Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Terug oppie Bos...

Wo., 10 Oktober 2001 08:12

Ja, ek's weer terug oppie Bos op my pos na 'n trippie in die binneland in.
Was by die fontein der bloemen in die staat va Vry-heid. En daar na die
stad van Pretoria besoek om enkele familiebande te loop versterk.

Terug rapport oor die WAT fees op Stellenbosch:

WAT 'n fees. Lekker met die woord en die klem wat Dirk van Schalkwyk en sy
span leksikograwe wou gee was juis die verskillende tongvalle en spreelwyses
van Afrikaans.

Ons het grepe van Afrikaans gehad uit die Sandveld, Swartland, Boland,
Boesmanland, Noord-Namakwaland en Suid-Namakwaland, Rehoboth, "Cape Flats"
Afrikaanse gedigte deur die digter self voorgelees, en Randal (sonder sy
rooirok wat dans) het vir ons Hans du Plessis se Griekwa "Onse Vader"
gesing. Wat hy self getoonset het. Hy is beslis nie my gunsteling
Afrikaanse sanger nie.
En daa' was 'n lekke stemming oorrie Kaapse Klopse soe lekka gesing het
(spin maar in jou stoel Gloudina)

Ek het agterna met van die baie nie-Kaukasiër gehoor gesels en aan hulle die
vraag gevra oor Gloudina se "neerbuigende" vraag: Sien en ervaar hulle dit
as vernederend of neerbuigend as ander Afrikaans praters so praat of skryf,
of so probeer praat en skryf?
Hulle mening was nee. Daar's jou antwoord Gloudina.

Thys terug oppie Bos

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Vir Ferdi

Wo., 10 Oktober 2001 07:39

Gaan jy ons ooit eendag regtig vertel hoekom jy so 'n aanvallende mens is
wat liewers na die verlede as na die toekoms kyk?
Gaan jy ons ooit vertel hoekom jy eenvoudige vrae nie direk kan antwoord
nie?
Gaan jy ons ooit vertel hoekom jy verkies om mense doelbewus verkeerd te
verstaan?

Wat het met jou gebeur dat jy so bitter en seer is?

Annette

Koeitjies & kalfies | 141 kommentare

Misdaad en Geweld

Wo., 10 Oktober 2001 07:21

> maar op die gebied van veiligheid, en wet en orde in die
> algemeen, is ons baie swakker af as vroeër.

Gloudina :
Wanneer jy hier "ons" sê, dan bedoel jy natuurlik
uitsluitlik die mense met wit velle.

Wouter
Jy is so verkeerd. Natuurlik praat ek van die totale bevolking.

Jy is duidelik totaal uit voeling, Gloudina. Dis algemene kennis dat
swartmense die meeste geaffekteer word deur die toename in misdaad en gebrek
aan wetstoepassing. Dit is ook die grootste enkele bedreiging vir die
ANC-regering, hulle kiesers is toenemend gatvol vir misdaad en geweld.
Verskeie opnames het dit al gewys en al die opnames waarvan ek kennis geneem
het wys dat blankes as 'n groep die minste oor geweld bekommerd is. Die
swartmense is loshande die groep wat die meeste oor misdaad en geweld
bekommerd is, dan kleurlinge, dan Asiërs.

Misdadigers steur hulle nie aan ras of kleur nie, hulle soek maklike teikens
met lae risiko. Dit kry hulle by uitstek in townships. Dis ongelukkig ook
waar die meeste van hulle woon en dis nie 'n oordeel nie, dis waar ons in
2001 is. Net soos "charity", begin misdaad ook naby die huis. Met die
terugsny van die polisie se begroting het mense in die townships omtrent
geen beskerming teen misdadigers wat hulle beroof ("mug") op pad na en van
werk nie. Hulle besittings is ook totaal onveilig terwyl hulle bedags weg
is. Daar is toenemende "petty" en ernstige misdaad. Verkragtings in die
gebiede het ook sterk gestyg.

