Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Die Toring van Babel" deur FERDI GREYLING

Thu, 19 February 1998 00:00

DIE TORING VAN BABEL
1948 - 1994

hulle kyk uit oor die land
hulle lag hardop
en waar hulle lag val
groei plante van vrees
hulle praat en hulle woorde
marsjeer soos soldate
deur die strate
hulle gedagtes dra uniform
die honde van hulle wil
blaf langs wette
wat soos doringdraad deur die dae span
in hulle agterkoppe
klik boeie inmekaar
hulle gaan saans huistoe
en sit agter die lessenaar van slaap
om hulle drome skoon te maak en te olie
hulle bou kasernes
hulle sê daar is julle huis
julle sal in planne woon
julle sal apart wees
met julle sal ons
God 'n toring van Babel bou

Prosa & poësie | 0 kommentare

Skyn die son vandag by julle?

Thu, 19 February 1998 00:00

Ek woon al jare lank (te lank?) in Nieuw-Seeland, en ons het nou
uiteindelik n regte somer hier in Auckland.

Vandag was daar n groot probleem met die elektrisiteit (byv geen
verkeerligte nie) . Die rede is glo dat daar soveel gebrui k gemaak
word van lugreeling.

n Nuwe attraksie is die Sky Tower, wat spesiaal gebou is om mense,
veral toeriste, n 360' uitsig oor die stad en omgewing te gee. Dis
mooi, want daar is baie water (vol seiltjies en skepe) wat so oral
rondom die stukkies land spoel.

Toeriste moet niet oppas, want hulle kan hier net so besteel word as
elders, en dis nie jokstories nie!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

WITBOORTJIE MISDADIGER

Thu, 19 February 1998 00:00

Ek is gister deur die bedrog eenheid van die polisie besoek oor dinge wat ek
oor internet geskryf het i.v.m.
belasting geld wat ek beplan om te steel omdat hulle (polisie) my nie
beskerming kan gee nie.
Ook is hulle diens so swak dat ek 'n "stroke" sal "score" as ek daar oor
praat.
bv 2 kriket mannetjies besoek 'n hoerhuis en word aangeval.....aan hulle
word polisie beskerming gegee om sodoende 'n mooi beeld uit te dra.....baie
mooi vir 'n polisie mag wat te kort aan personeel is...
Boere kan maar aangeval word en dan word gesloer met die ondersoek daarvan,
net soos SHELHOUSE.

Ek het gehoor ....lw gehoor by 2 partye dat in kimberley se RDP kantoor is
r 1,5 mijoen gesteel of verduister...iets van mnr Seekoei..ek weet nie...(lw
ek praat onder koreksie).. maar nou word daar op my "case" geklim wat nog
altyd eerlik was.....DIS GENOEG !!!!!!!....kyk na die datum en ek sal julle
se waneer die ding op die lappe kom....dan praat julle van reaksie
tyd......die ou wat my kom ondersoek..Ene Mnr Jonker wis van geen sout in
water oor die RDP aangeleenheid nie...(hy het 'n "docket" oopgemaak vir
my.....oor my internet briewe)....plaas hou julle die skelms dop.

Ek het nog baie om te se...ek word nie bang gepraat nie........

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Toets vir Nuusgroepe!

Wed, 18 February 1998 00:00

Hierdie is net 'n toets om te sien of my boodskappe deurkom as ek hulle
pos!
Wie sukkel ook soos ek?

