Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Woltemade se perd - Die gedig van Leipolt

Sa., 17 Januarie 1998 00:00

Teunis vanRee wrote:
>
> Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
> Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
> gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
> Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
> maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
> die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!
>
> Groetnis
>
> http://www.nis.za/~vanreet/index.html
Die gedig oor Wolraadt van Leipolt

Hoera vir Wolraadt Wolraadt Te Made
Hoera vir Wolraadt, hys vasberade

Hy gaan na die beech om die surf uit te kyk
Sien daar n skippie lelik in die knyp

Hy wou toe gaan om die mense te red
maar sy perdjie was te vet

Hoera vir Wolraadt Wolraad te made
Hoera vir Wolraadt hys vasberade.

Leipolt se spelling was maar treurig omdat hy in die taalstryd groot
geword het toe die mense nog nie mooi Afrikaans kon praat nie. Hy het
egter in sy eenvoud baie gediggies geskryf terwyl hy zol gerook het. n
Ander mooi Afrikaanse gediggie wat my te binne skiet oor Racheltjie de
Beer wat haar broertjie gered het en mens aan die hart gryp was soos
volg:

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel sy sit my neer

Sy stop haar broertjie in n ertvark gat
Dit was so koud en dit was so nat

Haar broertjie se "ek is honger en dors"
Sy se "ag shut-up, dis n bleddie gemors"

Hoera vir Rachel, Rachel de Beer
Hoera vir Rachel, sy sit my neer.

Dan het Leipolt nog vele meer gediggies gedig wat te veel is vir mens om
vandag op mens se keybord met een vingertjie te sit en uit-tik maar
nogtans in die mond van die volk vir ewig sal bly en verheerlik word en
in die hart van die Afrikaner gedra en gekoester sal word. Leipolt het
nooit die helde onder die kindertjies van die Afrikaner vergeet nie en
ook bv gedig oor Dirkie Ys en andere terwyl hy "stoned" agter op die
kakebeenwa gele het. As mens maar dink aan die soet woorde van - Hoera
vir Dirkie, Dirkie Ys, Hoera vir Dirkie hyt hom ooreis. Vir die Zoeloes
was Dirkie nie bang, Hy skiet hulle met sy sanna, katang katang - DAN
KAN MENS NET SE, DANKIE VIR MENSE SOOS LEIPOLT.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Viljoen se amnestie

Vr., 16 Januarie 1998 00:00

Ferdi wrote in message ...

> aansoek nie.
> En my common sense se vir my as die ANC-lede s'n skipbreuk lei, dan
> strand syne ook.
> Weet jy dalk anders oor sy aansoek?
> Se tog asb. waar jy dit hoor en gee bietjie details.

Die Burger 28/4/97 Blasy 2 (Laaste uitgawe)

>

Die Burger 14/01/98:

Want ek is so bevrees dat ek wel reg is[/color]

Wees nie bevrees nie. Voorsien liewer die gronde vir jou vrees (soos in die
vorm van bronne, byvoorbeeld). Dan kan ons dit mooi oop en deursigtig
verwerk.

> en dan moet mens vra of jy
> aspris verkeerde inligting versprei on "TRC-bashing" te doen (wat
> natuurlik na verdere vrae lei) en of jy werklik nie weet nie, maar dat
> dit jou nie afsit om modder te gooi nie. Wat natuurlik ook na verdere
> vrae lei.

En indien dit sou blyk dat jy _nie_ reg is nie, sou mens jou moet afvra
waarom Ferdi so gou is om ander van moddergooiery te beskuldig. Dit lyk dan
self so baie na moddergooiery.

> Wat my betref in die bree is die WVK n baie suksesvolle instelling.
> Dit het talle vrae vir my beantwoord wat my lank reeds pla en waarop
> en geen antwoorde sou gekry het as die WVK nie daar was nie.

Ag, ek is bly dat jy die antwoorde bevredigend vind.

Een van die nalatenskappe van "Christelik Nasionale Onderwys" (Nog
Christelik nog onderwys) was natuurlik 'n geneigdheid om gesag onkrities te
aanvaar - veral die gesag van mense wat jou eie vooroordele deel.

> Dit het vir my ook die voordeel dat baie inligting op formele wyse
> uitkom anders as oor jare in n moddergooiery en in gerugte wat loop.
> En vir my werk die WVK uitstekend as n versoeningsinstansie.

Ek is bly dit werk vir jou.

