Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Kos & resepte » Boerekos
Boerekos [boodskap #10260] Do, 07 Augustus 1997 00:00
Griet  is tans af-lyn  Griet
Boodskappe: 45
Geregistreer: November 1996
Karma: 0
Volle Lid
Ek het 'n Engels-sprekende vriendin hier in Kanada wat velede jaar met
'n baie oulike idee vorendag gekom het:

Sy stel die mense aan Suid-Afrikaanse kos bekend deur 'n
" Suid-Afrikaanse braai " as 'n item op hulle skool se jaarlikse veiling
te plaas. Ons vind dat die mense dan heel nuuskierig is om uit te vind
wat dit dan behels!! Verlede jaar het sy so 300 dollars ingesamel vir
die skool en hierdie jaar 400 dollars. Intussen help al die
Suid-Afrikaners wat intussen bykom met die koop en maak van die geregte,
die aandra van boeke, ornamente, foto's, inligting, musiek,
storie-boeke (hier is heelwat ou-mense wat nog Nederlands kan lees) ens.

Ons het so lekker gelag die eerste jaar, want nie een van ons het nog
ooit koeksisters self gemaak nie, sommer maar altyd by die basaar
gekoop. Ons het in Suid-Afrika nooit eers daaraan gedink om dit self te
probeer nie (gans te warm) ! Die eerste toetslopie doen ons toe met
Kersfees (dis nou die koeksisters, nie die braaivleis nie)! Deel van
die resep vra dat mens die stroop moet koud hou. Ons het sommer die
kinders buitentoe gestuur om die wasbak vol sneeu te maak!

Met hierdie jaar se braaivleis begin daar 'n so 'n klein probleempie sy
kop uitsteek:

"Jou melktert smaak nie soos my Ma s'n nie en ons het ons trifle altyd
so en so gemaak..."

En ons voel seergemaak as mense met kleintyd herhinneringe begin
peuter...

Griet
Vorige onderwerp: Vlam Wors jou Doring
Volgende onderwerp: Re: Boerekos.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Apr 26 07:08:33 MGT 2024