Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Archives: July 25, 1901

Wo., 25 Julie 2001 17:25

Bittereinders... die Boere (van toe...?).

Volgende week vertel ek julle van ukkasie!

www.ukkasie.com
____________________________________________________________ ___
skryf in boodskap news:3B5EF7BF.F51F8CB7@home.com...
> On July 25, 1901 the Globe and Mail reported that
> Boer prisoners of war confined on Darrell's Island
> in Bermuda were making almost nightly attempts to
> avoid patrolling British gunboats and gain the mainland
> by swimming.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

26 JUNIE

Wo., 25 Julie 2001 16:48

26 JUNIE

1806 - Antjie Scheepers gebore. Sy is in die Swellendamse distrik
gebore en het groot geword op die voorposte , waar slegs die
sterkstes deur fisiese krag , deursettingsvermo"e en gesonde
oordeel
die stryd om te bestaan kon oorlewe. Sy en haar man , Gert
Scheepers , het hulle in 1835 by die trekgeselskap van Louis
Tregardt
(Trichardt) aangesluit , maar reeds in 1837 beswyk hy aan koors
,
sodat sy as weduwee met nege kinders die res van die Trek na
Delagoabaai meemaak.
1860 - Eerste spoorlyn in SA geopen. Die lyn was maar net 3km lank
en het geloop van die Punt na Durban.
1892 - Oranje Vrystaat Onderwysersvereniging gestig.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

27 JUNIE

Wo., 25 Julie 2001 16:47

27
JUNIE

1865 - Moord op Pretorius gesin. Moorde op Boeregesinne as 'n vorm
van terrorisme is 'n verskynsel wat nie net eie aan vandag is
nie.
Die Republiek van die Oranje-Vrystaat het sedert sy
totstandkoming in
1854 met die Basoeto-vraagstuk geworstel. 'n Geselskap van
Transvaalse transportryers bestaande uit Pieter Pretorius ,
jonger
broer van Andries Pretorius , 'n oom van Pres. M.W. Pretorius ,
sy
drie seuns , die vrou en twee kindertjies van Jan Pretorius en
'n
aantal nie-blanke bediendes het op die dag op die transportpad
van
Durban na Pretoria uitgespan. Hulle was vreedsaam langs die
westelike hange van die Drakensberge met hul waens en 'n vrag
negosieware op reis. Hulle het sowat 'n halfmyl van die Natalse
grens in die distrik Harrismith uitgespan. 'n Afdeling
Basoeto's het
skielik op die geselskap afgekom en hulle met vriendelike
gebare genader. Toe die Boere egter hulle gewere neergesit het
, is
hulle almal op veradelike wyse vermoor. Vanwe"e hierdie
lafhartige
moorde het Pres. Pretoruis oorlog verklaar teen Mosjesj , en 'n
Transvaalse mag onder Kmdt.-genl. Paul Kruger is na Basoetoland
gestuur om die Vrystaters by te staan.
1971 - Die E^ereldhof beslis dat Suid-Afrika se teenwoordigheid in SWA
onwettig is en die hof ge"eis dat Suid-Afrika sy administrasie
van
die gebied moet be"eindig. Hilgard Muller het die
Veiligheidsraad
in kennis gestel dat Suid-Afrika die beslissing van die hof
verwerp
en dat hy sal voortgaan om die bevolkingsgroepe *tot
selfbeskikking
te lei*.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

28 JUNIE

Wo., 25 Julie 2001 16:47

28 JUNIE

1919 - Suid-Afrika onderteken die Verdrag van Versailles. Die
vredesverdrag is op die dag deur die oorwonne Duitsland
onderteken ,
en daarmee het die Eerste W^ereldoorlog amptelik tot 'n einde
gekom.
Die Geallieerde Oorlogsopperraad bestaande uit die VSA ,
Britanje ,
Frankryk en Itali"e , het Japan as vyfde grootmoondheidslid
bygevoeg ,
en hierdie vyf het die verdrag geformuleer wat ontsettende
offers
van Duitsland geverg het. Onder meer die verlies van 25 000
vierkante myl grondgebied met 6 miljoen inwoners.
1948 - Die Berlynse Lugbrug. Slegs 3 jaar nadat die Tweede
W^ereldoorlog in Europa be"eindig is , het die Westerse lande
weer
eens voor 'n krisis te staan gekom. Die faktore wat hiertoe
aanleiding gegee het , kan teruggevoer word na die
vredesvoorwaardes
wat op Duitsland afgedwing is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

