1. My Sarie Marais is so ver van my hart
maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.
Refrein : O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daaronder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais - (bis).
2. Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur ;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand,
daaronder langs die Grootrivier.
3. Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip",
Die josie weet waarnatoe.
4. Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
Terug na die ou Transvaal ;
My liewelingspersoon wal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon.
Die Oos-Kaap se bevryding se eerste openbare baba is toe gebore, met 800
000 mense wat die rekening daarvoor moet betaal. Op grondvlak is dit 'n
aandoenlike gesig.
Verslaentheid, skok, duisende gesinne wat verdwaas omdraai by betaalpunte
en dreigemente aan winkeliers dat die winkels oopgebreek en geplunder sal
word, indien die winkeliers nie die mense wil help nie.
Internasionale organisasies betreur die tragedie, maar weens 'n
tussen-lande ooreenkoms, kan geen verantwoordelikheid aanvaar word vir 'n
regering van 'n land se foute nie. Slegs natuurrampe kwalifiseer vir
voedsel hulp.
Die tragedie kring ver en wyd uit. Totale Oos-Kaap dorpe se ekonomiese
lewe is besig om in duie te stort; ouetehuise moet sluit; Gestremdes, wat
versorging van familie ontvang het, weens die ongeskiktheidspensioen wat
hulle ontvang het, word verwerp met geen heenkome nie; Kinders wat
aangeneem was omdat 'n kindertoelaag vir so 'n kind betaal is, word
uitgeskop; Nee, moenie intellektueel probeer om die menslike tragedie wat
hier beskryf word, weg te praat nie. Hier op grondvlak is die ergste skande
in hierdie land se geskiedenis besig om te gebeur: met of sonder die
media-dekking. Die pyn is onbeskryflik - die ellende ken geen naam nie.
Winkeliers in dorpe word gedreig met inbrake en plundering deur ANC
optoggangers met luidsprekers, indien die mense nie gehelp word nie. Die
regering word nie blameer nie en die sakemanne word met die dood gedreig
omdat die blaps van die regering nie deur die winkeliers oorgeneem word
nie. Kan enige iemand op hierdie nuusgroep hulp aanbied, of gaan almal
hierdie skrywe ignoreer, omdat die verleentheid te groot is, en ellende nie
intellektueel verskoon kan word nie?
Waar is die slimmes op die nuusgroep, asseblief.
Sover dit my aanbetref is die hele vorige regering skuldig aan verraad. PW
maak vir oulaas verskoning aan ons afrikaners vir sy deelname aan die
verblinding en utverkoping van ons volk. hulle het almal geweet dat ons 'n
nodelose oorlog gevoer het waarin duisende van ons jong mans gely het.
hulle het ook geweet wat die uitende sou wees. dit is in die aard van die
politikus om vals en verleidelik te wees.
Afrikaners moet politiek los! Dit was juis die Brit se strategie om ons te
verdeel. Ons geloof in God het ons voorsate gedra in die tem van hierdie
wildernis en die stryd was vir die afgelope 30 jaar teen ons christelike
geloof. die anti-chris kon nie aan bewid kom in 'n land waar die volk
Christus in waarheid en Gees dien nie. Ons stryd is 'n geestelike een. God
was onttroon in hierdie land deur die sogenaamde demokrasie en nou word
apartheid die rookskerm terwyl die ware aanslag teen Christus en sy
volgelinge is.
As miere moet ons voortgaan om miere te wees. Ek het as jong laatjie baie
keer die miere gesien hoe hulle 'n sprinkhaan oorweldig, doodby en in hulle
gat afsleep om hom op te vreet. Viva die miere.
> As mense graag insig wil kry in sommige van die ANC se "erfenisse", verwys
> ek hulle graag na Ken Owen se polemiese artikel, "So what did they do in
> the war, daddy?", wat in die tydskrif Leadership (Volume 16, nr. 3 1997)
> verskyn het.
>
> ---
> Reinier de Vos
Wat daarvan om vir ons 'n bietjie opsomming
te gee van wat Ken Owen sê, vir die van ons
wat nie maklik die artikel kan bykom nie.
Wie kan mij de tekts van mijn sarie marijs sturen.
heb dit lied in de school in belgie gezongen .
ben nu 53 jaar en heb de tekts vergeten.
woon sinds 1966 in berlijn duitsland.
met beste groeten uit berlijn René
Hulle het vandag die Kanadese Weermag begin uitroep
om te help. Oostelike Ontario en Westelike Quebec lyk
soos 'n oorlogsone. Die strate is vol takke en elektrisiteits-
drade wat deur die omgevalle bome na die grond gesleep
is. Alles is bedek met 'n dik laag ys. Die takke van die bome
word te swaar en dan val hulle grond toe. Dit is as gevolg
van 'n "ysstorm" wat noual die afgelope vier dae omtrent
stilstaan oor die streek.
'n Ysstorm duur in normale omstandighede nie lank nie,
gewoonlik net 'n paar uur. Dit vind plaas waar 'n hele klomp
reën skielik 'n koue front ontmoet en die reën dan op die
takke vries, voordat dit nog kouer word en die vogtigheid
dan as sneeu begin val. Maar hierdie keer wil dit nie oorslaan
na sneeu toe nie. Alles wat uit die lug val, vries en word ys.
Gister het hulle 'n noodtoestand in Montreal verklaar, vandag
in Ottawa. Die troepe word nou uitgestuur om strate te help
opruim, elektrisiteit te help terugbring, paaie te patrolleer.
Mense word gevra om so min as moontlik van die paaie gebruik
te maak. Een van die grootste bekommernisse nou is die toestand
op die plase, waar koeie nou al vir 'n paar dae nie gemelk kon
word nie.
Ons bly gelukkig in 'n deel van Ottawa wat nie elektrisiteit
verloor het nie. As ek na buite kyk, lyk dit soos 'n spookstad.
Die hele landskap is wit. Ek kan nie onthou wanneer laas ons
die son gesien het nie. Dit lyk soos daardie beskrywings van
die aarde na 'n atoombom-oorlog. 'n Mens let op dat daar
subtiele verskuiwings in die emosies van die mense om jou is.
Hulle is soms manies bly dat hulle nog nie geteister word nie,
maar meeste van die tyd depressief oor die moontlikheid dat
hulle ook getref sal word.
Die laaste dag of so is die toestand ook besig om te versprei
na noordelike New York staat, New England en die Maritimes.
Hulle het ten minste die voordeel dat hulle weet wat aan die kom
is, en dus gouer kan begin maatreëls tref.
Intussen sien ek uit na die eerste keer wat ek weer die son kan
sien. Dis asof my geloof dat die son wel daar is, 'n skok gekry
het. Asof dit my gladnie sal verbaas as ek nooit weer die son
te siene kry nie.