Ek hoor die knaap gaan nou weer aangekla word vir moord - wat dink
julle ouens van hom en sy idees?
Ek weet dit kan misbruik word, maar ek dink mense moet kan kies om
hulle lewe te be-eindig AS HULLE BAIE SIEK IS EN LEI.
Ek besef darem ook alle gevalle is nie swart en wit nie - soos wanneer
iemand so siek word dat hy nie meer self kan aandui dat hy wil sterf
nie.
Ek en my vrou het 'n verstandhouding dat ons nie onnodig kunsmatig aan
die lewe gehou wil word nie. Maar ek het so twee jaar terug met my
ouma se laaste siekbed gesien hoe moeilik selfs so voorafbesluite sak
kan wees.
Ek dink wel ou Kevorkian bereik wat hy beoog en daarin steun ek sy
punt ten volle: dis hoog tyd dat hierdie sake meer breedvoerig deur
mense bespreek word op die openbare forum sodat mense hulle eie minds
kan opmaak.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
ek soek dit nie lat oom soos 'n walvis maak en net elke nou en dan kop bo
water steek nie. lyk my oom is bang om met my te praat.
ons is besig met ik samen, nou kan ek nie so baie skryf nie. as ek nie deer
kom nie, moet ek vir nog 'n jaar sikkel om my pa met sap a se hys werk te
help. laf rassie sal dit nie maak nie, want hy help nooit sy pa met sy hys
werk nie.
ma' ons skryf nie ik samen nie, oom, dis als mond links. gister was swaar,
want ons moes praat oor in sekte. oom weet self wat se moeilike goed in sekte
is. slimpiet het gepraat oor groente torre. toe wil juffrou weet wat vreet
hille. toe sê slimpiet sy pa se ver domde tamaties. toe sê juffrou hy is
slim. onder skyding sê sy.
toe praat ek oor vrigte torre. sys ma' stoepid want toe wil sy weet wat vreet
hulle. toe sê ek my pa se bleddie pôpos. sy sê ek is ok slim. ok 'n onder
skyding sê sy.
toe is dit laf rassie se beert. hy sê hy ken 'n wie bra tor. toe wil juffrou
weet wat vreet 'n wie bra tor. laf rassie sê hy weet self nie, ma' sy sissie
sê die ding vreet bettries. ek dink hy praat nonsies want al wat ek ken wat
bettries vreet is tjester ons bokser want hy vreet alles. my pa sê hy sal sy
ye dinges ok vreet.
toe word juffrou se gesig rooi en sy sê sies. laf rassie sê wie bra torre is
gevaarlike insekte, want een het sy sissie se voor tande yt gestamp. hy sê sy
is blont soos juffrou. toe word juffrou kwaat en sê laf rassie moet na mineer
se kan toor toe gaan lat hy onder skyding kan tref tussen goed en kwaat.
toes mineer woerent. hy sê laf rassie kan sy stêre dank lat lyf straf af
geskaf is. ek dink sy stêre moet ook sy stêre dank. ma' laf rassie gaan dit
nie maak nie, oom. en dan gaan sy stêre niks help nie, want sy pa gaan sy
stêre se velle af trek. sy pa laaik nie van sap a hys werk nie, en lyf straf
is nie by sy hys af geskaf nie.
Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -
van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.
Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboë oor magtelose diere
en skerp skêre wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die lootjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.
Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.
Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,
en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie....
Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding
Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie
Hallo Mensen,
Ek kan nie baie goed skrijf in Afrikaans. Ek is 'n jongeman uit
Nederland en soek een baan in Suid Afrika, in PR of kommunikasie. Ek het
groot belangstelling voor hulle land en kultuur. As iemand 'n idee het,
skrijf mij asseblief!
Lennart
Kan iemand dalk 'n bietjie uitleg gee oor MANNETJIES ROUX? Wie was hy en
wat van sy DRIE? Ek weet net hy was 'n rugby speler en Laurika Rauch sing
oor hom in haar mooiste liedjie ooit.
Groete uit Vlaanderen.
Inga.vanmeer...@ping.be
Aan al my vriende; aan almal wat my nie ken nie; aan almal wat my liewer nie
wil ken nie; aan almal wat niks of minder as niks van my dink nie; aan almal
wat graag van my hoor en iets of baie van my dink:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat omgee of nie omgee nie:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Donderdag 26 November is Dankseggingsdag hier in die VS van A. En al is jy
'n stoere boer met 'n roer, of 'n pienk liberalis, of al noem iemand jou 'n
landsverraaier as jy nie meer in die RS van A wil woon nie, iewers is daar
iets waarvoor jy behoort dankie te sê aan jou Vader in die hemel wat jou
beskerm en oor jou lot beskik.
