Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

JA ONS GAAN NOG KERK TOE

So., 06 April 1997 00:00

Ek kry die idee dat hierdie draad alreeds dood is, maar ek sukkel my malle
verstand af om goed gepos te kry op hierdie NG - iets wat verkeerd is by my
net-verskaffer... In die gesukkel het ek die oorspronklike pos verloor,
maar in antwoord op Galjoen se hengelary...

-Het Afrikaner wees nog enigiets met die bybel te doen ?
My voorgeslagte het spreekwoordelik met die Bybel in die wakis getrek, vir
my het dit definitief baie te doen met my Afrikanerskap.

-Is daar nog 'n bybel in die huis ?
Verskeie. En ons lees en bestudeer hulle gereeld.

-Besoek die dominee nog ?
Ja.

-Het die dominee nog aansien ?
In ons gemeente ja, en in ander gemeentes van vriende ook (van NG tot
Hatfield baptiste)

-Is julle Kuber-Afrikaners te byderwets vir die kerk deesdae ?
Nee.

-Of sit julle in die kerkbanke en sweet oor jul Apartheid-sondes ?
Watse apartheid-sondes? Ek het nog nooit iemand willens en wetens te
na gekom oor sy velkleur nie. Die klein groepie wat vir meeste van die
vergrype verantwoordelik is moet maar sweet en bieg.

-Of sit julle sommer op die harde kerkbanke en poep en dink aan vanmiddag
-se braaivleis ?
Eerstens doen ek nie sulke goed in goeie geselskap nie (nie eens suutjies
nie), en ek is prim^er in die kerk om na die (goeie) geselskap van die
Here te soek, so hoekom sal ek dit hier doen? Wat betref die braaivleis,
probeer ek om my aandag toe te spits op bg. ontmoeting/geselskap, wat in
die meeste gevalle werk, maar die ou duiwel rus ook nooit...

-Lees julle nog vir julle kinders stories uit die kinderbybel ?
Het nie. Enigeen van die twee nie.

-Het julle verval in die bederwetse kak soos aromaterapie en sieners
-en "synergy" en sterre en voorspellings en "self-help" boeke en allerhande
-pseudo intellektuele stront ?
Dit lyk my ons stem ten minste saam oor die aard en kwaliteit van hierdie
goed.

-Noudat dit OK is om sonder 'n hoed kerk toe gaan, waaroor praat die Kerk ?
-oor versoening en boetedoening en verontskuldiging of wat ?
Meesal oor die Here en Christenskap, ens (in gemeente verband). Die
kerkleiers maak allerhande gebare (as Koos hierdie lees: wat is 'n goeie
uitdrukking vir "overture" in Afr?) na ander kerke toe (vereniging) of na
die SARK/WRK toe wat my nou nie juis aanstaan nie. Sommige van hulle weet
ook te vertel dat ek moet bieg en skuldig voel oor Apartheid, maar toe
doen hulle dit sommer namens my (skuldig voel en bieg bedoel ek). Lyk
vir my soos iets waaroor ou Martin Luther ietwat te sê sou gehad het...

-Vanwee politiese korrektheid mag mens in Aus nie meer oor die HEL preek nie.
S^e hulle moet oor die hemel preek - baie beter plek. Laat die duiwel
sy eie publisiteitswerk doen.

-Gaan Madiba kerk toe ? Bid julle vir hom ? (help dit ?)
Ek dink hy voel hy verhewe bo sulke goed.

-Julle wat oorsee is, watse interessante tempels van babel is daar ?
-of is dit so lekker oorsee dat julle sommer julle christelike kultuur
-laat staan het ?
Is jy dan nie oorsee nie, of praat jy nou van Gloudina en kie in Amerika?

-Ek gaan kerk toe. (Ouens wat so baie sondig soos ek behoort eintlik
-3 keer op 'n dag kerk toe te gaan). My seun vind stories oor Dawid
-en Goliat en Daniel in die Leeukuil baie interessant. Wie wil sy kinders
-dit ontneem ? Hulle het die reg om ingelig te word sodat hul self kan
-besluit.
Is nie "stories" nie. Jy kan nie slegs gedeeltes van die Bybel glo en
ander verwerp nie - jy aanvaar alles of niks.

