Na aanleiding van At se boodskap oor bewaarkloof het ek 'n bietjie by
die Nasionale Kultuurhistoriese Museum gaan aanklop om hulp. Hier volg
wat Jan van den Bos vir my gestuur het i.v daarmee:
"
Ek moes eers vasstel waar die plaas Bewaarkloof geleë is, en het dit 2329BB
van die 1:50 000 topografiese reeks opgespoor. Wat interessant is, is dat
dit oos van 'n plek met die naam Tommyskloof geleë is. Dit laat my dink dat
Anglo-Boereoorlog aktiwiteite in die vorm van skermutselings hier moes
plaasvind. Wat ek wel met sekerheid kan sê is Chunespoort, die pas oor
Strydpoort oor ses blokhuise beskik het. Dit was volgens dokumente 22 myl
suid van Pietersburg (Transvaal Argiefbewaarplek, CO 291/27-291/53 FK 1958:
49-97). Hierdie linie van blokhuise is reeds op 20 Januarie 1902 voltooi
gewees.
Die Britte het tydens die Oorlog (1899-1902) verskeie landelike en
spoorweglinies oor die land heen gehad. Dit was om die aantog van die Boere,
maar ook om die opblaas van spoorlyne deur die Boere veroorsaak, af te weer.
Daar was verskillende soorte blokhuise, sommiges van klip en die ander weer
van sink. Die wat in die Pietersburg-omgewing opgerig is, was meestal van
sink. Dit is dus moontlik dat 'n Britse kamp of garnisoen in die omgewing
van Bewaarkloof gestasioneer was. Meer navorsing is egter nodig. Die rivier
daar naby maak dit 'n ideale kampplek.
Daar is ook heelwat ystersmeltterreine in die omgewing van belang. Hieroor
het ek egter geen inligting nie.
Ek hoop dat dit moontlik kan help. Laat maar weet indien nog vrae
ontstaan.
Groete
Jan van den Bos
************************************************************ *******************
* Jan van den Bos *
* National Cultural History Museum Tel : 27 (0)12 341 1320 *
* PO Box 28088 Fax : 27 (0)12 341 6146 *
* SUNNYSIDE Email : nc...@nchm.co.za *
* 0132 Director : Dr US Kusel *
* *
* 139 Mears Street *
* SUNNYSIDE Website : http://www.paperless.co.za/public/nchm/ *
************************************************************ *******************
"
Die boodskap sê niks oor die vrouens en kinders wat daar weggesteek was
nie, maar die feit dat daar nie ter ver vandaan 'n plek met die naam van
Tommyskloof is, bewys vir my nog meer die merkwaardigheid van die hele
gebeurtenis.
Ek was die afgelope naweek bevoorreg om in Tzaneen se wêreld te wees, en
ek het uitgekyk vir iets wat interessant lyk. Wat my opgeval het, was
die verskil in die landskap in die bestek van omtrent 50 KM soos die
kraai vlieg. As mens verby Pietersburg is van Pretoria se kant, is die
landskap vol kein koppies en is dit redelik droog. Ry nog 5 km en jy ry
in 'n bergreeks in, dis nou nader aan Magoebaskloof. As jy jouself weer
kom kry, sit jy in die middel van papaja en piesang boerderye. Ek kon my
oë nie glo toe ek hierdie bome sien, aan die einde van Mei nie. Dit
terwyl dit in Pretoria stortreën en snerpend koud is. Ry verby Tzaneen,
na Letsitele se kant, en die plek word weer droeër, weereens meer
bosveld. So het dit aangehou tot by die Hans Merensky reservaat,
waarlangs ons gebly het.
Wat my wel opgeval het, aan die negatiewe kant, is dat die plantegroei
naby Tzaneen, aan Pietersburg se kant, lyk soos in Europa. Die rede ?
Die natuurlike bos het plekgemaak vir plantasies. Daar is ontsettend
baie papier- en saagmeulens, wat die landskap ontsier. Die ekonomiese
redes hiervoor kan begryp word, en dit regverdig seker die verwydering
van natuurlike bos, maar ai... Dit laat my dink aan die tyd wat ek by
Graskop op veldskool was. Daar is dit die ene dennewoud, alles
aangeplant deur papiermaatskappye. Die stilte in die woud nogal
aangrypend, wanneer jy besef dat daar nie baie voëls is nie. Dit laat
mens besef watter impak die ekonomie op die natuur het. Ek sou wat wou
gee om te weet hoe dit daar gelyk het voordat die westerse ekonomie daar
ingevaar het.