Mooi Bly!
Hein

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

"Sendelingargitek" deur ANTJIE KROG

Sun, 15 February 1998 00:00

SENDELINGARGITEK
Antjie Krog

bedags loop ons uit in die son
- jy met jou altviool-oë en alp-gladde hare
ek met my aksent
dan loop ons uit tussen vreemde lepels
en geponiede komberse
oor berge wat kneukels trek
onder misrook en kraaie
in wit kano's dryf ons oor die onkunde
oor dae wat gedoilie lê met vrede
met bashemane agter die bokke
met troppe nguni-beeste
bruin duwweltjies teen die hellings
met skeermes-landjies teen Thaba-Tseka
teen Thaba-Putsoa
en Butha Buthe
maar snags: snags
keer ons terug na die wit pastorie op Morija
snags braai ons kreef in franse wyn
snags lê ons tussen handgeweefde tapisserie
tussen le corbusier en frank lloyd wright
verdwaal in mekaar se arms
verlore in mekaar se oë
besig om te klim
na die hoogste
spits
van beskawing.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Please help with Afrikaans word.

Sun, 15 February 1998 00:00

It's been 38 years since I left Johannesburg for Canada. Afrikaans
was not my primary language yet the language still echoes in my
subconscious and I occasionally rack my mind trying to remember
various Afrikaans words. Yesterday, during a discussion, I could not
remember the Afrikaans word for "window". At 3 am this morning I
suddenly woke up and said "The word is 'venster'??. Please correct
me if I am wrong. Thank-you.

Ken

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Please help with Afrikaans word.

Sun, 15 February 1998 00:00

Jy is heeltemal reg :-). (You're quite right). Hilda.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

EEKHORING deur Sheila Cussons

Sun, 15 February 1998 00:00

Asof hy kwik vir spiere het
golf hy boomop, stol elektries, skikplet *
hom platgesprei teen die bas, tussen
sy behoedsame ogies en rilling op rilling
sidderende pluimstert -
Loer, bespied 'n vallende akker,
stroom vaal teen die vaal stam af,
bondel hom bolletjie en met heeltemal handjies
ontdop hy sy vonds gejaag en knabbel
dit op, skoon stuipbevange van angs en genot.

Oorgetik deur Johanna Rykheer

* skikplet: Nie in HAT nie, maar om te "plet"
beteken platslaan, platpers, bv om metaal te
plet.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Suiwer Afrikaans

Sun, 15 February 1998 00:00

Nuusgroepe op die Intenet word toe noudie dag 'n onderwerp van bespreking
by die werk. Die een ou het so stil-stil in die hoek gesit en luister. Ek
kry toe nou my beurt en verduidelik dat ons onder andere op hierdie
nuusgroep 'n Afrikaans skryf
óór Afrikaans.

Daal hierdie kerel uit die bloute op my neer met 'n vlymskerp tong. Sê hy
toe vir my dat ek myself met 'n klomp kak ophou. Sy uitgangs punt was dat
hy 'n mens is, en 'n mens moet 'n taal gebruik om oor die weg te kom. Hy is
in 'n spesifieke etniese groep gebore (Afrikaans) en die taal moet hy nou
maar praat want dis wat sy Ma hom geleer het. Of jy dit nou Afrikaans,
Spaans Holland of Russies wil noem, is irrelevant. 'n Taal moet hy praat.

Wie de fok het die reg om vir hom te se hy praat verkeerd? Hy het nie tyd
vir kak soos spelreëls en korrekte Afrikaans nie. Solank iemand verstaan
wat hy probeer sê kan die res moertoe vlieg. En hy sal ok skryf soos hy
wil. Wie het in elk geval besluit oor die korrektheid van Afrikaans? 'n
Klomp Kaaskoppe het kom meide n.... in Afrika en skielik is daar 'n taal
soos Afrikaans. En skielik deel almal reels uit, left right and centre.

Ek het maar niks gesê nie. Net so in die stilligheid besluit ek sal dit
deel met die klomp wat in 'n "wierd" taal met mekaar kommunikeer ;-) en
mekaar teregwys op spelfoute :-)
--
Alwyn

Koeitjies & kalfies | 12 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1446  1447  1448  1449  1450  1451  1452  1453  1454  1455  1456  1457  1458  1459  1460  1461    »]
Tyd nou: Sun Jan 12 12:05:24 UTC 2025