| opvrolik [boodskap #151817] |
Di., 09 Junie 2026 08:49 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25426 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opvrolik
Afbreking: op•vro•lik
Samestelling: op + vrolik
Werkwoord: vrolik op, opvrolik
Verlede tyd: het opgevrolik
Teenwoordige deelwoord: opvrolikend, opvrolikende
Verlede deelwoord: opgevrolikte
Betekenis:
• Om iemand vroliker en meer opgeruimd te maak.
Gebruik:
• Die blomme vrolik haar op.
• Sy vriend se besoek het hom opgevrolik.
Sinoniem:
• opbeur
• ophelder
• opkikker
• opwek
• verbly
• verheug
• verkwik
• vervrolik
• vertroos
Afgelei:
• opvroliking
Vertaling:
Engels: to cheer up, brighten up
Nederlands: opvrolijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|
|