Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Geluk aan Belgiese pastei-gooiers !!!

Vr., 13 Februarie 1998 00:00

Listen you doos, why criticise Bill Gates when you are currently using Internet Explorer on your PC.

If it offends you so much why not just delete all the Microsoft products on your PC and see how far you get.

Squirrel

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Slaan jy nog jou vrou ?

Vr., 13 Februarie 1998 00:00

Ek lees daar is nou 'n baanbrekersaak in (Nigerie?) of iewers
in Noord Afrika, waar 'n Masai vrou haar man hof toe gevat het.
Dis die eerste keer dat 'n vrou dit doen.
Daar is dit tradisie om jou vrou te slaan. (Dis nou as sy sleg
was). Ook trou hul met meer as een vrou.

Dis darem jammer dat die wereld so verander. Dat 'n man nou nie
eers meer jou vrou mag slaan nie !

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Liewe Ferdi

Do., 12 Februarie 1998 00:00

Ongeag al die feite wat voorgele is van geweld wat afneem is die polisie
bankrot en is hulle nou meer as ooit betrokke by sindikate....ek self kan
getuig van uiters swak diens van die regering se kant af....bel die polisie
en kyk hoe lank hulle neem om op te daag...in somige gevalle tot 2
dae......800 meter van kimberley polisie stasie is 5 "distress calls" gemaak
en het die polisie eers 45 min. later opgedaag.
ek moet in 'n saak gaan getuig 3 jaar later , waar iemand R60.00 se produk
van my besiheid gesteel het...ek kan nie eers onthou wat gebeur het
nie......as ek die polisie man moet aangee by sy hoofde (oor swak diens) het
ek geen waarborg dat hy nie 'n oud askari of MK is nie..??????

Hoe meer belasting ek betaal hoe minder is my lewe werd ...maar ek kruip
nie weg nie en het al die sakekamer, polisie,belasting kantoor gebel en gese
dat ek my belasting gaan ophou betaal om sodoende myself te beskerm met
wagte as dit moet want ek moet die risiko loop om geskiet te word as ek my
besigheid oop en toe maak.

Die hand waarmee die regering neem is m**r groot en die hand waarmee hy
terug moet gee ....is gesteel, gebreek , of net "plein" bestaan nie....gee
my voorbeelde.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Amerika se moer........

Wo., 11 Februarie 1998 00:00

As ons nou al die lande moet bom wat sg.
"weapons of mass destruction" herberg,
wat sal van die aardbol oorbly ?

Amerika het ook "weapons of mass destruction",
so ek stel voor ons laat die arabiere toe om oral toegang te he
om ondersoek in te stel: in die wit huis, pentagon....

dalk kry hulle Clinton se harem in die wit huis.
al daai vrouens waarmee hy so hoereer....

Die Amerikansers wil nou alweer almal straf omdat hulle Sadam haat.
So haat die Amerikaners mos ook vir Fidel Castro,
en die daarom moet die hele Kuba afkak.

Of is dit om die aandag af te lei van Clinton se seksuele manewales?
Moet wees, want laas het dit bloot oor olierykdom gegaan.
Of is dit ter wille van al die militere firmas wat moerse baie
geld maak uit hulle "smart" bomme ?

Gogga maak vir baba bang!

Vriendelike groete

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Re: Amerika se moer........

Wo., 11 Februarie 1998 00:00

Galjoentjie!

Sit jy sowaar daar tussen die stink klomp vliege in Australie en kritiseer
die edele groot heerser, Amerika!?!

Onrusstoker wrote in article
...
| As ons nou al die lande moet bom wat sg.
| "weapons of mass destruction" herberg,
| wat sal van die aardbol oorbly ?
|
| Amerika het ook "weapons of mass destruction",

Die verskil is dat Amerika baie groot verantwoordelikheid aan
die dag lê,
en binne 'n nie-perfekte wêreld, is Amerika een van die
betroubaarste draers
van gevaarlike wapens. Ek vertrou nou eenmaal nie 'n "Arab"
nie.

| Of is dit om die aandag af te lei van Clinton se seksuele manewales?

Hoop nie jy bly in 'n glashuis nie ...!

| Moet wees, want laas het dit bloot oor olierykdom gegaan.