Dalk kan jy ook eendag sê: "Ek het nie geweet nie".

Vriendelike groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Skoolseun geskors oor geskiedenis

Vr., 16 Januarie 1998 00:00

http://www.hnp.org.za./afrikaner/janua2/skors.htm

16 Januarie 1998

Skoolseun geskors oor geskiedenis

ERNEST HOFMEYR, 'n leerling van die Noorderlig Gekombineerde Skool op Petit is
uit die skool geskors omdat hy verlede jaar geweier het om die
Geskiedenisvraestel te skryf. Die vraestel was vol volksvreemde vrae wat
daarop gemik was om die Afrikaner te benadeel en van sy erfenis te vervreem.

Die hoof het aan Ernest die keuse gestel om óf die vraestel te skryf, óf
geskors te word. Hy het geweier om die vraestel te skryf, en is vanjaar
toegang tot die skool geweier.

Die hoof van die skool, mnr. Swart, het geweier om met Die Afrikaner te praat,
en die koerant is verwys na mnr. Arrie Hattingh, die voorsitter van die
Beheerliggaam. Hy het dit benadruk dat Ernest nie geskors is nie, maar dat hy
vyf dae lank weerhou word van skool. Binne hierdie vyf dae moet die skool 'n
verslag aan die Onderwysdepartement voorlê, waarna hulle 'n beslissing sal gee
oor wat met hom moet gebeur. Hy het dit ook beklemtoon dat die besluit om so
op te tree, eenparig deur 'n volle vergadering van die Beheerliggaam geneem
is. Hy het gesê dit gaan oor die toepassing van dissipline.

Toe mnr. Hattingh daarop gewys is dat die beswaar oor die vak Geskiedenis
gaan, en die leerling laat weet het dat hy nie die vraestel kan beantwoord
nie, omdat dit indruis teen sy beginsels en sy Afrikanerwees, was die antwoord
dat die kurrikulum deur die Departement neergelê is, en dat die skool verplig
was om dit na te volg.

Hierop is mnr. Hattingh gevra of die Beheerliggaam nagegaan het of die
betrokke leerstof wel in stryd is met Afrikanerbeginsels aldan nie, het hy
erken dat sekere leerlinge beswaar kon hê teen bepaalde gedeeltes in die
leerplan. Hy het egter daarop gewys dat Ernest gedurende die jaar daarteen
beswaar moes aanteken, en nie eers tydens die eksamen nie. Dit was ook nie
sinvol om teen die onderwysstelsel te baklei nie, aangesien die Afrikaner nie
saamgestaan het nie.

Toe mnr. Hattingh is gevra waarom daar so drasties opgetree is teen 'n kind
wat by sy beginsels staan, het hy laat weet dat die Beheerliggaam vir Ernest
die geleentheid gegee het om verskoning aan te teken. Hy is daarop gewys dat
Ernest wel skriftelik verskoning aangeteken het. Sy reaksie hierop was dat die
verskoning nie in ooreenstemming met hulle eise was nie.

Vervolgens is mnr. Hattingh gevra of die kind in stryd opgetree het met die
etos en lewensbeskoulike van die skool. Mnr. Hattingh het benadruk dat die
skool staan vir Afrikanerwaardes, en dat die Beheerliggaam bestaan uit
Afrikaners wat sterk voel oor hulle identiteit. Op 'n vraag of hulle dan nie
uit hulle pad moes gegaan het om 'n kind wat by sy beginsels staan, te
akkommodeer nie, in plaas van om hom uit te lewer aan 'n onsimpatieke
Onderwysdepartement onder leiding van Mary Metcalfe wat saam met haar
amptenary bestaande uit volksvreemdes, wat geen aanvoeling vir hierdie kind se
probleem sou hê nie, het mnr. Hattingh geantwoord dat hulle billike optrede
van die Departement verwag. Nogtans het hy saamgestem dat die leerling nie in
stryd met die etos en Afrikanerbeskouings van die skool opgetree het nie.

Toe hy daarop gewys is dat die leerling aan die skool en die Beheerliggaam die
voorbeeld gestel het van hoe hulle eintlik moes opgetree het, dat 'n
onvolwasse kind aan sy meerderes die voorbeeld gestel het hoe om by jou volk
se beginsels te staan, was sy antwoord dat hulle alles probeer het om die saak
te skik, maar dat die skool nie kan bekostig dat sy dissipline ondermyn word
nie. Die gevaar het bestaan dat ander leerlinge sy voorbeeld kon volg.