2 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:47

2 JULIE

1888 - Opening van die Volkshospitaal in Pretoria. In die 1880's
het dokters in Pretoria begin aandring op hospitaalgeriewe. In
Februarie 1887 het 'n kommissie onder leiding van genl. P.J.
Joubert
met die regering oor 'n terrein onderhandel. 'n Ou huis naby
die
milit^ere kaserne in die huidige Potgieterstraat asook twaalf
aangrensende erwe is afgestaan. Onder voorsitterskap van
hoofregter
J.G. Kotze is 'n permanente hospitaalkomitee in die lewe geroep.
Die
geboue was egter net tydelik, en op 21 Junie 1890 het pres. Paul
Kruger die hoeksteen gel^e van die nuwe volkshospitaal op die
terrein
waar tans die milit^ere hoofkwartiere is.
1909 - Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gestig.
1936 - Die dagblad *Die Vaderland* verskyn die eerste keer
in Johannesburg.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

1 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:46

1 JULIE

1871 - Pres. T.F. Burgers word tweede Staatspresident van ZAR.
1936 - Eerste byeenkoms van die Afrikaanse Nasionale Kultuurraad.
Dit het 'n dringende behoefte geword om alle Afrikaanse
volksbedrywighede in een kragtige en oorkoepelende liggaam saam
te
snoer. Op hierdie wyse kon die Afrikanerbelange op 'n veel beter
en
geordende wyse gedien word. Met hierdie doel voor o"e het
verteenwoordigers van landwye Afrikaanse organisasies onder
beskerming van die FAK in Bloemfontein vergader. Beslag is dus
gegee
aan 'n organisasie waardeur die Afrikaner se eenheidsgedagte op
elke
terrein uitgedra kon word. Die ANK kan met reg as een van die
belangrikste bakens op die pad van ontwikkeling en groei van die
FAK
beskou word.
1948 - Suid-Afrikaanse Orrelbouers (Edms.) Beperk gestig. Van
selfstandige orrelbou in Suid-Arika was daar tot 1948 haas geen
sprake nie en was ons op kerklike en sekul^ere gebied aangewese
op
ingevoerde Engelse en Amerikaanse orrels. In 1948, ook te danke
aan
die duidelike belangstelling van die Afrikaanse Kerke in die
orrelkultuur in Suid-Afrika, het die groot orrelkultuurbloei in
ons
geskiedenis begin. Mnr W. van Loon het die SA Orrelbouers
(Edms.)
Bpk gestig.
1990 - Joodse Sinagoge in Rosettenville deur bomontploffing geruk.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

30 JUNIE

Wo., 25 Julie 2001 16:46

                                                    30 JUNIE

1854 -  Eerste Parlementsitting in Kaapstad.  Op hierdie dag is die
            eerste verkose Parlement van die land in Kaapstad deur Lt.-goew.
            Charles Henry Darling geopen.  Tot dusver was Kaapland 'n
            kroonkolonie onder Britse gesag en met weinig eie mag.  Tussen 1834 -
            1853 het 'n Wetgewende Raad sukkelend voortgegaan.  Sedert 1846 is
            egter daadwerklik gepoog om groter selfbestuur te bekom.  In Maart
            1853 het Engeland finaal die beoogde konstitusie bekragtig. Vanaf 1
            Julie 1853 tot 1910 is die wet met beperkte verandering toegepas,
            deur 'n laer- en 'n hoërhuis.  Alle  manlike, mondige Britse
            onderdane - ongeag ras, kleur of geloof  - wat aan sekere geringe
            ekonomiese bepalings voldoen het, was stemgeregtig.  Hollands was tot
            1882 as taalmedium in die rade verbode.
1947 -  Johan Franz (Hans) Endler, gebore in Oostenryk op 1 Januarie
            1871 en vanaf 1903 op Stellenbosch woonagtig, was 'n belangrike
            baanbreker op musiekgebied in Suid-Afrika.  Hy was 'n
            musiekopvoedkundige (medestigter van die Stellenbosse Konservatorium
            in 1905), tjellis, dirigent en komponis van Afrikaanse liedere (onder
            meer Wiegeliedjie), die eerste Afrikaanse operette (Pa se Dogter,
            1935) en ander werke.  Hy is in Pinelands oorlede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