Olie is belangrik vir 'n land wat vooruit boer, soos Amerika ...

| Of is dit ter wille van al die militere firmas wat moerse baie
| geld maak uit hulle "smart" bomme ?

Lekker stimulasie vir 'n sterk ekonomie!

| Gogga maak vir baba bang!
|
| Vriendelike groete
|

Ook so!
Is dit warm daar "down under"?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

goeie griet !!

Wo., 11 Februarie 1998 00:00

dagsê mensies,

* na sowat 3/4 weke laai ek weer my headers..en wraggies,
dieselfde mense met dieselfde vervelige stories... ;-)

* mense, die apartheids drama is uitgespeel, tog sit julle
steeds hier en klip gooi...
(het julle ernstige data vertraging of iets)

* nog steeds die konserwatiese wat die alternatiewes
probeer onderdruk met (oud modiese denke).

* dieselfde ou stories... jy mag nie jouself geniet terwyl
ander ongelukkig is nie... TWAK MAN , elke ou vir
homself !!!

* in elke geval ek het nog n paar heerlike afrikaners
ontmoet oplyn en gelukkig is meeste van hulle heel
alternatief of minstens nie te verkramp nie.

* die ou tradisie van senioriteit/superioriteit bepaal
deur afkraking en oppervlakkige intellektuele
(ek kan quote wat ek soos n papegaai geleer het)
heers nog goed hier...ek is nie verbaas nie...

Ek het gewonder of julle opinies het oor die sosiale
samelewing waarin ons kinders en hul kinders gaan lewe,
hoe anders dit gaan wees as wat dit was vir ons, hoe
tegnologie die samelewing gaan verander ens..ens..

julle opinies sal waardeer word
groete
Vyg Fynbos (ek lag lekker)(oog-knip)
(soos *.* gesê het ,moet dit tog nie so ernstig opneem nie)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: goeie griet !!

Wo., 11 Februarie 1998 00:00

On Wed, 11 Feb 1998 13:43:30 GMT, c-n...@usa.net (Vyg Fynbos) wrote:

samelewing waarin ons kinders en hul kinders gaan lewe,[/color]
> hoe anders dit gaan wees as wat dit was vir ons, hoe
> tegnologie die samelewing gaan verander ens..ens..>>

(Jy sal dit seker waardeer dat ek jou nie eers uitkak en beledig voor
ek antwoord nie, ne?)

Wat vir my relatief duidelik blyk, is dat ons kinders waarskynlik meer
as een huwelik in hule lewens gaan he.

Dis nou as die instelling van die huwelik in die bree" nie eenvoudig
vervang gaan word deur n regskontrak nie.

En dat vrouens baie meer mag gaan he as in die verlede.
(Help ons! Iemand!!!)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Die Klippe Praat" deur P.J. PHILANDER

Wo., 11 Februarie 1998 00:00

DIE KLIPPE PRAAT
P.J.Philander

Gaan tot die keper en skraap
die patina vir spore uit die Kaap
tot die waarheid duidelik bo
op die rotse is van die Erongo.

Sedert die Rijger, Goede Hoop en Drommedaris
bewaar julle valse stukke by die argivaris.
In die wande ingegraveer
is ons baasskap verewig teen wind en weer.

Die bruin, wit en swart figure
moes julle saamgestel het op die binnemure;
pas op vir die dag as ons hatig en sku
op julle kasteel en wonings nader tree.

Vir die baasjagter raak die spore
van die gekwestes mos nooit verlore
en die ou fonteine nog gister brak
kan in swaar tye tog soet raak.

Net ons soos dier en plant
ken al die drinkplekke in die sand;
sal tot die einde met klou, tand
en bitter wortels bly in die land.

Intussen kook ons potte
gif vir die klomp veldrotte;
vervloek dié wat ons stryd
om 'n bestaan by die wortels byt

en wag tot die grootwild op 'n dag
die hoogtes moet verlaat en oornag
in die laagtes tussen dorings...
dan kry elke graf sy koedoehorings!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

misdaad in SA

Wo., 11 Februarie 1998 00:00

Interessante berig wat in die Volksblad en Beeld verskyn het.

