Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Antjie Krog, FEMINISTE en so aan...

Do., 23 Januarie 1997 00:00

Ek het nie vergeet van my ou vriend Charl se digbundel nie,
ek soek my gat af na die ding en ek kry dit nie,
(ons het na 'n ander huis getrek).
Ek het ook baie baie lank gelede gesê ek sal vir Koos (dis Koos nr 1)
vertel van Sydney, ek moet net nog daarby uitkom.
Intussen soek ouens soos Herman onnodig moeilikheid met my....
Hy dink ek en jy is dieselfde..
(miskien help dit as jy hom vertel jy is 'n vrou en ek 'n man...)

Die aanhaling oor Mao tse Tung is waar hoor! (maar my vry vertaling).
Die Marxisme en kommunisme het nogal baie te sê oor vroue-uitbuiting,
dis eintlik inherent aan Kapitalisme om die vrou (en andere) uit te buit.
Marxisme staan die emansipasie van ALMAL voor,
terwyl die pienk liberaliste in die Weste gedurig almal in
kompartemente verdeel: "gelyke" regte vir vrouens, swartes,
homoseksuele, minderheidsgroepe, regte vir diere ens. ens.
Daarom het ek meer simpatie met die Marxistiese ideaal van
vryheid en emansipasie vir almal. Die Kapitaliste se perspektief
hieroor ondergrawe hul eie argumente.

Moenie dink oor ek nie tyd het vir feministe nie
dat ek nie teen die uitbuiting van vroue ens. is nie.
My ma is as 'n vrou uitgebuit toe sy as weduwee moes gaan werk
het om die pot aan die kook te hou, en daar is mense baie na aan
my wat, sê nou maar, "anders" is.

Maar wat my die moer in maak is bv. hier in Polities Korrekte Australie
(by gebrek aan ander politiese kwessies),
daar bv. lesbiese drukgroepe is wat sê dat lesbiese "egpare"
NET SO GOED en NET SO NORMAAL 'n kind kan grootmaak
as 'n man/vrou egpaar, en dat die staat (dis nou ons)
nog boonop moet betaal vir hul bevrugtingsoperasie!.
Want mens mag mos nie "diskrimineer" teen hulle nie. ens ens.
Dis mos nou sommer snert!
Ek het geen twyfel daaraan dat hulle 'n kind kan grootmaak nie,
maar dit is NIE dieselfde nie en vir die kind is 'n "GEWONE" egpaar beter!
En asof daar nie reeds genoeg wette is teen diskriminasie is nie,
moet daar SPESIALE wette gemaak word vir diskriminasie teen Homos.
En dan wil hul seker ook spesiale wette he^ vir swartes, en chinese,
en vietnamese en ex-pat suid-afrikaners ens ens....
(asof meer wette nou gaan help dat hul ophou met "poofter-bashing").

Nee wat ou sus, ek was my my lewe lank teen diskriminasie,
maar ek het nie tyd vir pienk liberaliste nie.
En ek sal nooit om verskoning vra omdat ek 'n ware man is nie.
Ek is nie 'n SNAG nie ("Sensitive New Age Guy").
(meisies sê hul gesels graag met SNAGS,
maar hulle gaan nie graag met hul bed toe nie)
Ek ruik nog na sweet, seesout en twak. (soms na aas ook)
En ek maak nog deure vir vrouens oop.
Vrouens is heerlik anders. Gelykheid se gat.
Ek koop vir my dogtertjie 'n pop en nie 'n lugdrukboor nie,
en my seun het nie 'n pienk teestel gekry vir kersfees nie.

Van elektroniese kontakdoos tot kontakdoos, vriendelike groete!
NS: Hoe lyk my e^ vir jou he^ ?
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

aan herman

Do., 23 Januarie 1997 00:00

hallo

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Wat is "Crushed Ice" in Afr.

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

Ek het die volgende terme in gedagte
1 vergruisde ys
2 gemaalde ys
3 fyn gemaakte ys

Kan Julle moontlik aan nog 'n paar beskrywende terme dink

Hangende groete

Tarzan

Afrikaans, ons taal | 3 kommentare

Wat is die nuwe naam vir 'n driepootpot?

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

Die Mandela-Microwave

Cheers

A D

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

EINDE VAN DIE EEU

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

Ek het op my tuisblad (http://www.pix.za/nakkie-die-nar)
vir my lesers gevra wanneer dat die volgende eeu begin.
Ek het lekker terugvoering ontvang. Gaan loer bietjie daar
in en lees wat die ouens dink. Sommige sweer op 1.1.2000
en ander sê: "Aikona, dit moet 1.1.2001 wees."

Wanneer dink jy moet jy jou klappers gaan koop om die
nuwe eeu te verwelkom?

