Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Matriek Uitslae

Wo., 07 Januarie 1998 00:00

Ons het almal daarvoor gewag: As jy varking stupid (Ooops! Intellectually
disadvantaged) is dan blameer jy apartheid daarvoor! Baie dankie aan mej.
Mary Blame-it-on-Apartheid Metcalfe. Dit sou 'n moerse teleurstelling
gewees het as niemand dit gesê het nie.

Du Toit

Onderwys & opvoeding | 3 kommentare

Oor miere en sprinkane

Wo., 07 Januarie 1998 00:00

"Leendert van Oostrum" writes: >

>
> Behalwe natuurlik as jy Gloudina is, oënskynlik glo dat die Afrikaner die
> erfsonde van die mensdom is (Een vir Azasel) en die een of ander agenda het
> wat alle Afrikaners verantwoordelik wil maak vir die gebreke en sondes van
> almal in die land.]
>
> Groete, Leendert
>
>

Nee, Leendert, dis die apartheidsvarke
wat die Afrikaner in die modder laat
beland het (en hulle was nie almal
Afrikaners nie; sommige van hulle het
Nederlandse vanne gehad) en NIE ALLE
Afrikaners is verantwoordelik vir die
gemors wat die apartheidsvarke veroor-
saak het nie. So klim nou maar af van
jou seepkissie en hou op Afrikaners
beswadder wie se voorouers al meer as
driehonderd jaar gelede na SA verhuis
het. Julle Oostrums is maar sommer
laatkommers.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Oor miere en sprinkane

Wo., 07 Januarie 1998 00:00

nos...@nospam.za (Key Bored) writes: > jo...@fourie.com (jopie) wrote:
>
>> Ja, ek IS skaam vir die kultuur en verlede waaruit ek kom. Enigeen wat
>> daarop trots is, ken niks anders nie.

>
> Solank jy glo daar is iets soos "Afrikaner kultuurgoedere" of "die
> Afrikaner", ja. Maar dan val jy mooitjies vir die nasionalistiese
> mite wat deur generasies Apartheidsdenkers (amper se ek varkies,
> Gloudina!) opgekook is: dat daar ooit so iets soos 'n enkele, homogene
> Afrikanerkultuur is.

> Andries

>> Ek weet beslis wie ek is, en ek IS trots daarop. Ek mag Afrikaans
>> praat (dis maar net 'n taal), maar ek kan nie meer my met die
>> Afrikaner assosieer nie. Dit het 'n twyfelagtige verlede en 'n baie
>> swak toekoms, want daar is tans meer as 40 miljoen Suid-Afrikaners
>> waarvan die meeste net die slegte kant van die Afrikaner ken.
>
>
>> Jopie
>
>
>

Ek dink ons moet almal, buite en binne Suid-
Afrika, hard werk daaraan om die Afrikaner te
redefineer. Ons moet nie vir ons dissosieer
van die konsep "die Afrikaner" nie. Ekself
hier in Kanada noem myself nou weer om elke
hoek en draai 'n Afrikaner, selfs al is my
huistaal vir 20 jaar al nie meer Afrikaans nie.
En 'n mens verbaas jou oor hoeveel welwillend-
heid daar vir Afrikaners is, sedert 1994.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DROOMWERELD