Suid-Afrikaners is vas onder die indruk misdaad in die land neem
daagliks toe, terwyl syfers wat deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir
Rasseverhoudinge bekend gemaak is, toon misdaad het sedert 1993 net in
vyf van die agttien afdelings toegeneem. ·
Jan Morgenrood van Die Volksblad, Beeld se susterkoerant in
Bloemfontein, het ’n kriminoloog, sosioloe… en ’n kenner in gedragswe
tenskappe gepols oor die€ wanbeeld.

Mense se indrukke oor misdaad is heeltemal verkeerd. Hulle wil ook nie
daarvan hoor dat misdaad afneem nie. Hulle word selfs kwaad as ·
jy dit viraan hulle se„.

So€ se„ prof. Beaty Naudé, ’n kriminoloog aan die Universiteit van
Suid-Afrika in Pretoria. ‘‘Jan en alleman se indrukke oor misdaad is ·
verkeerd. Die misdaadsyfers is nie werklik so hoog as wat die meeste ·
mense dink nie. Wat wel gebeur het, is dat die wanbegrippersepsie
dat misdaad toegeneem het, groter en sterker is as die feit dat
misdaadsyfers eintlik heelwat laer is.’’

Die Volksblad het sowat tagtig ·mense gebel en vir hulle gevra of
hulle besef misdaad in Suid-Afrika het in werklikheid sedert 1993
afgeneem.

Nie een van hulle wou dit glo nie, en sommiges het selfs gese„ die
inligting wat die koerant ontvang het, is ‘‘gekookte propaganda’’.

‘‘Lees jy nie die koerante nie en kyk jy nie TV nie?’’ was iemand se ·
kommentaar.

Hier is die feite: 16% minder moorde is sedert 1993 gepleeg; sowat
25% minder mense het onder rowers, wat hulle ·
wou beseer, deurgeloop; 15% minder mense is verlede jaar as in 1993 ·
ontvoer, veediefstal het met 8% afgeneem, motor- en motorfietsdiefstal
is sowat 10% minder as in 1993; en bankrooftogte het met 33% afgeem.

Ongelukkig is 20% meer mense sedert 1993 verkrag, en 1,6% meer ·
huisbrake is aangemeld. Algemene diefstal het met 50% toegeneem, en ·
gevalle van onsedelike aanranding met 24%.

Enigiemand wat nog twyfel dat dit ’n opvatting is wat om verskeie
redes verkeerd is en nie misdaadsyfers is wat die hoogte inskiet nie,·
kan gerus mense oor ontsnappings uit tronke uitvra.

Mense se algemene reaksie is dat tronke net sowel hul deure kan
oopgooi, want gevangenes ‘‘kom en gaan net soos hula·
le wil’’.

Statistieke bewys egter die teendeel. Verlede jaar het 937 gevangenes
uit Suid-Afrikaanse tronke met ’n totale gevangenetal van sowat
140`000 ontsnap, terwyl 2`339 vangenes in 1974 uit tronke met ’n
inwonertal van 94`000 ontsnap het.

^Die feite toon Suid-Afrika is vandag eintlik ’n veiliger land om in
te woon as in die apartheidsdae.

Nog ’n feit is dat veral blankewit Suid-Afrikaners dit nie glo nie.
Die indruk dat misdaad toeneem, groei nou sterker as wat die
misdaadsyfer nog ooit vermeerder verhoog het.

Prof. Almero Weyers, direkteur van die eenheid vir professionele
opleiding en dienslewering in die gedragswetenskappe aan die Vrystaat
se Universiteit in Bloemfontein, se die indruk dat misdaad toeneem, ·
kan grootliks aan inligting en ervaring toegeskryf word. ‘‘O€f mense ·
ontvang meer inligting oor misdaad o€f hulle het self ervaring
daarvan.

Die€ twee faktore bepaal gewoonlik ’n opvatting. Dit beteken nie
noodwendig ’n opvatting is reg nie, maar dit is ook nie maklik om dit
te verander nie.

