Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Vlam Wors jou Doring
Vlam Wors jou Doring [boodskap #9035 is 'n antwoord op boodskap #9053] Wo, 09 April 1997 00:00 na volgende boodskap
Abraham die Luigat[2]  is tans af-lyn  Abraham die Luigat[2]
Boodskappe: 2
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Eendag daar op Virgina, OFS werk ek daar in die gebou langs Volkskas
Bank. Daai dag ruik ek mos braaivleis. Ek loer oor die muur tussen
ons en Volkskas Bank - net daar sit hul bode en braai 'n stuk wors.
Sommerso 'n papier en karton vuur. Braai dit so in die vlamme. My lus
was groot, ek bedel 'n happie en was dit lêkker.

Daai aand loop my lus met my weg. Vat karton en 'n ou Rapport en
braai my selfgemaakte nommer een Boerewors so in die vlamme.
Daar leer ek van Vlam Wors. Hy's anders as gewone braaivleis wors.

Braai jy so in die vlamme. In die baie warm hitte braai jy sy
buitekant vinnig. Ek sit my worsies in 'n ry dan rol ek die hele ry
kort -kort. Die hele buitekant mooi donkerbruin kry - die velletjie
bars hier en daar oop van die hitte.

As worse nou mooi bruin en die erge hitte is weg is hul binne-in nog
rou. Sit jou rooster hoër as moet en braai rustig voort.

As hul gaar is dan het jy nou smul-lêkker wors.

Hierdie braai is baie vinnig. Jy gebruik sommer papier, karton of
flenter hout. As te min kole gooi jy gou nog 'n stukkie by. Dit is
amper so vinnig as in die pan braai.

As jy hom eers regkry gaan jou vrou jou gereeld weeksaande pla -"Braai
gou Vlam Worsies vir ons"

My dogters vergryp hulself, maak "Hot dogs" met tamatie en slaai met
die Vlam worsies.

Groetnis

Braam die Luigat

Haal die eerste l af van my E-pos adres.
Daai l is om gemors E-pos te vermy.
Re: Vlam Wors jou Doring [boodskap #9053 is 'n antwoord op boodskap #9035] Di, 08 April 1997 00:00 Na vorige boodskap
pigf...  is tans af-lyn  pigf...
Boodskappe: 33
Geregistreer: Julie 1996
Karma: 0
Volle Lid
Abraham die Luigat wrote
> Braai jy so in die vlamme. In die baie warm hitte braai jy sy
> buitekant vinnig. Ek sit my worsies in 'n ry dan rol ek die hele ry
> kort -kort. Die hele buitekant mooi donkerbruin kry - die velletjie
> bars hier en daar oop van die hitte.
>
> As worse nou mooi bruin en die erge hitte is weg is hul binne-in nog
> rou. Sit jou rooster hoër as moet en braai rustig voort.
>
> As hul gaar is dan het jy nou smul-lêkker wors.
>
jislaaik ek is nou honger en lus vir so stuk wors.
Vorige onderwerp: Lekker eet en ander dinge
Volgende onderwerp: Boerekos
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Mar 29 14:25:18 MGT 2024