| onderdompel [boodskap #151572] |
Wo., 20 Mei 2026 17:01 |
 |
Leksikograaf
Boodskappe: 25200 Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
onderdompel
Afbreking: on•der•dom•pel
Samestelling: onder + dompel
Werkwoord: dompel onder, onderdompel
Verlede tyd: het onderdompel, het ondergedompel
Teenwoordige deelwoord: onderdompelend, onderdompelende
Verlede deelwoord: onderdompelde, ondergedompelde
Betekenis:
• Om iets totaal in 'n vloeistof te druk.
• Om iemand te doop deur hom onder die water te druk.
• (figuurlik) Om deur iets oorweldig te word.
Gebruik:
• 'n Groot robot dompel die motors onder die verf in.
• Wil jy besprinkel of onderdompel word?
• 'n Burgeroorlog het die streek in ellende ondergedompel.
Sinoniem:
• indompel
• onderdruk
• oorweldig
• verswelg
Afgelei:
• onderdompeling
Vertaling:
Engels: to submerge, plunge under, dip
Nederlands: onderdompelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
[Bygewerk op: Wo., 20 Mei 2026 17:09] Rapporteer boodskap aan 'n moderator
|
|
|
|