Aan al diesulkes en aan almal wat ek nie genoem het nie:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan alle Suid-Afrikaanse émigrés, almal wat tydelik of permanent ver van
hulle vaderland af woon:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat in Suid-Afrika woon en hulleself met watter etieket ookal
brandmerk:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat Afrikaans praat en lief het, of dit verguis, en aan almal wat
Afrikaans aan moedersknie geleer het, ook aan almal wat dit later aangeleer
het:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan almal wat hierdie boodskap gaan ignoreer, en an almal wat negatief
hierop gaan reageer deur my daarop te wys dat Dankseggingsdag niks met hulle
te make het nie:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan alle optimiste, skeptici, sinici, pessimiste en ander gemoedsbeswaardes:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Aan christene, muslims, boeddhiste, gelowiges, ateïste, agnostici en alle
ander:
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
Kortom: aan al my broeders en susters, in Ghandi se woorde: "They are all
children of God":
GESEëNDE DANKSEGGINGSDAG!
HAPPY THANKSGIVING!
On Mon, 23 Nov 1998 20:08:07 +0100, "Frédéric Grégoire" wrote:
> The server irc.nic.cd allows *.za IRC clients to connect without
> restriction.
> irc.nic.cd is connected to IRCNet, the largest european IRC Network.
>
Daar is 'n gesegde wat min of meer as volg lui: Hoe jy kyk, bepaal
waÂt jy sien. En dan moet 'n mens natuuurlik byvoeg dat Die ÂÂhoe''
kan deur baie faktore bevoordeel of beduiwel word. Soos deur onder
meer 'n mens se ervarings, vooroordele en waardes.
^Wat daar alles vandag oor Suid-Afrika gese en verwag word, is
'n goeie illustrasie van hierdie gesegde. Daar word deur soveel
brille na ons land gekyk dat 'n mens soms skoon deurmekaar raak
daarvan. En baie verward.
Sommige mense kyk na Suid-Afriaka as 'n ÂÂmiddelslag-'' en
ÂÂmiddel-inkomste''-land. Syfers, en vergelykings met ander
soortgelyke lande, speel in hierdie kyk na sake 'n deurslaggewende
rol. Ander kyk na ons land as 'n ÂÂontwikkelende'' land of as 'n
ÂÂdiep verdeelde'' land met ÂÂstrydende nasionalismes.''
Meer gebruiklik is om van Suid-Afrika as 'n ÂÂmengsel'' van ÂÂeerste''
en ÂÂderde'' werelde te praat. En dan is daar die siniese Sakkies wat
aan politieke depressie ly - of soos my Hollandse vriend op sy
gebruiklike reguit manier sal se: diegene wat gemoedsbekakking het.
Hulle hou van die beskrywing ÂÂtipiese Afrikaland'', asof hulle
presies weet wat in Afrika aangaan.
Besonder irriterend is diegene wat na ons land kyk asof dit 'n tweede
Brittanje, Amerika of Duitsland behoort te wees. Toegegee, ons kan
belangrike lesse by hierdie lande leer.
Maar om te dink dat Suid-Afrika soos hierdie land kan wees - en dit
oornag, - is om nie eens die bal mis te slaan nie. Want daar is geen
bal nie.
'n Voorbeeld van hierdie manier van kyk, is die voorskrif dat ons
Brittanje as rolmodel moet gebruik vir hoe ons ons vakbonde en ons
arbeidsbetrekkinge moet hanteer. Dit gaan gewoonlik gepaard met die
onuitgesproke verwyte: Dis nou soos dinge gedoen moet word, maar ons
het nie die leiers nie.
Al hierdie verwysingsraamwerke, beelde en metafore help wel om die ·
debat oor 'n meer vrugbare kyk op sake aan die gang te hou. -
al is dit soms net onregstreeks. Daarmee word meer dan eens nuwe
perspektiewe op ons land verwerf.
Uit frustrasie met die geykte kyk op sake, maar ook as 'n ernstige
poging om die land en sy dinamiek te probeer verstaan, is daar sommige
mense wat met ander oe en verwysingsraamwerk na die land kyk,
naamlik Suid-Afrika as 'n front-land; 'n land op die grens. Dit het
ook sy beperkings. Dit bied egter 'n hele aantal perspektiewe wat
aandag vra.
Mense wat vanuit hierdie verwysingsraamwerk na ons land kyk, redeneer
min of meer as volg:
Apartheid het onder veral die wit middelstand die illusie geskep dat
daar 'n isoleerbare en verdedigbare ÂÂeerste wereld'' bestaan wat
ondanks die groot ÂÂderde wereld'' ongesteurd sy gang kan gaan. Dit
was 'n kyk op sake wat van die aanname uitgegaan het dat die ÂÂeerste
weÂreld'' 'n soort oninneembare kasteel is. Met die kasteelbewoners
volledig in beheer van die toegangsbrug.
En toe val die mure van apartheid. En tesame daarmee ook die illusie
van twee weÂrelde wat van mekaar isoleerbaar is. Wat toe sigbaar word,
was die Suid-Afrika wat maar altyd bestaan het. Maar verberg agter
kunsmatige mure en verskansings.
