Word Hollands iewers in Suid-Afrika aangebied as skoolvak?
Dit is nou vir die eerste keer 'n erkende skoolvak in Engeland, met die
eerste GCSE eksamen in 1998, aangebied deur die Midlands Exam board.
Ek het net so 'n gedagte dat dit vir 'n 14-jarige Afrikaanssprekende
kind wat noodgedwonge 'n 'modern language' moet neem vir GCSE
(gelykstaande aan ons St. 8), dalk makliker sal wees om Hollands te neem
as Frans. Die probleem is dat die skool nie 'n onderwyser het wat
Hollands kan aanbied nie, dus sal hierdie onderwyseres-ma dalk sommer
self moet inspring en dit doen... met slegs Afrikaans-Nederlands 3 as
agtergrond. En daaroor sal eers *deeglik* besin moet word!
Ek sal graag wil hoor van iemand wat Hollands as vak aanbied, of dit as
skoolvak in Suid-Afrika neem, of geneem het - verkieslik per e-pos,
aangesien dit dalk nie van veel belang vir die ander lesers van hierdie
nuusgroep is nie.
In ons koerante hier in Kanada lees ons van
die nuwe entiteit wat Roelf Meyer op die been
probeer bring - "Proses vir 'n Nuwe Beweging."
In 1993, toe ons laas in Suid-Afrika was, het
'n swaer van my daarop gestaan dat ons vir 'n
paar uur na die konstituele samesprekings in die
Trade Centre in Johannesburg moet gaan luister.
Ek het later die suspisie gekry dat hy ons maar net
aan "Roelfie" bekend wou stel. Ek kon aanvanklik
nie verstaan hoekom my swaer altyd van hom as
"Roelfie" gepraat het nie, gewoonlik met so 'n sagte
kyk in sy o"e en met 'n fyn glimlag om die mond.Toe
ek Roelfie nou in lewende lywe ontmoet, toe het ek
verstaan hoekom. Roelfie het so klein en tenger en
ernstig gelyk, dat ek onmiddellik beskermend oor
hom gevoel het. Dis eers aan die einde van ons ont-
moeting, toe ek vir hom sê ook ons Afrikaners buite
die land maak staat op hom, en hy my vir my woorde
bedank, dat ek die sterkte en die staal in die man voel.
Hy mag klein van gestalte wees, maar in die laaste
analise lyk dit vir my asof hy een van die belangrikste
persoonlikhede van die afgelope dekade is. Dit lyk
vir my hy het 'n baie groot aandeel gehad in die
rehabilitasie van die Nasionale Party. Sy lojaliteit aan
die N.P. aanvanklik het my amper ontroer. (Ek is seker
dat die A.N.C. hom baie graag aan hulle kant wou gehad
het.) Die feit dat hy nou die moed het om die Nasionale
Party totsiens te sê en 'n nuwe rigting te probeer inslaan,
getuig van 'n man wat besluit het dat hy sy man sal moet
staan en Suid-Afrika in 'n nuwe rigting lei. 'n Mens hoop
natuurlik dat hy 'n party sal kan stig wat met die volgende
verkiesing 'n waardige opposisie sal wees vir die ANC.
Miskien moet die ANC ook nog deur 'n soortgelyke
proses gaan en miskien hulle naam verander. Hoe meer
bagasie van die verlede uitgegooi kan word, des te beter
sal dit vir almal wees. Miskien moet die woord "national"
in Suid-Afrika verban word vir 'n rukkie.
ek dink julle is almal 'n klomp moffies met niks met beter om met julle tyd
te doen nie. ek dink dis mense soos julle wat ons land se ekonomie in die
#%#@ gedompel het waar dit is. hoe slaap julle mense in die nag?
So you sink English has a problem viz German, ja? Wot about ze uzzer vay around - ze new
German is zo ful ov English verds zat yu kan hardly make out vich langwich u are reeding any
more! Take vor eksampel:
Die Studenten in der Universität zu Pavia waren Holitärrers - die Strietlemps haben sie am
Halloween gebostet und die Garbetschkenns gedommpt - und sieben Mal in einer Nacht haben sie
den Prof. Allessandro Volta den Dorrnacker geklappert. Da hat der gute Doktor doch endlich ein
Fiuss gebloht. "Nun ist doch mein Limit gerietscht", fuhmt er, "elende Lohfers, euch will ich
fixen!"