Het jy dalk al iets nuuts oor bewaarkloof, At ? Vira ? Wen ?
Alwyn het geskryf:
> Dan het hy mos nou die bus gevang.
Beslis. 'k stem heeltemaal saam.
Laat dink my aan 'n grap wat ek nou die dag gehoor het. Gatiep het werk gekry
as bus bestuurder by die Golden Arrow bus maatskappy, maar daar's baie klagtes
oor hom, omdat hy nie wil stop by al die bushaltes nie.
Toe ry een dag 'n kondukteur saam met hom, en díe kyk toe hoe Gatiep al rasende
verby een halte na die ander ry, waar die mense tevergeefs staan en wag, en hom
probeer waai hy moet stop.
Toe Gatiep getakel word, oor sy gedrag, toe antwoord hy: "Vir ses maande het
ek sonder werk gesit, en niemand wou my ken nie. Nou lat ek 'n job gekry het
by Golden Arrow , nou soek hulle almal 'n lift!"
weet iemand hier almiskie wat die afrikaanse woord vir ``(web)
browser'' is? tot nou toe het ek reggekom met ``loerprogram'',
``netkyker'' en ``snuffelapparaat'' maar ek is seker iemand het al 'n
meer offisiele naam uitgedink.
On 5/26/97 10:32AM, in message , Mike wrote:
>
>> 'n Ander een wat ons geleer het, en wat al die jare my gunsteling was, was "Amakeia", deur A G
>> Visser . Onthou jy dit dalk ...?
>
> Onhou ek dit? Onhou ek dit? Toe ek jou briefie lees kry ek toe
> sommer so 'n maise knop in my keel, en toe begin ek dit sommer te
> gons? (Engels=hum) met die ritme van "Oh my darling, oh my darling,
> oh my darling Clementine). Toe besef ek dat ek meeste van die woorde
> vergeet het!
>
>
> Stuur asseblief die hele ene?
>
>
Mike, toe ek jou pos lees moes ek twee keer kyk, want ek kon my oë nie glo nie
- toe sit en glimlag ek van oor tot oor, want jy het my geheimpie wawyd
oopgelê. Ek sing al die jare al "Amakeia" op die wysie van "Oh my darling,
Clementine", maar ek dog ek's die enigste een ter wêreld, en ek sou dit nooit
so in die openbaar toegegee het nie , he he he! Kyk, ek's al alles genoem van
"nogal weird!" tot "so mal soos 'n haas" en "stapelgek", so ek moet nou bietjie
oppas as ek 'n tikseltjie "credibility" nog will handhaaf. Maar jy het my nou
so vér gedryf, kom ons sing maar saam:
AMAKEIA ~ deur A.G. Visser
('n voorval uit die Sesde Grensoorlog).
In die skadu van die berge,
bos-beskut aan alle kant,
staan alleen die hartbeeshuisie
op die grens van Kafferland.
Saggies neurie Amakeia
op die wal van Kei-rivier,
tot hy slaap, die tere wiggie
van die blanke pionier:
"Stil maar, stil maar, stil Babani;
kyk hoe blink die awendster.
Niemand sal vir kindjie slaan nie -
stil maar, al is Mammie ver."
Amakeia had belowe
toe haar nonna sterwend was,
om die hulpelose kindjie
tot hy groot was, op te pas.
Liefd'ryk sorg sy vir die wit kind,
tot vir hom die lewenslig
straal uit aia Amakeia's
vrind'lik-troue swart gesig.
Onheilspellend sien sy tekens,
oorlog kom daar in die land:
Snel die inval, huis en hawe
uitgemoor en afgebrand.
Selfvergetend, doodveragtend,
met die wit kind op haar rug,
na die Amatola-berge
het sy ylings heen gevlug.
"Stil maar, stil maar, pikanienie;
oor die bergtop rys die maan.
Niemand sal vir ons hier sien nie;
môre sal ons huis toe gaan."
Ag, dat oë van verspieders
ook haar skuilplaas moes ontdek!
"Spaar hom, hy's so klein nog," smeek sy
met die hande uitgestrek.