Onderwys & opvoeding | 2 kommentare

"Navrae" deur ELISABETH EYBERS

Vr., 16 Januarie 1998 00:00

NAVRAE
Elisabeth Eybers

Die aard van angs is dat dit tydelik kwel.
Verdriet, volgens 'n ou ballade, duur
twaalf maande en 'n dag, tot op die uur.
Die ritueel van rou is vasgestel.

Vreemd, van berou word nie soveel vertel.
Waar vind mens 'n betroubare gedig
om jou oor die vervaldag in te lig
van daardie individueler hel?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Is dit my verbeelding?

Do., 15 Januarie 1998 00:00

........of bespeur ek hier 'n soort neerslagtigheid wat ek nog nie
vantevore in hierdie nuusgroep raakgeloop het nie? Vurig was dit
vantevore; venynig soms, of gesellig - maar nog nooit die verslaentheid
wat ek vandag hier aanvoel nie.

Of is dit dalk Gloudina se bleek en dooie yslandskap wat hier
gereflekteer word?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

afrikaanses is vlak

Do., 15 Januarie 1998 00:00

...dit is die gevolgtrekking waartoe enigiemand sal kom wat hierdie ng
lees. dis net 'n geskinder, 'n gewarmbak van mekaar en oppervlakkige
nonsens. is daar nie intellektuele onder afrikaanses nie?
ek het probeer om 'n gesprek aan die gang te sit oor watter boek julle
laaste gelees het, maar na drie dae het nog net een persoon, alwyn,
daarop gereageer. hoewel sy antwoord maar net my vermoede oor die vlak
van gekultiveerdheid van gebruikers van hierdie ng bevestig het.
ek skaam my.

Koeitjies & kalfies | 24 kommentare

Re: WHATEVERY TOURISTTO SOUTH AFRICASHOULD KNOW

Wo., 14 Januarie 1998 00:00

Qui c'est �a : la grande Bretonne brouillonne ???? :-)

Jammer ek skryf nou Frans pleks van Afrikaans ... just for fun.

Hilda.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Sekretarisvoël.

Wo., 14 Januarie 1998 00:00

Sekretarisvoël - C. Louis Leipoldt.

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou penne agter die ore styf,
Met jou stadige stappies, wat maak jy hier ?

Sekretarisvoël met jou lange bene,
Met jou vaalgrys vere en lang, lang lyf,
Met jou groot, groot oë, wat maak jy hier ?

Prosa & poësie | 0 kommentare

Woltemade se perd

Wo., 14 Januarie 1998 00:00

Iemand vra my nou die dag wat was die naam van Wolraad Woltemade se perd.
Ek het nie gedink dis bekend nie, maar sy verseker my sy het die naam erens
gesien. Nou is ek nuuskierig....weet een van julle miskien wat dit was?
Nie een van die amptelike stories wat ek sover gelees het, noem sy naam nie,
maar nou verneem ek Leipoldt en Keet het oor Woltemade gedig. Miskien kom
die naam daarin voor? asseblief, die nuuskierigheid vreet my op!!

Groetnis

http://www.nis.za/~vanreet/index.html

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

my sarie marais.

Ma., 12 Januarie 1998 00:00

Hier zijn de woorden :

1. My Sarie Marais is so ver van my hart
maar 'k hoop om haar weer te sien.
Sy het in die wyk van die Mooirivier gewoon,
Nog voor die oorlog het begin.

Refrein : O bring my t'rug na die ou Transvaal,
daar waar my Sarie woon,
daaronder in die mielies by die groen doringboom,
daar woon my Sarie Marais - (bis).

2. Ek was so bang dat die Kakies my sou vang
En ver oor die see wegstuur ;
toe vlug ek na die kant van die Upington se sand,
daaronder langs die Grootrivier.

3. Die Kakies is mos net soos 'n krokodillepes.
Hul sleep jou altyd water toe.
Hul gooi jou op 'n skip vir 'n lange, lange "trip",
Die josie weet waarnatoe.

4. Verlossing het gekom en die huis toe gaan was daar,
Terug na die ou Transvaal ;
My liewelingspersoon wal seker ook daar wees
Om my met 'n kus te beloon.

Vriendelijke groeten van Hilda Hellin uit België.

gervaas...@ping.be

Musiek & liriek | 2 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471    »]
Tyd nou: Ma. Mei 18 18:00:56 UTC 2026