> Guy Butler het 'n  paar vertaal  in 'n boek van Engelse vertalings van
> Afrikaanse digters. Dit  was in die jare 70.
> Dan het  Adam Small ook 'n hele  klomp  vertaal in die  80 wat deur
> Tafelberg of H &R gepubliseer is.  Dit het egter swak kritiek van
> iemand soos Andre Brink gekry. Maar dit is daar en dit  is
> waarskynlik ten minste aanvaarbare vertalings.
>

    Daar verskyn verskeie vertaalde verse van N.P.
van Wyk Louw  in
   "The Penguin Book of South African Verse"
       edited with an introduction by Jack Cope
       and Uys Krige."
Ek het die eerste edisie, 1968. Weet nie of daar meer
in opvolgende edisies verskyn het nie. Hier volg die
gedigte wat daarin is:
     (1) The Little Chisel    (vertaal deur Cope en Krige)
     (2)  Ballad of the Drinker in his Pub
                (Cope, Krige, Ruth Miller)
     (3) The Gods are Mighty  (Cope)
     (4) From the Ballad of Evil  (Delius)
     (5)  Oh the Inconstant   (Krige, Cope)
     (6)  At dawn the light will come  (Krige, Cope)
     (7)  Armed Vision    (Krige and Cope)

Die gedigte is volgens my mening baie goed vertaal.
Ek het nie baie N.P. by my hier in  Kanada nie, so ek
kan nie teveel vergelyk nie. Maar in baie gevalle voel
ek die Engelse vertalings maak die gedigte eintlik beter.
Hier is die begin van "The Little Chisel:"

    Here in my hands a small cold-chisel,
    I tap it and it rings;
    And I hone it and I stone it
    until its bright edge sings.

Indien jy  nie die Penguin Book meer kan opspoor nie,
is ek bereid om die gedigte uit te tik en aan jou te  stuur.
Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Gedigte van Matthews Phosa
Volgende onderwerp: Twee gedigte van FERDI GREYLING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 09 20:20:37 MGT 2024