Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Paasstemming

Vr., 28 Maart 1997 00:00

LENTE - ontkieming

Wanneer uit die wereldverte
die son tot die mense sin spreek
en vreugde uit die sielsdiepte
in die sien, met die lig verbind,
dan dring daar uit die omhulling van die self
gedachte in die verre ruimte
en verbind onbewus,
die wese van die mens met die geestelike sin.

Wenn aus den Weltenweiten
Die Sonne spricht zum Menschensinn
Und Freude aus den Seelentiefen
Dem Licht sich eint im Schauen,
Dann ziehen aus der Selbstheit Hölle
Gedankenin die Raumesfernen
Und binden dumpf
Des Menschen Wesen an des Geistes Sein.

uit Meditasies vir die weke van die jaar. R. Steiner

Vrolike Paasfees

Xfiles

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

De 'brain drain' uit Zuid-Afrika.

Vr., 28 Maart 1997 00:00

This is a multi-part message in MIME format.

--------------4D50418067E2
Content-Type: text/plain; charset=us-ascii
Content-Transfer-Encoding: 7bit

Hallo,

Er staat een interessant artikel over de 'brain drain' uit
Zuid-Afrika in de Electronic Telegraph van vandaag.

Over 'brain drain' gesproken, groetjes uit Montreal, Canada !

- Marco. [ http://www.newzworld.com/welkom.html ]
------------------------------------------------------------ -----

--------------4D50418067E2
Content-Type: text/html; charset=iso-8859-1; name="wfune28.html"
Content-Transfer-Encoding: 8bit
Content-Disposition: inline; filename="wfune28.html"
Content-Base: "http://www.telegraph.co.uk:80/et?ac=00
0228295844817&rtmo=330eed8d&atmo=33
0eed8d&P4_FOLLOW_ON=/97/3/28/wfune2
8.html&pg=/et/97/3/28/wfune28.html"









Fearful white professionals desert Mandela's 'rainbow nation'











International News


Electronic Telegraph






Friday 28 March 1997




Issue 672





















Fearful white professionals desert Mandela's 'rainbow nation'


By Alec Russell in Johannesburg












External Links









Electronic Mail & Guardian


Main Street South Africa: news and links


The New South Africa













'PACKING for Perth' is in vogue again as worries over rising crime and the future of South Africa's schools spark a new brain drain.
HEADS down, barely uttering a word, the group of white 30-somethings parked their BMWs outside the Johannesburg office block and filed upstairs.
They looked as if they had come for a funeral, and in a sense they had: the funeral of their South African life. They had come to hear the weekly seminar given by Australian Opportunities, one of a growing number of emigration consultants capitalising on whites' fears about President Mandela's "rainbow nation".
The message was carefully packaged. There was no attempt to denigrate South Africa. Films presented a glossy picture of a new life of ease in Australia. By the time Nigel Boast, the managing director, was finishing his spiel about the financial advantages of emigrating, the audience was eating out of his hand. Another group of middle-class whites seemed set to take their skills from Africa.
"It's heartbreaking to leave your roots," said Steve and Mariaan Ferreira, who attended the seminar with their three sons. "We have a settled life and a thriving business. But the pressure is getting to us, particularly crime. We may get downstairs and find our car has gone. We know we have a good life but we have to weigh up the reality. Sean and Mark, our two eldest, are in their second last year at school. What sort of future will they have, with affirmative action designating most jobs for blacks? It's getting too much."
In the year after Mr Mandela took office in May 1994, figures for white emigration dwindled amid post-apartheid euphoria. But suburban dinner parties once more discuss "packing for Perth" as they did in the mid-Eighties, when a race war seemed possible. One of the world's highest murder rates and fears for the future of schools that in the past were heavily subsidised for whites are clearly tipping the scales for some against the delights of maids, swimming pools and year-round sunshine.
For the Ferreiras, the decline of the rand, which lost a fifth of its value last year, was the last straw. No one knows the extent of the brain drain. Official statistics suggest that more than 5,600 people, many of them white professionals, emigrated in the first six months of last year, an increase of 24 per cent on 1995.
But these figures reflect only those who left from the three main airports and dutifully told passport control that they were leaving for good. At least as many again are thought to have left as tourists but never to have returned.
"It's not a situation of panic. But people are now weighing up their options," said Mr Boast, who processes 40 emigrants a month. In return for about �1,000 he helps them find a home and a job in Australia, and a short cut through the bureaucracy.
Of particular concern is the loss of professionals who are essential if South Africa is to realise its dream as the power house of the continent. Research by Deloitte & Touche shows that three quarters of chartered accountants leave South Africa after qualifying and only about a third return. Already banks are reporting difficulties in finding qualified staff.
"If the accountants stay away there won't be anyone to replace the current crop of management," said David Mitchell, a Johannesburg-based director of Deloitte & Touche. Many South Africans are tempted to say good riddance to those who cannot stick the pace, arguing that emigrants exaggerate crime to mask their dislike of a black government.
"I'm not an apologist for the government, but I see the same problems here as in much of the world," said Dr Steve Burgess, an academic who recently gave a talk entitled "Nine Reasons to Stay".
"South Africans have always deluded themselves that their country is part of the developed First World. It never was." Mr Mandela, however, has called on blacks to put aside resentments over apartheid and market South Africa to their white fellow-countrymen.
"We must stop this brain drain," he told an African National Congress rally. "Whites have a role to play here. To think that you can now just push them aside is fatal. That's suicide."
27 March 1997: VIP police implicated in raids on ministers20 February 1997: Racist tirade exposes 'rainbow' nation myth4 February 1997: Guide to survival on the streets of rising crime