Gloudina
Oor die algemeen is die deursnee nie-
blanke mens nou baie veiliger as voor 1990

Wouter
Suiwere versinsel. Gaan praat met 'n Kaapse kleurling of 'n swarte in
Gauteng oor hoe gangsters se greep toegeneem het. Jy is duidelik te lank weg
en te bevooroordeeld teenoor blankes om sulke sterk opinies oor ons huidige
omstandighede te gee.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Weet Iemand?

Di., 09 Oktober 2001 21:34

Waar mens heen kan skakel ivm die sensusvorms?
Geen nommer in die koerant nie.
Geen sensusopnemer was eers in ons straat vandag nie - en ek dog vanaand is
die aand van die groot tel?
Lyk my, weereens, gaan ek en Ian nie getel word nie.
Daardie 650 miljoen vir die sensusopname gaan definitief lelik vermors word.
Annette

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Eienaardige Dinge

Di., 09 Oktober 2001 15:03

Voorverlede week koop ek by die boekveiling by DF Malan 'n boek en lees
die - Vector deur Robin Cook.
Die storie gaan oor terroriste wat anthrax in 'n staatsgebou se
lugverkoelstelsel wil plaas en versprei.
In vandag se koerant het dit blykbaar gebeur - Anthrax in 'n koerantgebou in
Baton Rouge in Florida.

In die boek is daar eers op 'n niksvermoedende sakeman ge-eksperimenteer -
toe hy 'n kaartjie oopmaak wat aan hom geadresseer was het die poeier
uitgeskiet en het hy dit ingeasem.
Hy het dadelik genies, en gou griep-simptome gehad. Hy het vreeslik hoofpyn
ontwikkel, en asemhalingsprobleme, en hy het begin om pyne in sy bors te
kry. Hy was binne 24 uur 'n lyk.
Dus mense - kyk uit en wees versigtig.
Annette

Koeitjies & kalfies | 18 kommentare

Plan met Bin Laden

Di., 09 Oktober 2001 12:57

Nou net op 'n ander groep gehoor:
Daar is 'n SMS boodskap uit - die nuwe leier van die AWB is Ossewa Ben
Lategan.
:))
Annette

--
> Killing him will only create a martyr. Holding him prisoner will
> inspire his comrades to take hostages to demand his release.
>
> Therefore, suppose we do neither.
>
> Let the Special Forces, Seals, or whatever, covertly capture him, fly
> him to an undisclosed hospital and have surgeons quickly perform a
> complete sex change operation.
>
> Then we return her to Afghanistan to live as a woman under the
> Taliban.
>

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Nuwe Leerplan

Di., 09 Oktober 2001 09:14

Wie weet waar ek op die internet kurrikulum 2005 kan besigtig? Ek weet mens
kan ook voor 'n sekere datum terugvoer gee. Leenderd het in die Beeld 'n
opmerking of twee gemaak. http://www.news24.co.za/Beeld/
(Suid-Afrika, Perverse leerplanstryd)

Dankie

Shannon

Onderwys & opvoeding | 1 kommentaar

Oor die Rand

Di., 09 Oktober 2001 07:44

JP Landman - arbeidprokureur en ekonoom skryf in Beeld oor die Rand se
wisselkoers:

-------------------------

Beeld-Forum:
2 mites oor SA
JP Landman

Verlede week op Aardklop het ek die voorreg gehad om na die Sol
Plaatje-diskoers te luister. Die besprekings het gehandel oor armoede
en hoe Suid-Afrika daaraan kan ontsnap.

Baie mense het deelgeneem. Dit was stimulerend en lekker.

Dit het my opgeval hoe baie van ons (en ek sluit myself baie spesifiek
in) vashou aan standpunte wat gewoon verkeerd is, maar wat ons
verkondig vir grote waarhede. En ons hou so stewig aan hierdie
verkeerde standpunte vas dat hulle die krag van mites begin kry.