‘‘Ek is seker inwoners van swart woonbuurte het voor 1994 die
opvatting gehad dat misdaad net in hul buurte plaasvind. Nou het dit
nader aan blankewit buurte beweeg, en dit kon selfs met ’n buurman
gebeur het. Die€ inligting en ervaring gaan daardie buurt se opvatting
oor misdaad bepaal.’’

Weyers se„ ook gemeenskappe *180 spasie te groot moet hulleself eerder
bemagtig as om hulle oor te gee aan die negatiwiteit van die indruk
dat misdaad toeneem en hulle dalk enige dag gaan tref.

·
‘Eerder as om energie te mors om die wanindruk te probeer verander, ·
kan mense streef na ’n ewewigtige lewensuitkyk, realisties dink oor
misdaad en te alle tye waak teen ’n oorheersende wantroue in die
medemens.’’

Ongelukkig wil dit ook voorkom of die wanindruk dat misdaad toeneem,
rassisme bevorder. ‘‘Mense gee sekere groepe die skuld vir misdaad, en
dit lei tot ’n veralgemening dat misdadigers net uit sekere
rassegroepe kom. Die enigste manier om dit tee… te werk, is om te werk
aan jou medemenslikheid en te aanvaar dat ·
alle rassegroepe onder misdaad . Veral sosioloe… glo die media moet ·
’n groot deel van die skuld kry vir die wanindruk dat misdaad toeneem.

’n Amerikaanse sosioloog se misdaad is goedkoop en nou veiliger ·
om oor te berig, en daarom kom dit meer gereeld in koerante en oor
televisie voor. Suid-Afrikaanse apartheidswette het joernaliste
vroee…r ook verbied om oor verskeie misdade te skryf.

nr. Demos Takoulas, ’n sosioloog van Pretoria, stem saam.
‘‘Misdaadberigte het beslis oor die afgelope vier jaar
vermeerdertoegeneem, en dit speel ’n groot rol in die indrukpersepsie
van mense wat mense het dat misdaad oor die€ tydperk toegeneem het.’’

Die groter openlikheid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens oor die
bekendmaking van misdade kan ook ’n rol speel.

^Sr.`supt. Johlene van der Merwe, kommunikasie-offisier van die
SAPD in die Vrystaat, meen die media berig nou selfs oor misdade in ·
tradisioneel swart gebiede. ‘‘Dit is baie selde voor 1994 gedoen. Dit
lei onvermydelik tot ’n toename in misdaadberigte. Met die€ inligting
is dit byna onmoontlik dat mense nie glo misdaad neem toe nie, terwyl
dit eintlik afneem.’’

Suid-Afrika se algemene misdaadsyfer vergelyk ook glad nie sleg met ·
die misdaadsyfers in ander Westerse lande nie. Sowat 5`700 misdade ·
word per 100`000 mense in Suid-Afrika gepleeg, terwyl die gemiddelde ·
vir alle Westerse lande sowat 5`000 misdade per 100`000 mense is.

n Opname deur ’n Engelse dagblad wys ook misdaad in Durban en ·
Johannesburg is in minder gevalle gerig teen blankes as wat die
algemene indruk is.

Mnr. Azar Cachalia, sekretaris van veiligheid en sekuriteit, se„
sekere gemeenskappe het die wanindruk dat misdaad daagliks toeneem
omdat ge…soleerde voorvalle van misdaad vir die eerste keer in jare in
daardie gebiede voorkom. Hy stem ook saam met sosioloe… dat die media
dalk vir die wanindruk verantwoordelik kan wees.

‘‘Misdaadberigte is dikwels sensasioneel, en dit dra by tot ’n gevoel
van vrees wat mense onder die indruk bring hulle het beheer ·
oor hul lewe verloor.’’

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Diskriminasie 'n stappie te ver !!

Di., 10 Februarie 1998 00:00

KAAPSTAD. - 'n Aankondiging deur die Minister van Omgewingsake en Toerisme
dat sportvissers van vandag nie meer weeksdae perlemoen en kreef mag
uithaal nie, is gister met 'n golf van kritiek deur sportvissers en
bewaringsmense begroet.

Goeie nuus vir bestaansvissers is egter dat 'n beperkte aantal kreef-,
perlemoen- en snoekpermitte beskikbaar gestel gaan word aan behoeftige
vissers wat voorheen nie toegang tot die bron gehad het nie. Hulle sal hul
vangste mag verkoop.

