'n Week gelede is 'n amerikaner op die elektriese stoel ter
dood veroordeel. Daar was toe 'n bohaai oor daar vlamme by die
moordenaar se kop uitgeslaan het ten tyde van die teregstelling.
Natuurlik het al die polities-korrektes dit weer gebruik om
uit te vaar oor hoe "wreedaardig" en "onmenslik" dit is om
iemand die doodstraf te gee. Hulle moere! Vir al wat ek omgee kan
daar 'n vlam by die ou se poephol uitspring.
Dit het deesdae mode geword om allerhande verskonings te soek vir
die misdadiger. Daar word allerhande sielkundige teorie opgedis om
hulle los te kry. Dit is dan altyd 'n geval van dat die moordenaar
onskuldig is, en die res van die samelewing of die staat of die skole
of wat ookal die skuld moet dra. Hier in Australie is 'n ex-SA priester
wat gedurig sy bek vol het oor die arme misdadiger en die onmenslike
strawwe - hy roem hom op SA om sy verwronge idees te propageer.
Ek, soos die meeste doodgewone mense, is ten gunste van die doodstraf.
Meningsopnames in Australie, Engeland en RSA,(ens) het nou al oor en oor
gewys dat die meerderheid ten gunste van die doodstraf is.
Maar in plaas daarvan dat demokrasie hieroor geld, word die wet bepaal
deur 'n minderheid wat dink hulle het beter morele en politieke
waardes as die res van ons.
Ek is gatvol vir sulke mense wat gedurig hul bek vol het oor die regte van
moordenaars,verkragters,rowers,pedofiele ens. maar baie min te se het oor
die wreedaardige en boosaardige dade van hierdie mense. Die arme slagoffer
wat vermoor,vermink,verkrag word - hulle moet maar net afkak.
Die geld word mos deesdae eerder spandeer aan misdadigers. Hulle word
mooitjies opgepas en van terapie voorsien en kry opvoeding en
dan 'n vroee vrylating: dikwels om hul wandade te herhaal as hul uitkom.
Is ek 'n barbaar as ek eerder al daai geld spandeer aan die slagoffers
en mense wat vrek van die honger? of die VOORKOMING van misdaad of
iets sinvols ?
Die doodgewone, vredeliewende wetsgehoorsame burger, word aangese om
die gebod "Jy mag nie doodslaan nie" na te kom, ten opsigte van die
moordenaar. Party gaan selfs so ver om te skryf dat die staat
dan net so sleg en barbaars soos die moordenaar is!.
Sulke polities-korrektes wil maak asof daar basies geen verskil
is tussen die teregstelling van 'n moordenaar en die moord op
die slagoffer nie!. Is dit nie 'n voorbeeld van hoe verwronge
en idioties party se gedagtegang is, dat hulle nie sulke onderskeidings
kan maak nie? Is ek 'n barbaar omdat ek reg wil sien geskied ?
'n Tipiese argument teen die doodstraf wat mens dikwels hoor,
is dat die doodstraf nie mense afskrik nie.
Of dit nou waar is of nie, ek gee nie 'n donner om nie:
ek wil REG LAAT GESKIED. Gee hierdie mense 'n regverdige verhoor,
en as hul skuldig is: Verwyder hierdie moordenaars permanent
uit die samelewing uit, m.a.w. stel hulle tereg.
Een dink weet ek dan verseker: hy/sy sal nooit weer kan moor nie.
Waarom moet ek en my vrou en kinders
die risiko dra om boosaards om ons te he ?
Maak dit van my 'n wreedaardige, onchristelike, wraaksigtige barbaar ?
Ek is bewus daarvan dat misdaad 'n sosiaal-ekonomiese oorsprong het,
wat aangespreek moet word (ek is nie 'n rassis nie en nie onnosel nie).
Maar ek weier om te aanvaar dat mense eenvoudig koelbloedig kan moor
sonder enige respek vir 'n lewe, bloot omdat hy honger is of 'n
videomasjien wil he.
Wat my veral 'n kramp gee is pienk liberaliste wat uit die perspektief
van hoogs ontwikkelde westerse samelewings wil voorskryf hoe reg moet
geskied in Afrika. Dit is eenvoudig belaglik dat hul hul idees oor
die afskaffing van die doodstraf in SA afdwing het. Skielik het SA
beweeg van "necklace" teregstellings na die afskaffing van die doodstraf ?