Und so denkt er nun, wenn andere mit blos zwei Metallstücke Froschschenkel twitschen machen
konnten, was würde er nicht selbst mit e'Koppel hundert Metallpaare accomplischen! Also nimmt
er e' silber Bock, und e' Zinkwascher und e'Stück Blattingpapier das er erst in Salzwasser gedunkt
hat, und noch e' Bock und wieder e'Zink, und so an, bis er ein Peil von eibettju ennihau 300 Volts
hat. Dann hitscht er ein Ende des Peils mit e'Weier an den Dorrnacker, und graundet das andere
Ende, und ohboi! der nächste Bursche, der den Nacker retteln will, wird selbst für e'Lup genackt.
Der Volta reportet sein Socksess an die Royal Society in London, und bald haben die Scientists in
allen Ländern auch Peils - noch viel grösser wie Voltas - und zu electroleisen, und sogar zo
plehten, wie niemand sein Bissness. In Poland gab es zwei Professore, die hatten e'Brehnsturm
and haben die Weiers von der Batterie getehstet. Dann werde e'grosse Feit gestetcht! Der erste
insistet, es schmecke sauer, der zweite meint nein, mehr wie Seife; der erste sagt, "Mein Meind
ist aufgemacht, es is doch so", der andere sagt "Balloni!", und so kommt es, dass noch heute an
jeder Batterie e' positiver Pol und e' negativer Pol ist.
Volta werde für seine Arbeit von Napoleon geonnert, und seine Stadt hat ihn Präsident für Leif
von der Pavianerhalloweenneusundhellrehsungsverhinderungsgesellschaf t gemacht. Zwar haben
die Buben nie wieder mit seinem Dorrnacker gemonnkieht, doch schon am nächsten Halloween
haben sie sein Beckhaus getippt und einer sehr toten Skonk durch sein Fenster gehieft. Und so
haben ihm seine Peils am Ende doch viel Trubel gemacht.
Pa, staan tog stil
lat die baas jou slaan
lat ons wyn kan kry.
Hou op skeef neuk,
netnou jaag hy ons
van sy plaas af.
Dis 'n feudal system, Jakop:
Werk vir wyn tot jy bly lê -
'n doppie vir brekfis,
'n doppie vir lunch
en 'n laaste horinkie vir die bed.
Bly gekoring en hou jou bek!
Ek het die volgende op 'n poslys raakgeloop. Dit lyk asof ons 'n Nuwe
spelling te wagte kan wees, net reg om ingevoer te kan word vir die
Nuwe Suid Afrika
WITH all the talk about a single European currency, some people
are talking about a common European Ianguage, with English
being touted as the preferred language for communications,
ahead of German. But the British will be asked to concede
a simplified spelling to be phased in over a five-year period.
In the first year, 's' would be used instead of the soft 'c'.
Sertainly, sivil servants will resieve this news with joy.
Also, the hard 'c' will be replaced with 'k'. Not only will
this klear up konfusion, but typewriters kan have one less
letter on the keyboard.
There will be growing publik enthusiasm in the sekond year,
when the troublesome 'ph' will be replaced by f. This will
make words like 'fotograf' 20 per sent shorter.
In the third year, publik akseptanse of the new spelling kan
be expekted to reach the stage where more komplikated changes
are possible. Governments will enkourage the removal of double
letters, which have always ben a deterent to akurate speling.
Also, al wil agre that the horible mes of silent 'e's in the
languag is disgrasful, so they would hav to go.
By the fourth year, peopl wil be reseptiv to steps such as
replasing 'th' by 'z' and 'w' by 'v'.
During ze fifz year, ze unesesary 'o' kan be dropd from vords
kontaining 'ou', and similar changes vud of kors be aplyd to
ozer kombinations of leters.
After zis fifz year, ve vil hav a reli sensibl riten styl. Zer
vil be no mor trubls or difikultis and evrivun vil find it ezi
tu understand ech ozer. Ze drem vil finali kum tru.
