Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Weer in die Ark" deur TOTIUS

So., 25 Mei 1997 00:00

WEER IN DIE ARK
Totius

Stormwaters van die Wêreldvloed
het eindelik skuimend uitgewoed.
'n Duif het Noag uit laat vlieg,
die't oor die golwe heengevlieg.

Maar bo die ongestuime vloed,
was daar geen rusplek vir sy voet.

Uit koue wêreld, wind en weer,
het dit na Noag teruggekeer.

Hy't met sy hand die swerweling,
weer in die ark teruggebring.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

I.v.m. "Julle is almal moffies" (Nie 'n 'vlam?') (Not a FLAME)

So., 25 Mei 1997 00:00

Ek wil om verskoning vra vir die boodskap wat onder my naam verskyn in
hierdie nuusgroep.

Die boodskap is gestuur deur 'n psigopatiese ellendeling wat my rekenaar
onder sy smerige vingers ontdek het en nie die versoeking kon weerstaan
nie.

Neem asseblief kennis dat ek geen verbintenis het met die dinge wat genoem
is in die artikel met die titel "Julle is almal moffies" nie.

Dankie

Jan Boshoff
Chemiese Ingenieurswese
P.U. vir C.H.O.
Potch

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Hollands as skoolvak

So., 25 Mei 1997 00:00

Kan iemand help?

Word Hollands iewers in Suid-Afrika aangebied as skoolvak?

Dit is nou vir die eerste keer 'n erkende skoolvak in Engeland, met die
eerste GCSE eksamen in 1998, aangebied deur die Midlands Exam board.

Ek het net so 'n gedagte dat dit vir 'n 14-jarige Afrikaanssprekende
kind wat noodgedwonge 'n 'modern language' moet neem vir GCSE
(gelykstaande aan ons St. 8), dalk makliker sal wees om Hollands te neem
as Frans. Die probleem is dat die skool nie 'n onderwyser het wat
Hollands kan aanbied nie, dus sal hierdie onderwyseres-ma dalk sommer
self moet inspring en dit doen... met slegs Afrikaans-Nederlands 3 as
agtergrond. En daaroor sal eers *deeglik* besin moet word!

Ek sal graag wil hoor van iemand wat Hollands as vak aanbied, of dit as
skoolvak in Suid-Afrika neem, of geneem het - verkieslik per e-pos,
aangesien dit dalk nie van veel belang vir die ander lesers van hierdie
nuusgroep is nie.

Baie dankie!
Rana

--
rana

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Roelfie en die Proses vir 'n Nuwe Beweging

Sa., 24 Mei 1997 00:00

In ons koerante hier in Kanada lees ons van
die nuwe entiteit wat Roelf Meyer op die been
probeer bring - "Proses vir 'n Nuwe Beweging."
In 1993, toe ons laas in Suid-Afrika was, het
'n swaer van my daarop gestaan dat ons vir 'n
paar uur na die konstituele samesprekings in die
Trade Centre in Johannesburg moet gaan luister.
Ek het later die suspisie gekry dat hy ons maar net
aan "Roelfie" bekend wou stel. Ek kon aanvanklik
nie verstaan hoekom my swaer altyd van hom as
"Roelfie" gepraat het nie, gewoonlik met so 'n sagte
kyk in sy o"e en met 'n fyn glimlag om die mond.Toe
ek Roelfie nou in lewende lywe ontmoet, toe het ek
verstaan hoekom. Roelfie het so klein en tenger en
ernstig gelyk, dat ek onmiddellik beskermend oor
hom gevoel het. Dis eers aan die einde van ons ont-
moeting, toe ek vir hom sê ook ons Afrikaners buite
die land maak staat op hom, en hy my vir my woorde
bedank, dat ek die sterkte en die staal in die man voel.
Hy mag klein van gestalte wees, maar in die laaste
analise lyk dit vir my asof hy een van die belangrikste
persoonlikhede van die afgelope dekade is. Dit lyk
vir my hy het 'n baie groot aandeel gehad in die
rehabilitasie van die Nasionale Party. Sy lojaliteit aan
die N.P. aanvanklik het my amper ontroer. (Ek is seker
dat die A.N.C. hom baie graag aan hulle kant wou gehad
het.) Die feit dat hy nou die moed het om die Nasionale
Party totsiens te sê en 'n nuwe rigting te probeer inslaan,
getuig van 'n man wat besluit het dat hy sy man sal moet
staan en Suid-Afrika in 'n nuwe rigting lei. 'n Mens hoop
natuurlik dat hy 'n party sal kan stig wat met die volgende
verkiesing 'n waardige opposisie sal wees vir die ANC.
Miskien moet die ANC ook nog deur 'n soortgelyke
proses gaan en miskien hulle naam verander. Hoe meer
bagasie van die verlede uitgegooi kan word, des te beter
sal dit vir almal wees. Miskien moet die woord "national"
in Suid-Afrika verban word vir 'n rukkie.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