Wat toe sigbaar word, was 'n land aan die front, 'n grensland.
Hierdie verwysingsraamwerk laat 'n mens wel met ander oe en
verwagtings na ons land kyk. Ook met ander verwagtings. Want 'n
front·land is nie 'n land vir mense met week harte, sagte handjies en
swaarmoedige stemmings nie.
'n Front- of grensland is nie vergelykbaar met Brittanje of Amerika ·
nie. Ons moet eerder na ander front-situasies kyk - na Indie , Uganda
en die Ivoorkus. Selfs na die sogenaamde ÂÂWilde Weste'' en die
eertydse delwerye - gestroop van hulle romantiek. Dit klink wel
vergesog, maar dit help om 'n paar dinge beter te verstaan.
Ter wille van die kontras met geykte sienings, kan van situasies
aan die front die volgende gese word.
Kerk en kroeg, wet en anargie, orde en chaos, die goeie en die bose,
lewe en dood was vir baie lank in 'n felle stryd met mekaar gewikkel.
Dit was 'n weÂreld waarin die Bybel en die geweer langs mekaar geleÂ
het.
Want front-lande is lande met baie paradokse en vele gesigte. Dis
lande met rowwe mense en ruwe omgewings. Maar ook lande met kolle van
beskawing, goeie gewoontes, aan vaarbare waardes en ordentlike
mense.
Wat het gebeur dat die front uitgeskuif en selfs verdwyn het? Baie
dinge. En oor 'n lang tyd heen sonder kitsoplossings.
Daar was mense wat gese het: ÂÂOor my dooie liggaam.'' Mense wat
bereid was om vir dit wat goed en reg was, getel te word. Selfs die
vrou wat in die kroeg gesing het, het vir die ruwe drinkebroers geseÂ:
ÂÂJulle kan na my bates kyk. Maar julle gryp nie daarna nie.'' Daar
was mense met klaviere wat ander die wonder van ·
kultuur laat waardeer het.
Gemeenskapsorganisasies, gedryf deur mense met visie, het ontstaan
en al sterker gegroei. Ontwikkelingskolle het groter geword. Die
polisieman het nie met sy integriteit laat mors nie. Instellings het
soos koraalriwwe gegroei. Die front se karakter is verander.
Ekonomiese groei het plaasgevind. So ook die groei van
beskawingswaardes.
Soos reeds geseÂ, die front is nie 'n plek vir klakouse,
gemoedsbekaktes en fataliste nie - al moet 'n mens maar aanvaar dat
jy diesulkes altyd by jou sal heÂ.
Die vraag waarvoor ons staan, is kort maar kragtig: Het ons die soort
mense wat die front kan tem? Waar is die ontwikkelingskolle? Is daar
genoeg mense met klaviere by wyse van spreke? Hardekwasmense wat 'n
verskil kan en wil maak?
Ek wil dit waag om te se dat as 'n mens deur die front-metafoor na
ons land kyk, jy nie net bloed en vullis in die strate sien nie. Nie
net prostitute wat die hele weÂreld vol staan nie. ·
Maar ook talle kolle van ontwikkeling. En nuwe ÂÂpioniers''.
Soos byvoorbeeld die PU vir CHO, die eerste universiteit
waarvan die statuut deur die minister goedgekeur is. En by wie se
gradeplegtighede die multikulturele naamlys tot by die hoogste grade
vir niks skrik nie. By die aanhoor van die name moes 'n mens seÂ: ·
Hier kom 'n stille revolusie.
Of die musiekonderwyseres in die Oos-Kaap wat deur 'n swaar tyd gegaan
en toe 'n private skool stig wat nou reeds byna 2 000 leerlinge het.
Suid-Afrika as front-land is nie 'n hopelose land nie. Dis 'n land
waar die front kan plek maak vir iets anders, al neem dit tyd. Maar
dit sal net plek maak vir iets anders as mense wat veronderstel is om
te weet waaroor die lewe gaan, hulle plig doen.
Ek is 'n afgesnyde koringland
met net 'n paar gerwe langs die kant,
'n geplukte wingerd met net 'n paar trosse
vir die vreemdeling
die arm verbyganger
die nie-grondbesitter.
Ek het my aan jou gegee
vir die trapvloer en die wynpers
en nou gee ek jou die brood terug
om daaraan te stik
en die volle beker wyn
dat dit mag smaak presies net soos asyn.
Ek is bruin soos Salomo se Sulamutiese
omdat ek woon by die tente van Kedar,
'n Bedoeïn is
'n woestyn-mens
'n nie-gevestigde.
Net: jy is geen Salomo nie,
jy besit nóg die wysheid nóg die koningskap,
omdat jy my nie meer bring in die wynhuis nie.
Sou jy dit doen,
sal ek weer vol in die aar staan
en die plukkers versamel onder my donker, uitgeswelde trosse
soos die jaloerse dogters van Jerusalem.