Hoewel die hulp aan bestaansvissers verwelkom word, is dr. Pallo Jordan
daarvan beskuldig dat hy pleks van om stropers vas te vat of die
kommersiële kwota te sny, hom op 'n sagte teiken - wetsgehoorsame mense wat
vir ontspanning duik - toespits om die aanslag op die marienebron te
verlig.

Onderwater Afrika, die unie vir sportduikers in die Wes-Kaap, het gesê
hy weier om te hou by die nuwe bepalings - ingevolge waarvan kreef en
perlemoen net naweke en vakansiedae tussen 8 vm. em 4 nm. uitgehaal mag
word.

Volgens die woordvoerder, mnr Alex Papayani, het die regering nie die
moed om die stroperprobleem by Hawston te takel nie; nou straf hy
sportduikers. Intussen is die sportvissersbedryf miljoene rande - selfs
meer as die kommersiële bedryf - vir die land werd.

"Wat word nou van sportvissers wat naweke werk en in die week wil kreef
uithaal of duik, of mense wat vakansie hou? Dit is soos 'n tronkstraf!"

Die Wes-Kaapse Marienebewaringsvereniging se voorsitter, mnr. Vic
Kabalin, het gesê dit is nie regverdig dat sportvissers uitgesonder word
nie, aangesien hulle net 'n fraksie van die kreef uithaal wat groot
maatskappye vat.

Seevisserye meen egter die ontspanningsbedryf het hand uitgeruk. Die
hoofdirekteur van Seevisserye, dr. Monde Mayekiso, sê die inkorting van
sportvissers se tyd is 'n poging om die druk wat die ontspanningsbedryf op
die aanlandige bron plaas, te verminder. Die huidige perk van vier krewe en
vier perlemoene per persoon bly egter onveranderd.

"Die aantal kreef- en perlemoensportvissers styg elk jaar dramaties.
Verlede seisoen is 75 000 permitte verkoop en vanjaar sal dit nóg meer
wees. Ek het instruksies gegee dat niks meer vanjaar verkoop word nie."

Intussen het die Informele Vissersektor, waaraan 3 200 bestaansvissers
in die Wes-Kaap behoort, gesê hoewel die groter toegang vir sý lede
verwelkom word, is hy bekommerd oor die manier waarop permitte uitgereik
gaan word.

"Registrasie van bestaansvissers moet vinnig en regverdig afgehandel
word, so nie sal elke Jan Rap en sy maat sê hulle is bestaansvissers," het
die voorsitter van die sektor, mnr. Andy Johnston, gesê.

Ingevolge Jordan se plan sal 1 000 kreef- en 250 perlemoenpermitte aan
agtergeblewe vissers teen R40 stuk verkoop word. Voorkeur sal gegee word
aan behoeftige broodwinners met 'n geskiedenis in die visbedryf. Dit sal
permithouers in staat stel om vier krewe en perlemoene per dag elke dag van
die week te vang en te verkoop. Permitte sal ook aan snoek- en
hottentotsvissers uitgereik word sodat hulle daagliks tien visse elk mag
vang en verkoop.

Bestaansvissers sal ook net tussen 8 vm. en 4 nm. hul vangste mag land
toe bring - 'n beperking wat Seevisserye meen wetstoepassing sal
vergemaklik. Bestaansvissers wat tans 'n sportpermit het, moet dit vir 'n
nuwe permit inruil.

---
Dit was 'n artikel in 'n lokale koerant.

Ek het geen probleem as so 'n stap geneem word om 'n bron te beskerm nie,
maar as dit suiwer polities is , soos dit in die geval blyk te wees, dan
sien ek groot probleme vir ons reënboognasie, want dit lyk my in ons
reënboog is daar nie regtig plek vir al die tipes(let wel nie kleure nie)
nie, want die 'artergeblewe persone' , is nie deel van dieselfde reënboog
nie !!!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1447  1448  1449  1450  1451  1452  1453  1454  1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461  1462    »]
Tyd nou: Do. Jan. 22 13:02:04 UTC 2026