julole is almal moffies

Sa., 24 Mei 1997 00:00

ek dink julle is almal 'n klomp moffies met niks met beter om met julle tyd
te doen nie. ek dink dis mense soos julle wat ons land se ekonomie in die
#%#@ gedompel het waar dit is. hoe slaap julle mense in die nag?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Auf Deutsch geschrieben (was Re: New Spelling)

Sa., 24 Mei 1997 00:00

> At de Lange wrote about:

< publik akseptanse of the new spelling >
<snip>

So you sink English has a problem viz German, ja? Wot about ze uzzer vay around - ze new
German is zo ful ov English verds zat yu kan hardly make out vich langwich u are reeding any
more! Take vor eksampel:

Die Studenten in der Universität zu Pavia waren Holitärrers - die Strietlemps haben sie am
Halloween gebostet und die Garbetschkenns gedommpt - und sieben Mal in einer Nacht haben sie
den Prof. Allessandro Volta den Dorrnacker geklappert. Da hat der gute Doktor doch endlich ein
Fiuss gebloht. "Nun ist doch mein Limit gerietscht", fuhmt er, "elende Lohfers, euch will ich
fixen!"

Und so denkt er nun, wenn andere mit blos zwei Metallstücke Froschschenkel twitschen machen
konnten, was würde er nicht selbst mit e'Koppel hundert Metallpaare accomplischen! Also nimmt
er e' silber Bock, und e' Zinkwascher und e'Stück Blattingpapier das er erst in Salzwasser gedunkt
hat, und noch e' Bock und wieder e'Zink, und so an, bis er ein Peil von eibettju ennihau 300 Volts
hat. Dann hitscht er ein Ende des Peils mit e'Weier an den Dorrnacker, und graundet das andere
Ende, und ohboi! der nächste Bursche, der den Nacker retteln will, wird selbst für e'Lup genackt.

Der Volta reportet sein Socksess an die Royal Society in London, und bald haben die Scientists in
allen Ländern auch Peils - noch viel grösser wie Voltas - und zu electroleisen, und sogar zo
plehten, wie niemand sein Bissness. In Poland gab es zwei Professore, die hatten e'Brehnsturm
and haben die Weiers von der Batterie getehstet. Dann werde e'grosse Feit gestetcht! Der erste
insistet, es schmecke sauer, der zweite meint nein, mehr wie Seife; der erste sagt, "Mein Meind
ist aufgemacht, es is doch so", der andere sagt "Balloni!", und so kommt es, dass noch heute an
jeder Batterie e' positiver Pol und e' negativer Pol ist.

Volta werde für seine Arbeit von Napoleon geonnert, und seine Stadt hat ihn Präsident für Leif
von der Pavianerhalloweenneusundhellrehsungsverhinderungsgesellschaf t gemacht. Zwar haben
die Buben nie wieder mit seinem Dorrnacker gemonnkieht, doch schon am nächsten Halloween
haben sie sein Beckhaus getippt und einer sehr toten Skonk durch sein Fenster gehieft. Und so
haben ihm seine Peils am Ende doch viel Trubel gemacht.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

" 'n Doppie op Malmesbury" deur MATTHEWS PHOSA

Sa., 24 Mei 1997 00:00

'N DOPPIE OP MALMESBURY
Matthews Phosa

Pa, staan tog stil
lat die baas jou slaan
lat ons wyn kan kry.
Hou op skeef neuk,
netnou jaag hy ons
van sy plaas af.