Woedend tier die wilde bende:
"Sterf of gee die wit kind hier!"
"Oor my lewelose liggaam ..."
antwoord Amaeia fier.
"My belofte aan my nonna -
beste wat daar ooit nog was -
waar hy gaan, moet Amakeia
saamgaan om hom op te pas."
"Is jul lewend nie te skei nie,
bly dan in die dood vereen -
kort proses met haar, Maxosas,
laat die blink asgaaie reën!"
*
In die Amatola-klowe
sing nog net die winterwind
deur die riete in die maanskyn:
"Tula - Tula - stil, my kind!"
Ek hoor dat Alex Bo en sy trawante vra dat die Kerk moet sy sondes bely oor die
Apartheid... Het julle nou sulke snert gehoor, of is ek hier die enigste een
van my wysie af... Miskien kan AlexBo en sy trawante liewers hulle sterre dank
vir die instelling van Apartheid.... Hoekom se hy nie sommer ook die NGK, by
name nie?
Ek dink dat hierdie sogenaamde WVK het nou verander na Wye Voet Koos... En
julle weet tog almal wat WyeVoet gedoen het......?
Hoe voel julle daaroor
Vriendelik groete
Gerhard
--
'Die herinneringe aan Gerhardus
is veel aangenamer as sy Teenwoordigheid'
'n Vriend hier in die VSA wil graag Afrikaans leer, weet iemand dalk
waar ek 'n handleiding of kasette vir beginners in Afrikaans kan
bekom? Is daar dalk 'n Website?
I am touched by the personal letter addressed to me... and I
do hear what you are saying. However, this newsgroup is a
South African one, which specifically concerns Afrikaans.
Since Afrikaner culture and language was rammed down my throat
for so many years, and since I was forced to leave SA to
avoid conscription into the Afrikaner regime's military
force, I believe I do have a right to voice my opinion.
When I return to SA (hopefully soon), I look forward to
a new country and less Afrikaans!
My opinion has been stated now, thank you for listening.
You could (of course) have killfiled me and ignored me,
but most of you did indeed listen. Heh.
My matras en jou kombers,
en daar lê die dinge,
daar lê die dinge,
daar lê die dinge.
My matras en jou kombers,
en daar lê die dinge,
daar lê die dinge,
daar lê die dinge.
We are marching to Pretoria,
Pretoria, Pretoria;
We are marching to Pretoria,
Pretoria here we come.
matras : mattress (matrasse/matrassie)
kombers : blanket (komberse/kombersie)
l^e : lie,lay (het gel^e/ sal l^e)
English "to lie" is "om te lieg."
ding : thing (dinge/ dingetjie)
daar lê die dinge : that's how things are, that is
just the point , that is the state
of affairs.
This song has almost surely its birth in the culture
of the Cape Coloureds of the Western Capa Province.
However, the English part "We are marching to Pretoria"
I think has assumed a life of its own.
It is a song born during the period of intense English
imperialistic aggression in Southern Africa at the end of
the nineteenth century and the beginning of the twentieth
century. This is the period when Cecil John Rhodes
made it his job to plant the British flag by hook or by crook
over the south of the African continent. Through his hench-
man Jameson he subjugated Lobengula (by addicting him
to morphine) in the area known today as Zimbabwe. Through
the manipulation of British and Cape politics, Rhodes then
achieved what he had always wanted : a state of war with
the two independent Boer Republics of the Transvaal and
the Orange Free State. It took the mighty British Army three
long years to bring the two small Boer Republics to their
knees. This war and its aftermath was the breeding ground
for a lot of the problems that Southern Africa faced in the
course of the twentieth century.
For a while the name of Cecil John Rhodes was revered
especially outside Africa, mainly because he was seen as
the benefactor that created the prestigious Rhodes Scholar-
ships (initially for men only), and because he was the founder
of De Beers, a South African company of international status
even today. Lately the myth of Rhodes as the great nation-
builder has been attacked in the media. Recently we saw
a series titled "Rhodes" here in Canada, which exposes him
as a ruthless business man and manipulator of opinion at the
Cape and in Britain. The purpose of the series is also to leave
no doubt in one's mind that Rhodes was a homosexual who
ruthlessly used the one young man after the other to do his
bidding in what was essentially a cold (and dirty) war against
anybody who stood in the way of his ambitions.