Twee van die mites staan uit: oor werketiek en die rand.

Soveel mense glo dat Suid-Afrikaners nie oor 'n werketiek beskik nie
en dat ons produktiwiteit baie laag is. Ons aanvaar swak
produktiwiteit as 'n eienskap van Suid-Afrika so diep gesetel soos
biltong en rugby.

Maar dit is nie wat die beskikbare data of blote waarneming in die
omgewing om ons ons vertel nie.

Suksesvolle sakelui vertel dat hulle nou meer besigheid doen met
minder werkers. Ons lees en hoor deurlopend van maatskappye wat mense
aflê, en tog hoër omsette behaal en groter volumes hanteer.

Meer aktiwiteite, maar minder mense. Hoe rym dit?

Daar is net een verduideliking: werkers raak meer produktief. Daar is
geen ander verklaring nie.

En hierdie seine uit die omgewing word bevestig deur Reserwebank-data.
Dié syfers toon duidelik dat produktiwiteit in Suid-Afrika van so ver
terug as die jare sestig uiters beroerd was.

Maar die syfers wys ook dat daar 'n massiewe verandering in die middel
negentigerjare begin intree het. Min of meer die tyd toe globalisering
Suid-Afrika met erns begin tref het.

Van 1995 af styg produktiwiteit jaarliks met meer as 4%. Verlede jaar
het dit met meer as 6% gestyg.

Dit is van die hoogste produktiwiteit-groeikoerse ter wêreld.

Die mite dat ons nie produktief is nie of nie 'n werketiek kan
ontwikkel nie, is bewys as presies dít - 'n mite.

Wat ook al in die verlede gebeur het, ons kweek ál beter gewoontes
aan.

'n Deel van die mite oor produktiwiteit is dat dit bloot beteken dat
werkers harder moet werk. Niks kan verder van die waarheid af wees
nie.

Die oorsaak van swak produktiwiteit is swak base. (Gebrek aan
opleiding, gebrekkige toerusting, swak toesighouding, verkeerde
vergoeding.)

'n Kleinsakeman vertel hoe hy 'n gevestigde onderneming gekoop het. Hy
het die werkers van basiese toerusting voorsien, waarsonder hulle jare
lank moes klaarkom. En hoe hul produktiwiteit gestyg het.

Swak produktiwiteit, swak base.

Die ander mite wat ons aanhang, hou verband met die rand.

Ons blameer Zimbabwe, die president se siening oor vigs,
nie-geesdriftig-genoeg-steun-nie vir die VSA . . .

En altyd die gróót rede: ons bly in 'n swak buurt. Maak nie saak wat
ons doen nie, die buurt gaan ons aftrek.

Bog.

Die rand is nie swak oor wat buite ons grense gebeur nie. Of oor wat
binne ons grense maar buite die bestek van die ekonomie gebeur nie.
Dit is oor wat in ons ekonomie self aan die gang is.

Ons het die afgelope paar jaar buitengewone vordering gemaak met
ekonomiese beleid. Die land word in baie opsigte nou beter bestuur as
in enige tyd die afgelope drie of vier dekades. En die resultate begin
oral deurkom - soos in die produktiwiteitsyfers hierbo genoem en die
uitvoer wat ons verlede maand bespreek het.

Maar daar is nog baie om te doen.

Oor die jare en om 'n verskeidenheid redes het ons 'n reuse- ongedekte
posisie in valuta opgebou.

Van 'n hoogtepunt van bykans $25 miljard is dit afgewerk na ongeveer
$8 miljard.

Vergelyk die $8 miljard met ons totale valuta van ongeveer $3,5
miljard, en dit is duidelik waarom die rand so swak is.

Die $8 miljard verteenwoordig 'n aanspraak - een of ander tyd in die
toekoms - teen die land se reserwes, waarvan ons net $3,5 miljard het.