In a post a while ago Andrew Harwood of Ottawa
recommended some of the following books that
you will find on the Schoenhof's list:
Groenewald, P. "Learn to speak Afrikaans"
Publisher Shuter & Shooter
Price $8.95
The author begins by using words that are the same
in both English and Afrikaans.
"Teach yourself Afrikaans" (National Textbook Company)
Price $16.95. Teaches the language as it is used in day
to day situations.
Holloway G. "Painless Afrikaans"
Publisher Juta Price: $ 13.95
Tapes:
Language 30 Afrikaans (Audio-Forum) tapes
Publisher Audio-Forum Price $21.95
Conversaphone Afrikaans Language Course
in one cassette. Publisher: Conversaphone
Price $9.98
Dictionaries: There are a number of Dictionaries
listed on Schoenhof's page. We are using
"Tweetalige Skool-Woordeboek" by
Bosman, Van der Merwe and Barnes
Publisher: Nasou. I think this is the
one listed with price $ 29.95 on
Schoenhofs. We find this quite adequate.
This is a shortened version of the larger
"Tweetalige Woordeboek" by the same
authors, and is produced for use in
secondary schools.
> Ek wil graag ook 'n verduideliking vra vir "hy/sy sit vir jou ore aan".
> Dis al baie vir my gesê, en ek neem aan dit beteken iemand maak
> 'n "fool" van my, omdat ek dikwels naif is, en glo wat almal vir my sê,
> sonder om te dink dat daardie persoon dalk lieg. Hulle maak 'n donkie
> van my?
Vira, jy spring my voor. Die volgende kom uit 'n reeks wat ek besig is om
te skryf oor Afrikaans - ook vir julle op internet. Toe Afrikaans hier
ontstaan
het, het dit net soos die ander inheemse tale die wonderlike vermo"e
openbaar om metafories ryk te wees. Luister net 'n bietjie.
Mense wat met 'n halwe oor luister, meen dikwels Afrikaans = apartheid.
Baie van ons in die Afrikaanse nuusgroep op internet laat die ore hang.
Dis omdat sekere bogte wat nog nie droog agter die ore is nie, skynbaar
vir ons die ore aansit. Dan vra ons hulle mooi om die ore te spits, maar
dit
lyk nie asof hulle ore het nie. Maar al wat hulle doen, is om ons aan die
ore te lol. Dis omdat hulle die ore uitleen. Die volgende stap is om
hulle
dringend te versoek om ons saak in die ore te knoop. Maar nou ja, dis by
die een oor in en by die ander oor uit. Nee, eintlik is dit die ore sluit
vir ons
saak. Dis dan wat ons probeer om hulle kop tussen die ore te sit. Ons
het nie meer 'n ope oor vir hulle saak nie. Omdat hulle Engelse galbraak
ons nie meer die ore streel nie, begin ons in Afrikaans hulle om die ore te
gee. Omdat ons dink dat hulle nie Afrikaans verstaan nie, kry ons lekker
as hulle ore tuit. Ongelukkig loop ons op dun ys want een of ander tyd
gaan dit hulle ter ore kom. Neig tog die ore - daar is vertalers wat vir
hulle
lang ore maak in Engels. Wat ons mekaar in die ore wou blaas, kom dan
op die lappe. Die gevolg is dat ons tot agter die ore bloos. Ai, het ons
maar
die ore gewas.
halwe oor luister = luister met verdeelde belang of aandag
laat die ore hang = mismoedig wees
nie droog agter die ore nie = onkundig te wees
iemand die ore aansit = te kul, spot te dryf
die ore te spits = opmerksaam te wees
iemand aan die ore lol = lastig te val
die ore uitleen = na leuens te luister
een oor in, ander oor uit = gou vergeet
die ore sluit vir iets = nie ag te gee op iets nie.
kop tussen die ore te sit = tereg te wys
ope oor te hê = tegemoet te kom
die ore streel = mooi dinge te sê
om die ore gee = kop te klap, karakter te verguis
iemad se ore tuit = in die afwesigheid van 'n persoon te praat
ter ore kom = ware toedrag verneem
lang ore maak = alles wetenswaardig verneem
die ore neig = luister
in die ore blaas = fluisterend of agteraf meedeel
agter die ore bloos = baie bloos, groot verleentheid
was die ore = luister na wyse raad
Daar was 'n tyd terug 'n bietjie van 'n bespreking oor oerbeweging van
die aarde onder SA.
