-------------------------oOo--------------------
Ek verskil met jou, indien mense ophou om negatiewe betekenis aan doodgewone woorde te heg, en dit negatief te gebruik, sal die wêreld 'n beter plek wees. Net soos idiome begin deur een mens wat dit meer as een maal gebruik, so ontstaan negatiewiteit ook.
Dietrich Bonhoeffer:brief aan homself
I.L.de Villiers
as niks meer heilig is nie
word alles heilig
en die wind waai waar hy wil
ek is
ek wil
sal wees
en sal nie wees nie
was gister?
en die pad terug na kind
en kinderland is lank
selfs as jy die koers ken
maar die wind
waai alles weg
scho"nberg en buchenwald
berlyn etsi deus non daretur
hoe rooi is die tamaties
op die tafel
hulle is so daar
gebring deur 'n bewaarder
bid vir my pastor bid vir my
ek is so hier
hier in die hoek
op 'n kombers 'n katel
kyk die tossels roer
as ek hier raak
daar is nog rooi tamaties
iewers in tuine
hier in flossenbu"rg
duisende rooi tamaties
ry op ry
in kruise opgebind
soos in berlyn
toe ek 'n kind was
as niks meer heilig is nie
word alles heilig
word die wind stil
hoor jy niks
dis winter
wit
en alles hang
hoog in die dood
groot fees van die wat vry wil wees
dit groei uit rooi tamatie-rye
uit die swart grond uit
groter en ruimer as die son
as vriend as vrou
groei uit na God
swaai aan 'n tou
Ek het julle briewe oor die Kerk geweldig interessant gevind,
baie dankie. Die indruk wat ek kry is dat die kerk wel 'n merk
op julle gelaat het en dat julle iets daaroor te sê het.
Ek vind ook dat Suid Afrikaanse tydskrifte (wat ek laat pos na
Australie) interessante artikels het soos in De Kat
(oor ons "Calvinisme") en Insig (oor "is daar net een God?") ens.
In vergelyking met RSA, is daar weinig artikels oor godsdiens in
Australie, en mense het oor die algemeen nie veel te sê daaroor
nie omdat hul eenvoudig nie belangstel nie.
Maar julle klink ook vir my 'n bietjie sinies oor die Kerk.
(Ek self was vir 'n lang ruk vreeslik die moer in vir die NG Kerk).
Maar ek vind die doen en late van die Kerk wel interessant,
die kerk het tog altyd iets te sê, op allerhande vlakke,
of dit nou op politiek, kultuur/taal of persoonlike vlak is.
Sonder sy reenboog van kultuur en godsdiens sal SA maar 'n vervelige
ou landjie wees. Verder is RSA dominees akademies die bes opgeleidste
in die wereld, en ek mis dit nogal hier. Dominees kan soms 'n kwessie
soos genadedood of so iets op 'n veel dieper manier bespreek as die
tipiese TV "fast-food" manier. (Genadedood is nou 'n groot kwessie
hier in Australie). Onthou al die dominees is nie oud en verstok nie,
party "surf" in die see en op die "net". En die bybel is ook op CD-ROM
beskikbaar, in Afrikaans (ou en nuwe vertaling).
My vriend het 'n groot boek met fotos in van al die kerke en dominees
in die ou dae in SA. Geweldig interessant, dis seker Africana.
Die Afrikaner en sy taal kom 'n lang pad met die kerk saam.
Ek het op Stellenbosch 'n student geken wat sy PhD in Teologie
besig was. Hy was geen Christen nie, maar het intens belanggestel
in teologie. Eintlik is die fondament van Westerse kultuur is gesetel
in die Kerk. Of jy daarvan hou of nie. (Dink maar terug aan die donker
middeleeue ens, ons filosofiese geskiedenis: Kant, Hegel, Marx ens).
Dis nou die tweede jaar dat die Passiespel op Hermanus
opgevoer gaan word in die amfiteater by die ou Hawe.Dit vind plaas
op Goeie Vrydag , 28 Maart 1997 onder leiding van mev. Lisma Kotze.
Keer op keer en plek op plek hoor 'n mens dit.
Die boere het voorsien dat Derek Hanekom (hy het in der waarheid dit
vroeg al aangekondig), die minister van landbou, wetgewing gaan maak
wat aan plaasarbeiders wat al geslagte of dekades op plase bly,
regtens permanensie gaan gee.
'n Wet wat bepaal dat die boer nie sommer op die ingewing van die
oomblik die mense kan afjaag nie. Dat hulle verblyfregte op die plaas
verwerf het.
Toe jaag hulle mense wyd en syd af van hul plase VOOR die wetgewing
van krag word.
Die mense bewoon nou plakkersdorpe wat oral opgeskiet het.
In een geval waarvan ek vertel is werk 'n klomp van die mense wat in
die nuwe plakkersdorp woon. selfs nog op die plase.
Maar hulle en hulle kinders mag nie meer op die plaas woon nie.
Hulle woon in pondokkies op 'n vlakte wat reeds een keer verspoel het.
Daar word ook gese elke keer as die plaaslike owerheid ('n SDR) 'n
plek geidentifiseer het vir hulle om op te woon en 'n aanbod gemaak
het om dit te koop, dan lek die nuus uit en verhoog die boer sy prys
so dat die transaksie deur die mat val.
Idioom: In die bundu (boendoe).
"Hy leef in die bundu, weg van alle beskawing."
He lives in back of beyond, in the sticks, back
of Bourke, the bush. He therefore lives far
from the mainstream, far from the socalled
civilizing presence of urban life.
I have always associated the word "bundu" (which
is also extensively used in SA English) with forested
areas. I was therefore surprised to learn that the word
comes from the Shona word for "grasslands."
Although the languages of the various black tribes of
southern Africa did not exert as much influence on the
vocabulary of Afrikaans as did the Khoisan group of
languages, there are many words from these languages
in common use all over South Africa. Here are a few
widely used ones:
bonsella/pasella/basela: a present, token of gratitude
(Zoeloe: ibhanselo, Xhosa: ukubasele
indaba: a tribal meeting (North American pow-wow)
now come to mean a meeting between two
political or power groups.
hamba: "go!" usually used offensively. Like Canadian
"mush" (from French "marchez.")
khaya/kaia : basically just used by Africans for "house,"
but in Afrikaans come to mean a humble make-
shift house.
mampoer: home distilled spirits (from Sotho "mampuru"
for "strongest man.")
muti : medicine, African medicine, witchcraft)
There are many more such words from African languages
in Afrikaans. They are spoken with greater frequency in
certain parts of South Africa, especially in the Eastern Cape
and in Natal and parts of the north. I would think that we
will also see a greater influx of these words into Afrikaans
in the next few decades, as the Afrikaans of the "Coloured"
people of South Africa becomes more widely used by the
general Afrikaans speaking population. I suspect that the
non-white speakers of Afrikaans during the apartheid years
borrowed much more liberally from the black languages
than the "officialê Afrikaans that had to toe the party line.