Dis 'n feudal system, Jakop:
Werk vir wyn tot jy bly lê -
'n doppie vir brekfis,
'n doppie vir lunch
en 'n laaste horinkie vir die bed.
Bly gekoring en hou jou bek!

Here, ek vra vir 'n jop sonder dop.

(gepos deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Ouma en Oupa sit op die stoep.......

Sa., 24 Mei 1997 00:00

Ouma en Oupa sit op die stoep.......
(Hoe gaan dit nou weer ?)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

New Spelling

Vr., 23 Mei 1997 00:00

Liewe mense,

Ek het die volgende op 'n poslys raakgeloop. Dit lyk asof ons 'n Nuwe
spelling te wagte kan wees, net reg om ingevoer te kan word vir die
Nuwe Suid Afrika


WITH all the talk about a single European currency, some people
are talking about a common European Ianguage, with English
being touted as the preferred language for communications,
ahead of German. But the British will be asked to concede
a simplified spelling to be phased in over a five-year period.

In the first year, 's' would be used instead of the soft 'c'.
Sertainly, sivil servants will resieve this news with joy.
Also, the hard 'c' will be replaced with 'k'. Not only will
this klear up konfusion, but typewriters kan have one less
letter on the keyboard.

There will be growing publik enthusiasm in the sekond year,
when the troublesome 'ph' will be replaced by f. This will
make words like 'fotograf' 20 per sent shorter.

In the third year, publik akseptanse of the new spelling kan
be expekted to reach the stage where more komplikated changes
are possible. Governments will enkourage the removal of double
letters, which have always ben a deterent to akurate speling.
Also, al wil agre that the horible mes of silent 'e's in the
languag is disgrasful, so they would hav to go.

By the fourth year, peopl wil be reseptiv to steps such as
replasing 'th' by 'z' and 'w' by 'v'.

During ze fifz year, ze unesesary 'o' kan be dropd from vords
kontaining 'ou', and similar changes vud of kors be aplyd to
ozer kombinations of leters.

After zis fifz year, ve vil hav a reli sensibl riten styl. Zer
vil be no mor trubls or difikultis and evrivun vil find it ezi
tu understand ech ozer. Ze drem vil finali kum tru.

Alles van die beste
At de Lange

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

RE: LEARNING AFRIKAANS

Vr., 23 Mei 1997 00:00

Look at the following web sites:

(1) Schoenhof's Foreign Bookstore in
Cambridge, MA

http://www.schoenhofs.com

Click under languages and choose Afrikaans.
Telephone number is (617) 547-8855

(2) http://www.studyonline.com

The course is free of charge, but it uses
language flash cards based upon a Java
applet.

Also possibly
http://pathfinder.com/@@ctDRVgQAMGt3euLI/travel/language/

In a post a while ago Andrew Harwood of Ottawa
recommended some of the following books that
you will find on the Schoenhof's list:

Groenewald, P. "Learn to speak Afrikaans"
Publisher Shuter & Shooter
Price $8.95
The author begins by using words that are the same
in both English and Afrikaans.

"Teach yourself Afrikaans" (National Textbook Company)
Price $16.95. Teaches the language as it is used in day
to day situations.

Holloway G. "Painless Afrikaans"
Publisher Juta Price: $ 13.95

Tapes:

Language 30 Afrikaans (Audio-Forum) tapes
Publisher Audio-Forum Price $21.95

Conversaphone Afrikaans Language Course
in one cassette. Publisher: Conversaphone
Price $9.98

Dictionaries: There are a number of Dictionaries
listed on Schoenhof's page. We are using
"Tweetalige Skool-Woordeboek" by
Bosman, Van der Merwe and Barnes
Publisher: Nasou. I think this is the
one listed with price $ 29.95 on
Schoenhofs. We find this quite adequate.
This is a shortened version of the larger
"Tweetalige Woordeboek" by the same
authors, and is produced for use in
secondary schools.

Gloudina Bouwer

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1517  1518  1519  1520  1521  1522  1523  1524  1525  1526  1527  1528  1529  1530  1531  1532    »]
Tyd nou: Wo. Mei 20 19:56:23 UTC 2026