Maar, sê iemand by Aardklop, 25 jaar lank het die rand sterker gestaan
as die Australiese dollar, maar die laaste vyf jaar val die rand teen
die Aussie-dollar.

Die spreker vergeet dat die rand verskans was deur die finansiële
rand. Gevolglik was die rand nie regtig blootgestel aan internasionale
markkragte nie. Nou ís hy, want die finrand is in 1995 afgeskaf. En
nou kan markkragte hul oordeel oor die rand uitspreek. Dit is die
dissipline van 'n oop ekonomie.

Langenhoven het gewaarsku dat 'n mens moet oppas vir die kortpaaie,
daar is 'n rede hoekom die hoofpad nie daarlangs loop nie. Daar is nie
kortpaaie in die ekonomiese opbou van Suid-Afrika nie.

Betaal ons skuld, verhoog per capita-inkomste, akkumuleer $50 miljard
se netto reserwes, aanvaar mededinging in 'n werklik vrye mark, maak
ons strate skoon - dan sal die rand wel reageer.

Met ander woorde, sit skouer aan die wiel. Vergeet die
nonsens-verskonings. En vergeet die mites waaraan ons só vas glo dat
dit ons verlam. Soos dat ons in 'n swak buurt is. Sorg maar net dat
jou eie huis skoon is.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Bloubottels en goed

Di., 09 Oktober 2001 07:07

Ek sien toe dat me die goed in die blou bottels so geniet - dadelik is die
gedagte toe aan kasterolie.
Ek het kleintyd 'n vriendin met rooi hare gehad - haar naam was ook
Annette - en sy was verslaaf aan die bloubottel - die kasterolie ene.
Nou wonder ek - hoeveel van ons hier het grootgeword met daardie swaard oor
ons koppe?
Ek kon nie eers kla van 'n kopseer of 'n seer knie nie, of die eerste
noodhulpmiddel was die bloubottel:)) Ma het dit nogal met lemoensap
ingegee - en tot twintig jaar later kon ek nog steeds die kasterolie proe
as ek lemoensap gedrink het.

Nou sien ek hier ook die fensie landgoede het wyn in blou bottels - my
verbeelding is seker te sterk, maar die rooiwyn in die groen bottels smaak
beslis lekkerder, en is nog boonop goedkoper ook:))
Annette ( die wynige ene)

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Afghanistan - Land van Uiters Sensitiewe "Manne"

Ma., 08 Oktober 2001 12:09

Inderdaad - die VSA se benadering is hopeloos verkeerd in hul aanval.
Die aanval kon inderdaad baie meer humanitêr, en baie gouer en sukvoller
gedoen gewees het.
In Huisgenoot van die week  word vertel van die vroue wat heeltemal bedek
moet wees as hulle in die openbaar verskyn. Hulle mag ook nie lag nie, mag
nie naellak dra nie ( hulle eie skuld omdat die naels nie bedek is nie - die
hande en vingers word sommer afgekap) en mag selfs nie hoëhakskoene dra
nie - alles omdat dit die uiters sensitiewe mans kan verlei - Verlei
waarnatoe sal ek nou nie weet nie.- seker weg van die 72 hemelse maagde.
Dus - al wat die VSA moes doen is om 'n klomp mini-draende dames. met hoë
hakke en geverfde naels in Afghanistan los te laat - elke dame met 'n
manlike begeleier sodat die verleides nie te vatterig raak nie, en voordat
mens kan sê Holy Cow dan is al die sensitiewe manne van Afghanistan verlei,
swak in die knie, en 'n wriemelende hulpelose massa wat hul baard sal
afskeer, en hul gewere sal smelt net om weer die verleidelike klanke van
hoëhakskoene te kan hoor;))
Annette

--

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1835): [ «    846  847  848  849  850  851  852  853  854  855  856  857  858  859  860  861    »]
Tyd nou: Di. Des. 30 07:15:14 UTC 2025