Die artikel verskyn in Beeld:
Sowat 2 000 miljoen jaar gelede het 'n objek wat waarskynlik net so
groot was soos die asteroïde wat na bewering die dinosourusse 65
miljoen jaar gelede laat uitsterf het, die aarde in die omgewing van
Vredefort in die Vrystaat getref.
^Die tekens is vandag nog in die omgewing te sien.
^Dit is een van verskeie impak-punte uit die aarde se verlede wat
deesdae deur wetenskaplikes ontdek word.
^Drie geoloë van Potchefstroom, dr. Martin Brink, prof. Andries
Bisschoff en dr Frans Waanders van die departement Metallurgiese
Ingenieurswese aan die Potchefstroomse Universiteit, het die
Vredefont-gebeurtenis van miljarde jare gelede nagevors en die
struktuur daarvan ontrafel.
^Hulle sê die gebeurtenis was feitlik presies 2000 miljoen jaar
gelede.
^"Geen oorblyfsel van die meteoriet is behoue nie. Ons spekuleer egter
dat dit iets soos 'n asteroïde of komeet kon gewees het soortgelyk aan die
Shoemaker-Levy-komeet wat Jupiter in 1994 getref het, maar moontlik
sonder om op te breek," sê hulle.
^"Ons noem dit steeds 'n meteoriet, in die sin dat dit 'n ruimteliggaam
was wat die aarde se oppervlak bereik het sonder om uit te brand.
^Ongelukkig kan 'n mens nie die grootte presies aflei nie.
^"Al gegewe wat ons het, is die projeksie van die grootte van die
oorspronklike krater (ongeveer 90km in deursnit en meer as 20km diep).
^"Variante waarvan ons nie genoegsame getuienis het nie, is die
komplekse versameling van gesteentes in die teikengebied, almal met
verskillende sterktes en die hoeveelheid energie nodig om 'n
ontploffing te
veroorsaak wat so 'n hoeveelheid materiaal kan verskuif.
^"Die energie hang nie net van die massa van die meteoriet af nie, maar
ook van die snelheid waarmee dit die aarde tref. Omdat die grootte van
die krater dus van die tussenwerking van verskeie onbekende faktore
afhanklik was, kan ons net hieroor spekuleer.
^"As ons die Amerikaanse spekulasies wil navolg, kan ons (met min
gronde) spekuleer oor 'n objek van tussen 4 en 5km in deursnit en wat
met 'n snelheid van ongeveer 30km per sekonde die aarde getref het.
^"Maar ons is dalk beskeie. Die Vredefortstruktuur en die van Chicxulub
by die Yucatan-skiereiland in Mexiko was oorspronklik omtrent ewe
groot, dus kon die meteoriet of naby ewe groot gewees het. Hulle praat
volgens berigte van 'n deursnit van ongeveer 10km."
^Die impak het plaasgevind voor die opbreek van die kontinente baie
lank gelede. Dit moes dus 'n ou superkontinent getref het.
^"Lewe op die aarde was toe waarskynlik beperk tot baie eenvoudige
vorms. Strukture genoem stromatoliete, soos nog steeds deur
hedendaagse alge onder water gebou word, word gevind in die dolomiet
van die Transvaal-Supergroep, wat deel van die teikenrotse was. Dit lyk
dus of daar geen dramatiese groot uitsterwing van hierdie organismes
gevolg het nie, moontlik omdat hulle wydverspreid oor die aarde onder 'n
beskermende laag water geleef het.
^"Tydens sy vorming ondergaan 'n krater soos hierdie 'n ingewikkelde
evolusie. 'n Oorgangskrater word gevorm tydens die oomblikke wat volg
op impak," sê hulle.
^"Die oorgangskrater het egter 'n baie beperkte lewe, en val byna
onmiddellik weer toe deur materiaal van die steil wande. Tydens hierdie
proses word die deursnit van die uiteindelike krater dus vergroot.