-Gelukkig word mens gered uit genade en nie goeie werke nie,
-anders het ek al seker al my gat gesien.
Daar is natuurlik 'n angel aan bg. sin. Jy moet dit uitleef ook. Bring
goeie werke voort, leef soos 'n mens van die Lig, ens.

-Vir diegene soos ek wat aan 'n vreeslike klein, intieme kerkie behoort,
-is dit baie interessant. Interessante onderwerpe oor die skepping en
-"cloning" en wat-ookal. Ek en die jong dominee gaan dikwels saam
-visvang ook.
Laat weet ons meer hiervan. Ek behoort nou nie juis aan 'n "klein,
intieme kerkie" nie (allermins) maar ons gemeente is wel klein en intiem,
en ons vind sulke onderwerpe ook interessant.

-Australie is 'n vreeslik sekulere (heidense) land. Dit gaan te goed hier,
-mense het nie tyd vir kerk nie. Maar hul gryp na waarsegters en pseudo-
-religieuse gemors. Die tydskrifte is vol daarvan. Dit is hoog in die mode
-om die kerk te blameer vir alles.
-Die kerk word voorgestel as 'n skuilplek vir pedofiele (fedo-piele?),
-priesters wat gedurig daarop uit is om klein seuntjies te verkrag, ens.
-Aan die ander kant word die kerk gekritiseer deur die polities-korrektes:
-Die kerk moet mos homoseksuele priesters aanstel en homoseksuele huwelike
-voltrek.
-Kom jy op 'n sosiale geleentheid is die mees populere sêding "O my God!".
-Die kerk (en morele en sedelike waardes), is uit die skole gedryf,
-tesame met die rottang en dissipline. Kinders is rigtingloos en stout.
-
-Hier mag jy geen minderheidsgroep se kultuur of gelowe aanstoot gee nie,
-(polities korrek) maar jy kan die westerse godsdiens beledig soos jy wil.
-Die kerk kry die skuld vir omtrent alles wat in paternalisme aan die
-Aboriginees gedoen is. ('n maklike teiken, want die kerk erken skuld,
-die regering nie).
Helaas is al bg. waar in sekere kringe hier ook.

Groete,
Dries

NS: Hoe lank is jy nou al daar in Oz?

Geloof & kerksake | 4 kommentare

WENNERS

Sa., 05 April 1997 00:00

WENNERS IS MENSE SOOS JY

Wenners waag kanse. Soos enige ander, vrees hulle ook
mislukking, maar hulle weier dat vrees hulle beheer.

Wenners gooi nie tou op nie. Wanneer dinge begin rof
raak, byt hulle vas tot dinge verbeter.

Wenners is plooibaar, hulle besef dat daar verskeie
maniere is en is altyd bereid om 'n ander te waag.

Wenners respekteer hul eie swakhede, maar floreer
op hulle kragte.

Wenners die val ook, maar bly nooit lê nie. Hulle weier
halstarrig dat val hulle uitstyg verhoed.

Wenners blameer mislukking nie op die noodlot en
skryf hulle sukses nie aan geluk toe nie.

Wenners aanvaar self verantwoordelikheid vir hulle lewens.

Wenners dink positief en kan in alles die goeie bespeur.
Uit die gewone daar bring hulle iets sonderlinge voort.

Wenners glo in die weg wat hulle gekies het, selfs al is dit
opdraand, selfs wanneer ander nie kan begryp waarheen hulle gaan nie.

Wenners is geduldig. Hulle weet dat 'n doelwit net soveel werd is
as die moeite wat vereis word om dit te bereik.

Wenners maak hierdie wêreld werd om in te kan bly.

WENNERS IS MENSE SOOS JY !!!!!

Vir ander kostelikhede, gaan kuier by:
http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

"Die donker voor die malhuis se deur" deur CHARL DURAND

Sa., 05 April 1997 00:00

Die donker voor die malhuis se deur - vir lawrence
Charl Durand

Staan-staan verval jy in die ry van die sinneloses
elke dag 'n verbreking van die lig van jouself

maar dis wat jy wil glo - jou realiteit, jou skade,
jou christus in 'n russiese woordeboek.

Blaar vir blaar pluk jy die tak van bang
woordeloos verwag jy die wolke van angs

want dis al waarna jy deur jou dikwandbril staar.