Next report: China smears past rule of Hong Kong











Front | UK | International |
City |
Sport |
Crossword |
Weather |
Matt |
Connected |
etcetera |
A-Z |
Search |
Marketplace |
Classified |
Help |



© Copyright Telegraph Group Limited 1997. Terms & Conditions of reading.



Information about Telegraph Group Limited and Electronic Telegraph.

"Electronic Telegraph" and "The Daily Telegraph" are trademarks of Telegraph Group Limited. These marks may not be copied or used without permission. Information for webmasters linking to Electronic Telegraph.




Email Electronic Telegraph.









--------------4D50418067E2--

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: De 'brain drain' uit Zuid-Afrika.

Vr., 28 Maart 1997 00:00

On Fri, 28 Mar 1997 06:15:14 -0500, Marco van het Hoog
wrote:

>

Miskien die hart van die saak?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Golgota" deur W.E.G. LOUW

Do., 27 Maart 1997 00:00

Golgota
W.E.G.Louw

Met rooi, gewonde voete en die pyn
van dorings wat Sy hoof in spot omsluit,
het Hy - gelaaf met mirre en bitter wyn -
teen Golgota Sy droewe gang gestuit.

Soldate het Sy klere uitgetrek
en luid getwis oor kleed en lendedoek;
Sy naakte liggaam het hul oopgevlek
oor stam en balk en dit met smaad vervloek.

Die wrede spykers word deur vlees en been
met felle slae ingejaag: Sy hande,
verstrak in laaste, goddelike seën,
het Hy wyd uitgebrei oor alle lande...

Die vroue roep in duisternis en treur...
Die aarde beef... Die tempelvoorhang skeur.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

afrikaans

Wo., 26 Maart 1997 00:00

Hallo, My naam is Cory harmon. Ek studeer Afrikaans by Brigham YOung
University in Provo, Utah. Ek het Afrikaans vir twee jaar gestudeer.
Ek moet 'n term paper omtrent die Afrikaans taal skryf. If you would be
willing to answer my questions please respond. Dankie, Cory Harmon

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

Kakamas (1)

Wo., 26 Maart 1997 00:00

Liewe Gloudina,

Jy was 'n ruk gelede uitermatig verbaas dat ek, omdat ek reeds 'n paar keer
by Kakamas was, nie geweet het dat die NG kerk die nedersetting jare lank
besruur het nie.

Gisteraand het ek toe uiteindelik 'n boek te lene gekry oor die geskiedenis
van die nedersetting! Ek het plek-plek daarin gelees omdat dit reeds laat
was en ek baie moeg was. Ek sal later die boek deeglik deurlees en julle
van die dinge vertel wat ek interessant gevind het. Maar laat ek nou my
eerste indrukke van die boek gee.