Dit wys eenvoudig vir my hoe ver hierdie mense verwyderd is van die
die werkersklas en hul probleme. Hul moet hul bourgeoise moraliteit in hul
gat opsteek. Swartmense in SA is duidelik ten gunste
van die doodstraf, die ANC is (tevergeefs?) versoek om dit weer in te stel.
Alhoewel daar aanvanklik bedenkinge was onder swartmense (vanwee
die apartheidsjare), wys meningsopnames dat daar 'n geweldige swaai was
onder swartmense ten gunste van die doodstraf. Dit is immers hulle wat
die meeste ly onder moord en doodslag in die townships. Die meeste
blankes EN swartes is ten gunste van die doodstraf. Mense soos biskop
Tutu en andere moet kennis neem.
In die middel van die groot Noord-Amerikaanse
vasteland weet 'n mens hierdie tyd van die jaar nie
of dit laat-winter of vroeg-lente is nie. Sneeu is nog
meestal wit op die grond. Die Ottawa-rivier is nog
verys. Dit het egter hier en daar 'n paar groot krake
ontwikkel en die water wys blou daar. Daar is nog
gereeld sneeuvalle. Maar die son is al so sterk dat die
sneeu op die paaie baie vinnig smelt nadat dit geval het.
Die dae is ook sommer 'n hele klomp langer. Waar die
son halfvyf ondergegaan het drie maande gelede, gaan
dit nou ongeveer halfsewe onder. Dit kom omtrent die-
selfde tyd in die oggend op. Dis 'n hele klomp daglig
wat niemand teveel in die oggend gebruik nie. So, aan
die einde van die maand neem hulle een uur van die
ligte oggend af en las dit aan die einde van die dag aan.
Skielik gaan die son aguur onder in plaas van sewe-uur.
Dan wil ons net ons karre vat en ry. Somtyds vind ons
ons fout te laat uit. Daar is nog sommer swaar lente-storms
tot aan die einde van April. Ek kan onthou dat ons eenkeer
sneeu gehad het op 5 Mei in die Niagara-skiereiland, wat
die mees suidelike deel van Kanada is. Die vorige middag
het ons na die bloeisels gaan kyk. Die volgende oggend is
ons kar toe onder die sneeu.
Verlede week het ek die Hale-Bopp komeet gesien, een
uur na sononder. Met die kaal oog het dit net soos 'n groot
ster gelyk. Maar met 'n verkyker kon 'n mens duidelik die
stert sien. Mense wat buite Ottawa bly en dus weg van die
stad se ligte, vertel dat die stert met die blote oog duidelik
sigbaar was. Dit laat mens effens snaaks voel om te dink dat
hierdie komeet laas sigbaar op aarde was voor die geboorte
van Christus.
Ons wag nou hier in Oos-Ontario geduldig op die lente.
Ons weet dis al lente na ons suide. Eenkeer het ons begin April
met die kar afgery Florida toe. Dit was te mooi om te sien
hoe verder gevorder die lente is, hoe meer suid jy ry. Hier by
New York se kant was daar net botsels aan die bome, bietjie
verder af bloeisels, dan "dogwoods" langs die pad. Uiteindelik
azaleas orals. En hier teen die middel van April, siedaar, 'n
jakarandaboom in volle bloei in Florida.
Ons sal nog 'n paar weke moet wag vir ons lente. Maar
een dag, weet ek, sal ek gaan stilstaan om na 'n klomp mossies
te kyk wat besig is om te pik waar die sneeu al gesmelt het teen
die warmer muur van 'n gebou. Dan skielik sien jy dit daar
staan. In die modder en naby 'n hopie vuil sneeu: jou eerste
krokus!
Weet u van iemand wat werk soek. Ons soek persone oor die
hele land en in ons buurstate wat 'n ekstra inkomste benodig (en
wie sal so 'n ekstratjie nie verwelkom nie). Indien u van so 'n
persoon weet, e-pos ons om meer besonderhede.
Hierdie is NIE vul van koeverte, kettingbriewe, verkoop van
tweedehandse klere en al daai strooi nie. Dit is eg.
[Koos: Ek het nog nie die boek van Reitz genaamd "Commando" gelees nie,
maar ek sal graag wil]. Ek is toevallig besig met 'n boek genaamd:
"THOSE BLOODY WOMEN" - "Three Heroines of the Boer War"
- Brian Roberts, 1991
Die het ook interessante stukke oor die boereoorlog.
So bv, die rol wat die swart stam, die Tswana-Baralongs,
wat buite Mafeking gebly het,in die geveg om die besit van die dorp.