Di., 06 Januarie 1998 00:00

Beeld se hoofartikel "Nog 'n skeuring" (20 Nov 1996) oor die Afrikaanse Handelsinstituut en sy ongelukkige vennote het my verbaas. Veral die slot, wat lui: Enige etniese groep wat dink hy kan in ons multikulturele land sy heil in isolasie soek, lewe in 'n droomwereld." Laat die AHI daar, hulle leef in 'n droomwereld, en, verbasend, vermoedelik ook Beeld.
Volgens Beeld leef die mense wat hul heil in isolasie soek in 'n droomwereld. Gegewe die huidige norm leef die volgende in 'n droomwereld:
a.. Diegene wat glo dat die huidige Afrikaanse koerante die onvermydelike en tragiese politieke lot van die konserwatiewe en minder bevoorregte Afrikaner kan verander.
b.. Diegene wat glo dat die SAKP nie in beheer van die ANC is nie;
c.. Diegene wat glo dat die ANC die doodstraf sal instel voordat hulle die finale fase van hul ekonomies-maatskaplike revolusie afgesluit het;
d.. Diegene wat glo dat die moorde op plaasboere nie 'n ongeskrewe politieke mandaat het nie;
e.. Diegene wat glo dat die ANC met 'n groot omvattende opposisie in toom gehou sal kan word;
f.. Diegene wat glo dat ons voorgeslagte se stryd om vryheid net 'n droom en illusie was;
g.. Diegene wat glo om arm om die lyf met die ANC te sit die wel en wee van die Afrikaner positief sal rig;
h.. Diegene wat glo dat bloed en trane wat vir vryheid gestort is in die aardkors wegsink om in vergetelheid te verdwyn;
i.. Diegene wat glo dat die Afrikanervolk nooit weeer as 'n soewereiene volk hier iewers aan die suidpunt van Afrika sal regeer nie;
j.. Diegene wat glo dat ons nageslagte nie ons brouwerk en politieke verraad in ere sal herstel nie;
k.. Diegene wat glo dat die honderde Suid-Afrikaners vlae op die huidige rugby toer almal lede van ondersteunersgroepe is en nie van gewetenlose staatkundige weghardlopers is nie; en
l.. Diegene wat glo dat om as Afrikaners al hoe meer betrokke te raak by multikulturele politieke, maatskaplike en ekonomiese dissiplines die voortbestaan van die AFrikanervolk sal verseker.
Hierdie brief is gestuur deur Gysbert Kloppers, aan Beeld op 05/01/98.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Julle is net BEK!!!

Di., 06 Januarie 1998 00:00

Ek voel jammer vir die Afrikaner
Soos altyd in die verlede is julle net bek en wat julle doen laat veel te
wense

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Ons is bang

Ma., 05 Januarie 1998 00:00

Ons boere is bang want ons staan nie saam nie.
Die vyand het ons presies waar hy ons wil he omdat hy weet dat ons nooit
sal saam staan nie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Uit "Scriba van die Carbonari" deur D.J. OPPERMAN

Ma., 05 Januarie 1998 00:00

Uit "Scriba van die Carbonari"
D.J.Opperman

...
en ook waar berg en bos styg uit die see
met winde wat oor rots en denne fluit,
ken ek in alles die angs en wee
van God in ieder ding en mens gesluit,
en as volksgenoot is dit my doel:
Ek moet my land, wat buite die hemele lê,
deur Sy genade en Sy meegevoel
bestendig in my volk se taal en sê
wat my aangryp; en in volstrekte
vereenselwiging met alles om my heen:
bloeisels, Alpe en viswyf, verlos ek
deur die gedig die engel uit die steen.
...

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: KORREK?

Ma., 05 Januarie 1998 00:00

As ek enige statistieke sien, dink ek altyd aan my eerstejaar Statistiek
lektor wat die klas begin het deur te wys hoe mens dieselfde nommers kan
neem en twee totaal verkillende uitslae kan kry. Statistieke se gewoonlik
presies wat die ou wat dit opgestel wou se, nog voor hy eens die syfers
gehad het.
Soos jy self kan lees, het die ou "hard" gewerk om die nommers te verwerk...
Vat daai selle syfers en verwerk dit ietwat anners, en die 'whities' lyk na
die skomme.
Maar glo maar wat julle wil.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans op die ng

So., 04 Januarie 1998 00:00

Thys,
Hierdie vraag is al dikwels gevra, en die antwoord was nog altyd dat dit
nie soseer gaan om Afrikaans te kan praat/skryf wat jou kwalifiseer vir
hierdie ng nie, maar of jy belangstel in Afrikaans (taal/kultuur/nasie/ens)
Hier is byvoorbeeld 'n hele paar Hollandse sprekers op hierdie ng.

Buitendien het ons per ongeluk 'n Afrikaanse boodskap gekruispos na
"soc.culture.south-africa" wat _definitief_ nie 'n Afrikaanse ng is nie, en
dis waarvoor SABSY ons hier oor die kole haal.

Groete,

Dries Venter

thys wrote in article ...
> IF YOU CAN`T SPAEK AFRIKAANS WAT ARE YOU DOING ON THIS NEWSGROUP ?
> Sabsy wrote in message ...

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaanse woordeboek van rekenaarterme

Sa., 03 Januarie 1998 00:00

Is daar iewers 'n Afrikaanse woordeboek van rekenaarterme te vinde? Ek is
besig om aan iets te werk, en ek sukkel so 'n bietjie om tegniese terme in
Afrikaans weer te gee.

-Gideon-

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1458  1459  1460  1461  1462  1463  1464  1465  1466  1467  1468  1469  1470  1471  1472  1473    »]
Tyd nou: Ma. Mei 18 19:41:09 UTC 2026