Elke glinstering is vir jou verwarring
'n glimlag... weerlig... of is dit 'n traan?
-- wat jy nooit gestort het nie, tot jou skade
soekend na sielerus soos verlore pos.

Ek wou vir jou skree, pasop, die skadus gee mee
jou siel staan nader aan die donker voor die malhuis se deur
en die hel wat jy verwek is maar net die skepping se gebed
vasgevang in die tronk van jou no-where lewe.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Internet Opname

Vr., 04 April 1997 00:00

Hello daar,

Ek doen navorsing oor Suid-Afrikaanse Internet gebruikers vir 'n graad
in bemarking by UCT, en daarvoor moet ek met Suid-Afrikaanse
gebruikers kommunikeer oor hul behoeftes, houdings en visies vir die
toekoms. As jy 'n opinie het om by te voeg, kom maak 'n draai in ons
"chatroom" op Dinsdag 8 April om 20:00.

Die URL is http://www.tinderbox.co.za/bin/chat.cgi.

Kontak my asseblief direk as jy enige vrae of ander bydraes het. My
e-pos adres is vldr...@sonnenberg.uct.ac.za.

Dankie,

Reinhard von Ludwiger

Rekenaars & selfone | 0 kommentare

Vat jou goed en trek Fereira

Vr., 04 April 1997 00:00

Die manne wat veronderstel is om jou te beskerm is korrupte etters. Of laat
ek eerder
se die meeste van hulle.
En f-ol gaan dit beter maak. Laat hulle kom met stories van opleiding.
Dis waar Koos doodreg was. Hulle praat van opleiding vir kinders om die te
help en te
verduidelik waarom mens nie iemand anders verkrag nie! Hel man, my ma het
dit nie vir my hoef te leer nie.
On top of that: word die land verkrag. En ek is nie 'n rassis nie!

Hulle se Mosambiek se verlede is ons toekoms. Dis snaaks dat dit nie 'n
bybelse profe
sie was nie.

F dit man

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Vat jou goed en trek Fereira

Vr., 04 April 1997 00:00

Koos wrote in article
...
> On 4 Apr 1997 07:09:14 GMT, "Echardt Terblanche"
> wrote:
> >>
>
> "Hulle" se ook baie ander dinge.
> Onder meer dinge wat die teenoorgestelde is van wat die "hulle" van
> jou boodskap se.
>
> Maleisie het nooit 4 miljard rand in Maputo se middestad bele nie, het
> hulle?
>
> Ja Kosie maar lees mooi.
Ek het gese Mosambiek se VERLEDE.
Nou ek stry nie dat daar nie progressie is nie, ek wonder net hoe SA se
progressie is.
Obrigado.

As jy bekend is met Maputo gaan ry om die circle by die hawe se hoof
ingang, maak
'n links in die klein dwars straat en ry tot by Luso. En langs hom sal jy
Pub Mundo
vind. 'n Super Suid Afrikaanse plek. Of kyk by Komatipoort se grenspos vir
'n advertensie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Tarentaal" deur TOTIUS

Vr., 04 April 1997 00:00

DIE TARENTAAL
Totius (J.D. du Toit 1877-1953)

Die kruiwawiel se skreeugeluid
kerm hy droefgeestig uit
terwyl die skeemring vinnig daal,
die tarentaal.

Hy soek - en dit is ook al laat -
vir hom 'n kameraad,
om in 'n boom die eensaamheid
en nag te slyt.

Saam sal hul in 'n blinkblaarboom
half slaap, half waak, half droom,
en by die naadring van verderf,
alleen nie sterf.

*

Ek het gemik, en met die knal
het een dood neergeval;
die ander vlieg met wilde krag
weg in die nag!

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Sien jy daai boom? - bring hom hier, ek wil hom rook"

Do., 03 April 1997 00:00

Ek lees hulle het nou suksesvol geoes aan die eerste eksperimentele
daggaplase hier in Australie. Hulle vind toe die beste plek vir die kweek daarvan is
'n plek genaamd Denmark. (dit weet die wat onwettig dagga kweek
egter al lank)

Die dagga (wat spesiaal min van die aktiewe bestandeel bevat),
word gekweek om tot 10 keer meer produktief as katoen te wees.
Die Hemp word gebruik vir die maak van klere.

Dit is natuurlik hoe ons in Afr aan die woord "hemp" kom.
Vroeer is baie klere daarvan gemaak.