Die swartes was offisieel neutraal,
(Die boere en engelse het daarop gewys dat dit 'n witmansoorlog was),
maar die stam het nie baie simpatie met die boere gehad nie.
Die Engelse (Baden-Powell) het die dorp in besit geneem en wou nie
oorgee nie. Dit het op verhongering uitgeloop.
Die Engelse het fokkol vir die Baralongs omgegee en het hul uitgebuit.
Hulle het slegs 'n klein rantsoen gekry en op 'n stadium is hul
hondekos gegee. Baie is dood aan verhongering en siektes.
Baden Powell "was always to insist that the Baralong would have been
worse off in the hands of the Boers". Mens wonder.
'n Gedeelte van die boek gaan oor die konsentrasiekampe.
Daar is natuurlik gruweldade aan beide kante gepleeg,
maar ek dink nie enigiets wat die boere gedoen het vergelyk met die
grootskaalse barbaarsheid van die engelse teen die boervroue,
kinders en plase nie. Die plase is afgebrand, en die vrouens en kinders
toe in konsentrasiekampe aangehou. Laat ons dit nooit vergeet nie.
Dit is hier waar vroue soos Emily Hobhouse gewys het van watter
staal hul gemaak is.
'n Paar dekades later was die lot van die swartes in party townships
ook maar erg. En hierdie keer was dit die "boere" wat onreg aan iemand
anders uitgedeel het. En die nuwe generaals De Wet wat opgestaan het
daarteen was mense soos Chris Hani. Vandag swaai die tronkvoel
wat klippe gekap het op Robbeneiland die septer.
Die wiel draai darem ne?
Lente in Tokio is vlietend
soos 'n romanse. Milder lug
en sonsigbare parke
in voorstede
waaier meteens oop;
die dae rek somer
tegemoet.
Kuslangs
meer brutaal: die ingeburgerde ys,
kraak en bars, riviere sidder nat-
neus en die vogtige aarde
gaap stomend oop.
Die wit peerboombloeisels
op die heuwels van Kanazawa
het reeds oopgegaan
twee weke gelede in Tokio.
Toeriste leef soos ekspatriate.
Drink saam, speel mahjong
of voetbal. Verlange
na 'n vaderland
of moederstad maak plek
vir verwondering.
Ou lojaliteite raak oorgroei
deur nuwes. Skiet wortel.
Raak ingegrawe.
Drie dae was daar duisternis ... Alleen,
in diep gelatenheid, soos in die sand
'n suiwer saad wat wag op son en reën,
het al Sy sterflikheid stil weggebrand:
die swaar en trae slakke van die vlees,
sy onrus, vrees, verwarringe en waan,
dat Hy, een met die Vader en die Gees,
verheerlik in die lig weer op kan staan.
Die wagte kon in daardie gloed nie kyk.
Die steen is afgewentel deur 'n wind
wat uit vier hemelstreke op die aarde stryk
dat dit vergruisel is tot stof en grint,
en soos uit diepe duisternis 'n vlam,
staan hoog en rank en smetteloos die Lam!
ek gaan moerse hard probeer om nie narrowminded te klink nie.
maar.
ek het 'n ruk terug 'n ad op 702 TalkRadio gehoor wat darem die koek vat.
vir een of ander degenerate derderangse scruffy rag van 'n tydskrif genaamd
enterprize magazine. (nee, dit het niks van Spock in nie). die ad feature
'n afrikaanse gesinnetjie wat sit en gesels. die pa, baie paternalisties,
kla dan dat 'n "black man, ja 'n swart man" die farmer of the year award of
so iets gewen het. die kinders is geskok. nee pa!
dan praat 'n stem bietjie oor die tydskrif en die artikel en dan kom die
gesinnetjie terug. die pa sê: "it's time we pack forr new zealand!" dan sê
die een kleintjie - "maar pa? isn't new zealand all blacks?"
party van julle sal dalk lag. ek nie. ek dink dis ongelooflik hoe iemand so
kan veralgemeen. as afrikaanssprekende vind ek dit nogal moeilik om nie as
rassis gebrandmerk te word oral waar ek gaan nie. sulke elemente in die
media maak dit nie makliker nie.
as jy met my saamstem oor sulke snert, dan moet jy asseblief vir die
reklamestandaarde vereniging 'n woordie faks. hulle sal niks doen as een ou
kla nie. maar dink net as hulle van oor die hele land, hei maybe even uit
kanada australie en even nieu-seeland ietsie hoor. dis maar hoe hulle
stelsel werk.