Die naam Gloudina het my 'n paar keer in die boek opgeval. Ek het al met
duisende kinders en studente te doene gekry, maar nie een van die vroulikes
onder hulle het die naam Gloudina gehad nie. Tog lyk dit vir my dat
Gloudina 'n bekende naam in Kakamas se wereld was.

Die eerste hoofstuk van die boek handel oor die vroe"e geskiedenis toe die
witmense en die bruinmense mekaar die eerste keer ontmoet het. Ek het die
boek begin deurblaai om te kyk of daar iewers iets oor die nog vroe"ere
geskiedenis was, maar daar was niks nie.

Dit het my opgeval dat in die eerste hoofstuk reeds gepraat is van die
Griekwa Basters as 'n eie entiteit naas die Korannas (Khoi), Boesmans (San)
en die witmense. Hulle moet dus van ver af kom. Ek hoop om iets oor hulle
vroegste geskiedenis raak te loop.

Dit het my van die eerste bladsy opgeval dat dit 'n swaarkry wereld was.
Dit is nou die gebied wat lê tussen Pofadder in die weste en Griekwastad
in die ooste, Calvinia in die Suide en die Kalahari in die noorde (Die
onderste gedeelte van die gebied kom in die jonste tyd dikwels in kaarte
vand die 'Volkstaat' voor.) Ek ken die gebied as Groter Boesmanland. Ek het
gedink dat Pofadder sy naam gekry het as gevolg van die baie slange daar.
Nou blyk dit dat Pofadder die naam van een of ander kaptein was. Ek sal
daarop ingaan.

Die swaarkry was as gevolg van droogte, droogte en nogmaals droogte en
daarmee die gepaardgaande versengende warmte in die somer en die ysige koue
in die winter. Ken ek dit nie.

Dit het my ook van die eerste bladsy opgeval dat die sendingywer daar
gekoppel was aan opvoeding, maak nie saak wie die yweraar was nie. Dit het
my weer onder die indruk gebring hoe sendingywer en intellektuele opheffing
in die res van die wereld hand aan hand geloop het. Die naam van 'n ene
duitser Schroeder het my dikwels opgeval. Verder het die yweraars se
grootste probleme gekom van kante af waar hulle dit nie verwag het nie -
die opportuniste wat 'n mens oral kry.

'n Ander saak wat my opgeval het, was die omvangryke wetteloosheid wat van
die begin af in hierdie wereld geheers het, amper soos in die NSA. Moord,
roof en ander misbruike was algemeen sonder aansien van kleur. Hierdie saak
het my nogal verbaas. 'n Mens word hedendaags so onder die indruk gebring
dat morele verval die gecolg van kulturele interaksie is dat jy jou
beswaarlik anders kan indink.

Die laaste saak wat my opgeval het, is hoe die Gariep dikwels as 'n bron
van hoop opgetree het, amper soos die Nyl in die vroegste geskiedenis van
Egipte. Wanneer die Gariep opgehou loop het sodat net 'n paar stinkende
pole oorgebly het, het mense se hoop verskraal. Dit het my baie laat dink
aan die episode van Moses, die Israeliete en die slange. Ek het ook aan die
sakarmente gedink. Mense moet iets fisies hê om na te kyk, anders verdwyn
die hoop. Dit laat my nou aan pres Mandella dink. Vervul hy nie ook so 'n
funksie nie?

Beste wense
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jan, jou stoute bliksim

Wo., 26 Maart 1997 00:00

Jan jou stoute bliksim,wag jy tot donker
tot die maan skyn en die sterre vonkel
om met mapelaan te sit en konkel

is alle mans soos stoute seuntjies
verbied net iets, en dis wat hul doen
onder die kombers in sokkie of skoen

doer in die verte sien ek 'n stofwolk
daar tussen die koppies by duiwelsdraai
o my god, dis die warrelwind
van die verlede op pad na die toekoms

jy's darem maar 'n seksie boerseun
jou afrikaner, jou houtwerk man

ek soen jou pragtige slim vingers
jou lang songebrande arms
jou biltong sout lippe

ag Jan......

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Jan, jou stoute bliksim

Wo., 26 Maart 1997 00:00

In article , saar...@loxinfo.co.th says...
>
>
> Jan jou stoute bliksim,
>

Ek dink nie hierdie is geskryf deur 'n vrou nie.
Heelwaarskynlik deur 'n manlike rekenaar-nerd.
(Een wat nie "bliksem" kan spel nie.)
Vroue dink nie so nie.