Stuur my asseblief jou mening na dm...@pixie.co.za

Groete,

Danie Martins

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Onderwys

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

Ek sou graag wou weet wat die onderwysbeleid van die nuwe regering is. In
"my tyd" was dit pover.
Miljoene moes onderwys "ondervind" in n taal wat nie hulle moedertaal was
nie, alhoewel in hul vaderland.
Ek dink hier is verandering ingetree? Kan die verskillende taalgroepe nou
onderrig word in hule eie taal ? (dit is n vraag) Ek kan my voorstel dat
dit waansinnig veel probleme bring. Ook die opleiding van leerkragte. Wie
doen die opleiding vir n groep wat haast geen opleiding geniet het nie. Wie
skryf die boeke, wie bepaal wat? En die GESKIEDENIS, vanuit welke
perspektief?

Ek was op Afrikaans hoër seunskool Pta. (alleenlik blankes, natch.) waar
ons n verwronge onderwys gehad het en ons daagliks vertel was dat ons die
room van die bevolking was. Meer fout kon die lerare nie gewees het nie.
Skuim eerder. Toe op Tukkies verder studeer. Dit was wanhopig en in
vergelyking swakker dan n gymnasium hier in Nederland. Later was ek dosent
aan UCT en by Wes-Kaap. Groot verskille tussen die universiteite m.b.t.
standaard, wat n direkte gevolg was van wetgeving. (Voor-skool, skool en
behuising van die studente (beroep van ouders) detrimenteel beinvloed deur
die wetgeving van die versufte landsregeerders) Was W.A. de Klerk nie
hiermee gemoeid nie?

Dit klink vir my asof die onderwysstelsel nou vir die "eerste keer" van die
grond af opgeset moet word vir die hele RSA. Ook is dit so dat onderwys
nie losstaan van die gehele bestel nie. Alles pril op die oomblik.
Onopgeleides moet oplei. Ongeduld van welke kant dan ook is ongepas op die
moment.Soook afbrekende kritiek. Dit lyk my juis om alle kragte te bundel
en te ondersteun.

Ten minste kan almal nou vrylik praat en hulle stem laat hoor en uitbring.
In "my tyd" was van my vriende en studente hiervoor in huisarres geplaas,
in tronke gesmyt en gemartel, was ons telefoons getap en was ons gereeld
bedreigd en versmaad. (ag dit is nou maar by the way want wie gee om; dis
mos verlede tyd en ons moet dit vergeet. Here and Now is al wat tel en wat
maak dit nou ook uit dat jou geliefdes dood is daar in die wye en droewe
land, of dat jy vir jare as....... o shit ek is nog n bietjie bitter, ek
werk daaraan. )

Met vriendelike groet
Xfiles

Nog n vraag: Is -seg- n gebruiklike woord in Afrikaans. Ek lees die woord
in vreemde kontekste op die ng.

Onderwys & opvoeding | 29 kommentare

In die gange van Parlement

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

Hoor die ander dag die se ding by 'n vriend wat daar rond hang - in die
parlement:

"It might be a new regime in power but it is still the old regime doing all
the work"

Hangende groete
Tarzan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Chronies" van JAN KEYTER VAN NIEKERK

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

CHRONIES
Jan Keyter van Niekerk

Ek weet ek gaan OK wees,
ek weet ek gaan,
ek weet ek gaan by die reling
by Seepunt staan en kyk na die see
en draf tot by die vuurtoring
en die stink ruik
van Moeliepunt se vrot bamboes.
Ek gaan nog baie beach toe gaan
en Clifton se ware inspekteer,
en 'n designerslewe h^e,
my gesig gaan ruik na suntanlotion
as ek in die aand drinks drink
by die Ambassador,
en my vrinne gaan kom kuier
en rinkink tot laat,
want ek weet
ek gaan OK wees.

(gepos deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Driepootpot

Wo., 22 Januarie 1997 00:00

Daar is al baie geskryf en diep gedink oor potjiekos. Maar weet iemand dalk
waar die driepootpot vandaan kom?
Het die wittes dit by die inheemse stamme raakgeloop of is dit 'n Europese
erfenis?

Christo

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Koue Oorlog " deur STEPHAN BOUWER

Di., 21 Januarie 1997 00:00

KOUE OORLOG
Stephan Bouwer

Eers was net die water koud
wat uit die warmwaterkraan gekom het
sodat my pa nie kon skeer nie
Maar toe wou die oond nie warm word
toe ma wou soetkoekies bak nie
Na twee uur het my gefrustreerde suster
met nat hare en krulpenne
onder die droër uitgeklim
Toe het ek die gordyne oopgetrek
om te sien wat aangaan:

'n Stalagtiet van ys het van die son afgehang
tot op die aarde

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 6 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1556  1557  1558  1559  1560  1561  1562  1563  1564  1565  1566  1567  1568  1569  1570  1571    »]
Tyd nou: So. Aug. 02 18:59:49 UTC 2026