| parakleet [boodskap #151814] |
Di., 09 Junie 2026 07:25 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25426 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
parakleet
Afbreking: pa•ra•kleet
Selfstandige naamwoord: parakleet
Meervoud: paraklete
Betekenis:
• Iemand wat geroep is om mense te help, te troos en vir hulle in te staan. In die Christendom verwys dit dikwels na die Heilige Gees (dan met hoofletter gespel).
Gebruik:
• Die Parakleet, die Heilige Gees, wat die Vader in my Naam sal stuur, Hy sal julle in alles onderrig en julle aan alles herinner wat Ek vir julle gesê het. [Johannes 14:26]
Sinoniem:
• advokaat
• bemiddelaar
• helper
• pleitbesorger
• trooster
• vermaner
• voorspraak
Afgelei:
• parakleties
Vertaling:
Engels: paraclete, advocate, comforter
Latyn: paracletus
Nederlands: parakleet
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|