^"Uiteindelik tree die proses van isostasie in werking, wat beteken dat
die verdunde kors van die aarde onder die groot gat (die kors is verdun as
gevolg van die hoeveelheid materiaal wat verwyder is) nou hoër op die
swaar materiaal van die aarde se mantel sal begin dryf.
^"Opheffing van die vloer vind dus plaas; die vloer word opgelig en word
na miljoene jare weer met die omgewing gelyk gemaak. Die proses is
langsaam, omdat die materiaal van die kors nie vloeibaar soos water is
nie. Ons sien dus nie meer die gat nie, maar 'n opwelling van swaar
mantelmateriaal onder die ou krater wat nou as 'n swaartekrag-anomalie waarneembaar is.
^"Tydens die proses van kratervorming, onmiddelik na impak, word
egter in die geval van groot kraters soos die van Vredefort en Chicxulub
(en Orientale op die Maan, Hellas op Mars en ander strukture op ander
lede van ons sonnestelsel) verder ringe konsentries om die krater gevorm.
^"Die oorgangskrater se deursnit mag 90km gewees het, maar die
uiteindelike struktuur van die astrobleem (sterreletsel) was baie groter.
Ons sien nou slegs die wortel van die oorspronklike struktuur, nadat die
meeste daarvan deur erosie van 2000 miljoen jaar verwyder is. Hierdie
oorblyfsel bestaan uit die vloergesteentes van die oorspronklike krater en
twee herkenbare, konsentriese ringe, met 'n totale deursnit van ongeveer 160km.
^As 'n mens dit sou projekteer na die grondoppervlak soos dit voor
erosie was en die debatteerbare, moontlike oorblyfsel van 'n derde ring
wat in die noordweste sigbaar is, sou bytel, was die oorspronklike
struktuur byna tweemaal so groot. Maar weer, ons weet nie presies nie.
^Die bekende worteloorbyfsel strek van Kroonstad tot noord van
Carletonville en Klerksdorp tot by Heilbron.
^Die groot struktuur het dus bestaan uit 'n krater met konsentriese plooie
en verskuiwings in ringe daarom gerangskik. Duidelike behoue tekens van
die groot struktuur is die plat gebied in die omgewing van Vredefort en
Parys, wat die ophehefde kratervloer vorm; die rante om hierdie gebied,
noord van Parys en wes van Vredefort, wat 'n deel van die behoue eerste
ring vorm, die groot vallei van die Loopspruit wat konsentries om hierdie
ring strek van naby Vereeniging af, verby Potchefstroom na die Vrystaat;
en die Fochvillerante waarvan die Gatsrand 'n deel vorm, wat 'n deel is
van die tweede ring.
^Die Loopspruitvallei is 'n afplooi of sinklien, wat onder geoloë as die
Potchefstroomsinklinorium bekend is. Ongelukkig leë die suidelike helfte
van die struktuur in die Vrystaat onder jonger lae van die
Karoo-Supergroep begrawe, wat ongeveer 1500 miljoen jaar na die
impak oor die verweerde oorblyfsel afgeset is.
^Die Vaalrivier het bo-op die jonger lae van die Karoo ontstaan en het
later sy pad deur erosie seur die onderliggende stuktuur ingekerf.
^Vredefort is die grootste krateroorblyfsel wat tot dusver in goeie detail
beskryf is,
^ Volgens die navorsers weet hulle nie van iets groter op die aarde wat
sonder twyfel 'n astrobleem is nie, maar Andreoli en andere van die
Witswatersrand Universiteit van die Witwatersrand het by die 1995
kongres van die Geologiese Vereniging van Suid-Afrika 'n beskrywing
gegee van 'n struktuur, begrawe onder die Kalaharisand, met 'n
middelpunt naby Morokweng. Hierdie struktuur kan veel groter wees,
maar is nie goed sigbaar nie.
^Proff. Rob Hargraves van Princeton en Arthur Fuller van Kaapstad het
reeds ion 1981 voorgestel dat 'n ringstruktuur onder die Karoogesteentes
bestaan by Reitz, met 'n deursnit van meer moontlik tussen 350 en 500 km.
^Hierdie struktuur kom in die diep vloergesteentes voor en was
waarskynlik soos Vredefort ook aan erosie onderwerp.