Maar ek dink ook Afrikanermans is van die beste
in die wereld.
Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DIE HOENDERS EN DIE DEEG

Wo., 26 Maart 1997 00:00

TOE my skoonma pas getroud was wou sy probeer broodbak en sy het alles
gedoen soos sy gedink het dat haar ma dit gedoen het.
Die deeg het egter nie warm genoeg gekry nie en wou nie rys nie. Sy wou nie
hê haar bruidegom moes dink sy is dom of 'n slegte vrou nie en was
vreesbevange dat die brood neergeslaan en so swaar soos 'n klip sou wees.
Sy vat toe die skottel met brooddeeg en gaan gooi dit in die hoenderhok en
hoop maar die dom hoenders sal dit oppik voordat haar man van die werk af
kom.
Toe die son warm word begin daardie bondel deeg te rys en die hoenders het
daaraan begin pik en skrop en toe skoonpa die middag gaan eiers uithaal
slof en hobbel al wat 'n hoender is met 'n bol deeg aan elke voet en vere
en hoendermis is daaraan vasgeplak en dit lyk of almal skielik
olifantsiekte onder lede het.
Skoonpa skrik hom skoon in 'n nuwe bloedgroep in vir die vreemde verskynsel
en skree vir skoonma sy moet haar ma bel om gou te kom kyk wat met die
hoenders aangaan. Sy skrik haar weer flou, want sy dink toe die deeg het
hulle siek gemaak en gaan sluit haar in die kamer toe en huil haar oë dik.
Toe sy nie die deur wil oopmaak nie en hy hoor hoe sy huil, spring skoonpa
op sy dikwielfiets en jaag na haar ouers se huis en sê daar is groot fout.
Al die hoenders is siek en nou is sy bruid ook in trane en dalk nog siek
ook.
Sy skoonouers kom toe met gehuurde vervoer en bleek om die kiewe daar aan
en die jong bruid is toe al kliphard besig om die hoenders met 'n emmer
warm water en seep te bad en 'n paar bedremmeldes staan toe al druipnat,
sonder hulle gestewelde spore eenkant.
Na nog baie trane en verleentheid is die waarheid uit en haar pa wou hom
natuurlik doodlag. Haar ma en haar bruidegom het egter meer simpatie betoon
en het maar in die mou gelag en later laat skater.
Ek dink nie daar is die dag baie eiers gelê nie. Hoenders skrik mos baie
maklik hulle lê weg. Skoonma het wel baie vinnig leer broodbak, want sy was
sommer 'n baasbakster toe ek haar seun leer ken het.
Ek dink dis ook maar goed die hoenders het nie veel gelê die dag nie, want
met die warm deeg en die eiers daarin kon hulle dalkies "eggburgers" gelê
het, sommer warm uit die oond of is dit nou warm uit die hoender.

Het jy nie 'n lekker storie/staaltjie soos die een hierbo nie, stuur dit
ASSEBLIEF aan my. E-pos dit na dm...@pixie.co.za

Gaan kuier sommer vir ons tuisblad met soorgelyke goed
http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Groete,

Danie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Avondmaal" deur W.E.G. LOUW

Di., 25 Maart 1997 00:00

AVONDMAAL
W.E.G.Louw

Daar was 'n stilte in die oppersaal
toe Hy met sterk, verhewe hand Hom draai
en sê: "Die man wat My vannag verraai,
sit saam met My aan hierdie avondmaal..."

In twyfel het hul daardie woord herhaal
en wis nie dat hul voor die hanekraai
soos blare van 'n boom van Hom sou waai...
Maar een was doodsbleek teen die lampestraal!

Toe het Hy brood geneem en God gedank,
dit met die hand gebreek en dit geseën:
die beker het Hy boordevol gegooi

met wyn wat dartel was en vonkelrooi -
maar, hoog gehou, was in geen hand voorheen
ooit wyn so rooi, ooit aardse brood so blank!

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1533  1534  1535  1536  1537  1538  1539  1540  1541  1542  1543  1544  1545  1546  1547  1548    »]
Tyd nou: Do. Mei 21 06:05:31 UTC 2026