3 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:45

3 JULIE

1897 - Dr. L.W. Hiemsta gebore. Louis Wybren Hiemstra gebore op
Lydenburg, studeer aan die Transvaalse Universiteitskollege en
die
Universiteit van Kaapstad, word joernalis by *Die Volkstem* ,
*Die
Burger* en *Die Volksblad* - speel 'n belangrike rol in die
bevordering van taalsuiwerheid in Afrikaans. Die Universiteit
van
die OVS het aan hom 'n eredoktoraat toegeken. Hy sterf op 12
Julie
1978.
1909 - Prof. W. Kempen. Willem Kempen is op Prieska gebore en word
een van die voorste Afrikaanse taalkundiges in die land. Hy was
jare
lank voorsitter van die Taalkommissie van die SA Akademie en is
n belangrike taaladviseur by die nuwe vertaling van die Bybel in
Afrikaans. Hy ontvang die volgende toekennings; 1967 -
Besondere
Erepenning vir Afrikaanse Taal- en Letterkunde; 1970 - Die
Langenhovenprys vir Taalkunde van die SA Akademie; 1979 - Die
FAK se
Halfeeufeestoekenning vir volgehoue Taalbevordering.
1990 - Bom ontplof by huis van Jan Burger gewese leier van
die NP in Stadsraad van Johannesburg - Orde Boerevolk optrede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

4 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:45

4 JULIE

1747 - M.A. Bergh gebore. Marthinus Adrianus Bergh, wat in Kaapstad
gebore is, was landdros in die distrikte Stellenbosch en
Drakenstein.
Hy het onregstreeks bygedra tot die totstandkoming van die
burgerpetisie in 1779. 'n Paar jaar later, op versoek van 76
Kaapse
patriotte, skaar hy hom openlik agter hierdie politieke
beweging. Hy
neem die leidende aandeel, word Voorsitter van die
*representante*
van Kaapstad en die buitedistrikte en op 13 Februarie 1785,
leier van
die tweede deputasie na Nederland, waar hulle die burgergriewe
teen
die Kaapse regering regstreeks by die State-generaal aanhangig
maak.
Hy sterf in Kaapstad op 21 Oktober 1806.
1845 - J.H. Hofmeyr gebore. Jan Hedrik *Onze Jan* Hofmeyr is in
Kaapstad gebore. Op 17-jarige ouderdom neem hy die
redakteurskap
van *De Volksvriend* oor. Amalgameer later met *De
Zuid-Afrikaan*,
onder laasgenoemde se naam. Hy veg in sy artikels vir die kweek
van
kultuurtrots en patriotisme by die Afrikaners. Hy sterf in
Londen as lid van die afvaardiging wat die
Suid-Afrikawetsontwerp in
1909 na Londen geneem het.
1990 - Bomontploffing by Vrye Weekblad kantore in Newtown.
Orde Boerevolk optrede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

6 JULIE

Wo., 25 Julie 2001 16:44

6 JULIE
1865 - Pretoria Rifle Corps gestig, onder leiding van Stephanus
Schoeman, wat met die rang van kaptein die eerste hoof daarvan
was,
is as vrywilligerkorps gestig. Die woord Rifle dui nie op die
Engelse begrip van 'n geweer nie, maar op die nuwe
Westley-Richards-doppieagterlaaier van 1858 - 'n geweer wat gou
in
Transvaal bekend geword het en spoedig graag gebruik is. Die
doel
van die Rifle Corps was om Pretoria en omgewing en ook die staat
in
die algemeen te beskerm. Die eenheid is verder formeel deur die
Uitvoerende Raad van die ZAR goedgekeur en is later ook die
Vrywilliger Corps genoem, wat later ontbind is.
1900 - Boere Genl. De Wet slaags met Britte buite Bethlehem in die
Vrystaat.
1990 - Bom by taxi staanplek Breestraat Johannesburg. 28 Swartes
beseer. Die werk van die Wit Bevrydingsle"er.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    889  890  891  892  893  894  895  896  897  898  899  900  901  902  903  904    »]
Tyd nou: Sa. Mei 02 18:02:05 UTC 2026