Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » verkneg
verkneg [boodskap #151565] Wo., 20 Mei 2026 12:13
Leksikograaf is tans aan-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 25194
Geregistreer: Maart 2019
Karma: 1
Senior Lid
verkneg
Afbreking: ver•kneg
Samestelling: ver- + kneg


Werkwoord: verkneg
Verlede tyd: het verkneg
Teenwoordige deelwoord: verknegtend, verknegtende
Verlede deelwoord: verknegte

Betekenis:
• Om iemand tot kneg/slaaf te maak; onder die juk bring.

Gebruik:
• Die Egiptenare het die Israeliete weggevoer en verkneg.

Sinoniem:
• onderdruk
• onderwerp
• oorheers
• oormeester
• verdruk
• verslaaf

Afgelei:
• verknegting
• verknegter

Vertaling:
Engels: to enslave, subjugate
Nederlands: verknechten


Byvoeglike naamwoord: verkneg
Attributief: verknegte

Betekenis:
• Wat tot kneg gemaak is.

Gebruik:
• Moses het die verknegte volk uit die slawehuis van Egipte uitgelei.

Vertaling:
Engels: enslaved
Nederlands: verknecht

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.

[Bygewerk op: Wo., 20 Mei 2026 12:17]

Rapporteer boodskap aan 'n moderator

Vorige onderwerp: korfbal
Volgende onderwerp: teelbal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo. Mei 20 13:34:44 UTC 2026