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Lied vir BEGINNER-STUDENTE van Afrikaans

Do., 03 April 1997 00:00

SIEMBAMBA

Siembamba, mama se kindjie,
Siembamba, mama se kindjie -
draai sy nek om, gooi hom in die sloot ;
trap op sy kop, dan is hy dood.

Traditional (with further verses by Langenhoven,
turning the song into a tale of courtship.) However,
the traditional words of the first verse have also been
used extensively by other poets and songwriters. The
most famous is the poem by C. Louis Leipoldt about
the suffering of the children during the Anglo-Boer
War. The title of Leipoldt's poem is " 'n Nuwe
Liedjie op 'n Ou Deuntjie" and he quotes the old
song as a "Lokasieliedjie." (Lokasie: location -
a place where non-whites had to live in the olden
days):

Siembamba, Siembamba,
Mame se kindjie, Siembamba!
Vou jou handjies same
en sê ame,
Mame se kindjie, Siembamba.

Draai sy nek om: wring his neck
Gooi hom in die sloot : throw him in the ditch
Trap op sy kop: Step on his head
dan is hy dood: then he will be dead

I always thought that the word "siembamba"
was something like the "hush" that you say to a
child. Much to my surprise I found that Bosman
and van der Merwe translates it as "simbamba -
- a picnic dance.") I wonder where the word sim-
bamba as the name of a picnic dance then comes
from. The best guess is probably that it comes
from Malay-Portuguese, unless it already existed
in the Dutch brought to the Cape by the original
Dutch settlers. I do not have an etymological
dictionary at hand. I wish someone could look it
up, either in Dutch or in Afrikaans.

Gloudina Bouwer

Musiek & liriek | 0 kommentare

Dankie Galjoen!!!

Do., 03 April 1997 00:00

Middag hier uit SA.

Koos (galjoen)

Ek wil net vir jou se dat ek jou gesels oor die doostraf en die vlam uit
die ou se kop
HEELTEMAL te veel geniet het.

Ek moes dit even faks vir die locals hier wat glo die internet is deel van
die antichris.

Wat die kwessie betref oor VSA en of dit net Amerika of sekere dele is?:
Ek was laasjaar 'n maand in NYC en ek is seker ek het veiliger gevoel as
wat ek in
JHB ooit sal voel.
Ja, ek weet daar is dele wat mens moet vermy.

Even hier in Randburg (Ferndale) het hulle net 'n week of wat terug een van
my vriende
by sy huis ingewag. Met 'n wheelspanner oor die kop geveter en sy kar
gevat.
Net nou die dag het hulle oor die nuus (Highveld Stereo) gese mense moet
ophou kanse vat en oor rooi ligte ry, en die dan as verskoning gebruik vir
mense wat jou kop
wil wegblaas om dan jou kar te vat. Verdomp siek man!!!

In een maand het hulle 2 karre by my ouers se plot naby Hartbeespoortdam
gevat.
Gelukkig, en ek wou eintlik se :"Dank Vader", het die laaste vetter oppad
terug
waarheen ookal, die kar gerol en sy gat tot in die ewigheid gesien. SUPER.

En ironies: tipies die huidige stand in SA: die ongeluk was ongeveer 4h00
die oggend. 10h00 was die kar nog langs die pad en die moer wat dit gesteel
het half-lyf by die venster uit. Opgeblaas van die son soos 'n damn
vetkoek.

Hulle steel my vriend se kar. Die polisie vind dit dieselfde dag maar hy
word nie in kennis gestel nie. 3 Maande later bel hulle hom, ewe trots,
hulle het sy kar gevind.
Super ja. Net die body. En ek meen dis al. Sitplekke gesteel, paneelbord,
wiele name it. Op die verwings terrein van die polisie. Sieklik man. Ek
sweer hulle run 'n
weeklikse veiling daar.

Wel hier groet ek eers. Julle moet dit weet, VSA of Amerika of net veilige
dit of dat.
Ek bly enige tyd enige plek in die VSA voor ek hier bly. Maar nou ja.

Groete
Echardt

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1531  1532  1533  1534  1535  1536  1537  1538  1539  1540  1541  1542  1543  1544  1545  1546    »]
Tyd nou: Do. Mei 21 05:10:09 UTC 2026