Ek sien toe dat me die goed in die blou bottels so geniet - dadelik is die
gedagte toe aan kasterolie.
Ek het kleintyd 'n vriendin met rooi hare gehad - haar naam was ook
Annette - en sy was verslaaf aan die bloubottel - die kasterolie ene.
Nou wonder ek - hoeveel van ons hier het grootgeword met daardie swaard oor
ons koppe?
Ek kon nie eers kla van 'n kopseer of 'n seer knie nie, of die eerste
noodhulpmiddel was die bloubottel:)) Ma het dit nogal met lemoensap
ingegee - en tot twintig jaar later kon ek nog steeds die kasterolie proe
as ek lemoensap gedrink het.
Nou sien ek hier ook die fensie landgoede het wyn in blou bottels - my
verbeelding is seker te sterk, maar die rooiwyn in die groen bottels smaak
beslis lekkerder, en is nog boonop goedkoper ook:))
Annette ( die wynige ene)
Inderdaad - die VSA se benadering is hopeloos verkeerd in hul aanval.
Die aanval kon inderdaad baie meer humanitêr, en baie gouer en sukvoller
gedoen gewees het.
In Huisgenoot van die week word vertel van die vroue wat heeltemal bedek
moet wees as hulle in die openbaar verskyn. Hulle mag ook nie lag nie, mag
nie naellak dra nie ( hulle eie skuld omdat die naels nie bedek is nie - die
hande en vingers word sommer afgekap) en mag selfs nie hoëhakskoene dra
nie - alles omdat dit die uiters sensitiewe mans kan verlei - Verlei
waarnatoe sal ek nou nie weet nie.- seker weg van die 72 hemelse maagde.
Dus - al wat die VSA moes doen is om 'n klomp mini-draende dames. met hoë
hakke en geverfde naels in Afghanistan los te laat - elke dame met 'n
manlike begeleier sodat die verleides nie te vatterig raak nie, en voordat
mens kan sê Holy Cow dan is al die sensitiewe manne van Afghanistan verlei,
swak in die knie, en 'n wriemelende hulpelose massa wat hul baard sal
afskeer, en hul gewere sal smelt net om weer die verleidelike klanke van
hoëhakskoene te kan hoor;))
Annette
Iets wat my jaar in en jaar uit in die krop steek is die vroulike
afdeling van die koperspubliek wat hulle kleintjies (wat somtyds nie
eens baie klein is nie!) met hul vuil sitvlakke in die trollie laat
sit waar ek my kos pak.
Ek het selfs al daaraan gedink om die kopersmassa in my tuisdorp
dmv die dorpskoerant aan te hits om afdelingswinkels wat dit toelaat
te boikot.
ek wil vir jou se, my Afrikaanse vriende het die melktert baie geniet en ek het ook.
Dit was nie heeltemal maklik om te maak, maar dit is redelik goed gegaan.
Hulle het my gesê dit smaak soos 'n Afrikaanse melktert :-))
Baie dankie vir jou resep en ons gaan dit seker weer maak, ook Nederlandse
vriende het die tert geproef en almal het dit geniet.
So al die mense hier se dankie vir Annette.
Nou het ek 'n vra, waar kom die melktert oorspronklik vandaan??? Ek glo nie
dat enigiemand in Nederland die melktert kan maak sonder Afrikaanse resepte
nie.
Vir die wat dit nie al weet nie - 5 - 11 Oktober word gratis fliekvertonings
ger�el by die volgende sentra:
Canal Walk in die Kaap, Montecasino in Johannesburg en Loch Logan in
Bloemfontein.
Die flieks is elke aand die 8nm vertoning - en is kommersieel suksesvolle
prente:
Analyze This,
Gun Shy
Momento
Nurse Betty.
Voor elke vertoning sal 'n spesialis 'n kort bespreking voer oor 'n sekere
aspek van geestesgesondheid, en brosjures sal uitgedeel word.
Nou nie dat ek bekommerd is nie - maar hoekom word die flieks vertoon in 2
plekke waar ek gebly het/ bly en glad nie in Byv Natal en Ooskaap nie?
Ek het al twee van die flieks gesien - en gedog dit was interessant en
terselfdertyd ook komieklik.
Annette
Nou kan Yengeni glimlag want, so hoor ons, die ou bedeling was net so
korrup: Die Inligtingskandaal en Pietie du Plessis. Om nou 'n ordentlike
vergelyking te kan tref, kan die Afrikanerdom se Nuwe Heiliges my van die
volgende inligting vergewis?
Hoeveel politici in die ou bedeling van 48 jaar, beide in plaaslike rade en
die
Volksraad was verdink of aangekeer vir korrupsie?
Hoeveel Staatdienste het tot stilstand gekom weens gebrek aan fondse?
Hoeveel plaasslike dorp- en stadsrade was gedurende die 48 jaar van
Nasionale Party regering bankrot verklaar?
Hoeveel hospitale het gesluit weens gebrek aan fondse?
Hoeveel fondse wat vir kankernavorsing en later vir Vigs het net in die niet
verdwyn?
Hoeveel wapentransaksies was onder die toonbank deur afgehandel?
Hoeveel van die land se paaie en spoornetwerk het weens bankrotskap in duie
gestort?
Hoeveel plaasboere (Wit of Swart) was gedurende die 45 jaar vermoor? En
indien wel, hoeveel van die moordenaars het gerieflikheids onthalwe
"ontsnap"?
Hoeveel mense is koelbloedig vermoor in motor skakings, bankrowe en ander
geweldsmisdaad?
(Om te dink Hans Strijdom het geweier om 'n private telefoonoproep vanuit
die Uniegeboue
te maak sonder om daarvoor te betaal.)
Blykbaar het dit nou begin - laat ons maar net hoop en bid dit is van korte
duur en suksesvol.
Die Nostradamus-aanhangers het die afgelope maand niks te voorspelle gehad
nie - maar ek is seker iemand gaan iets omtrent 7 /10 opdiep.
Annette
--
Groetnis,
Annette. ann...@ctnet.co.za
Happiness is a state of Mind.
Het die ou lot uit foute uit die verlede geleer?
Blykbaar is daar hierdie week alweer sensusopname - en al klaar word
eienaardige nuusberigte aan ons opgedis.
1) Die sensusopname gaan glo 650 miljoen rand kos - dit is wat oor die radio
te vertelle was en ek weet nie of dit net verkeerd gelees was nie - maar om
soveel te spandeer om 44 miljoen mense te tel klink vir my bietjie kokaaid -
iemand loop alweer met 'n klomp geld weg.
Ek sal laat weet of ek hierdie keer getel is.
2) Daar is glo kondome aan die sensusopnemers uitgedeel - die vraag kom net
by my op - hoekom?
Die mense word vir 'n week lank opgelei om vorms uit te deel - en nou word
daar kondome aan hulle gee? Het hulle enige idee wat sensusopname beteken? -
Of is daar nou 'n nuwe manier uitgevind om agter te kom of die mense die
waarheid praat?:)))
Annette